Woorde

Liewe Mia

Elke oggend as Ouma die kar se deur oopmaak en ek sien die gesiggie

Mia motorstoeltjie crop  Ouma wonder altyd wat dink jy as jy  Ouma en Oupa sien. Ons albei  al glimlaggend en geselsend  al die gekoer en gekweel. Ons praat ons praatjies en vra uit ..en jy kweil  en jy ghoe en jy jil- o ja dit is ook iets nuuts, jy gil darem so hoog en skril soos ‘n sopraan met so tikkie alt ook tussendeur..duidelik Mamma se stem. Ouma hoop darem jy sal wysie kan hou , nou nie dat ek dink jou Ma kannie sing nie ..dit is net .. ag toemaar nou-nou is Ouma in die moeilikheid oor die geheimpie.

Ons kan nie dink jy is al 6 maande oud nie. Skielik verander jy sommer oor ‘n naweek . Jou handjie wat uitreik na iets, die raakvat die vashou.. en daardie saggies vee oor Ouma se hand. Jy begin al sit, al kantel jy soms so asof jou bolyf te swaar raak vir die onderlyf.

Mia,  ek besef met al die verandering kom jy skielik agter,  as jy nie tevrede is nie..dan sal jy skree en bene reguit skop! Skielik is jy ook nie meer so gretiglik te vinde vir slaap nie.  Hmm, en jou Mamma kom soms leepoog hier aan ek hoor dit gaan soms woes daar by julle huisie – ek  glo niks daarvan nie…daardie glimlag ! Ag miskien verlang jy net na ons..kyk net wat het ek van jou mamma af gekry , oe ek het darem so lekker gelag ..

Mia en Pappa DavidLyk nou nie juis of Pappa daardie bottel vashou nie..foeitog ! Ouma het gedink aan die gediggie van lank terug “Wat is die slaap ‘n wondersoete ding”  nou ja duidelik is daar vreeslik baie wat jy wil en gaan ontdek al is dit middernagtelike ure .

Sodra jou tande gesny het.. neem Ouma en Oupa  vir Mamma en Pappa vir ‘n lekker ete. Ek sal net suutjies vir jou vertel ek dink dit gaan nog ‘n maand of twee neem.. dit sal ek nou nie vir hulle vertel nie, net ons twee se geheim.

Mooi bly liefste Mia-kindjie.

Ouma en Oupa is baie lief vir jou.

Advertisements

12 comments on “Liewe Mia

  1. crlredelinghuys
    Desember 17, 2014

    Die tyd het so vinnig verby gegaan. Gelukkige ou dogtertjie wat deur so baie mense gekoester word!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2014

      Ek geniet die praatjie makery met haar voete en hande.. soms wens mens hul te gou groter.

      Like

  2. rondomtaliedraai
    Desember 17, 2014

    Ai jy maak my skoon tranerig… dis so voorreg om so kleinding te kan hê

    Like

  3. HesterLeyNel
    Desember 17, 2014

    Gelukkige ouma om Mia so naby the hê. My enigste ou meisietjie woon in die Kaap (ek in Gauteng) en sy het pas drie maande oud geword. Baie mooi liefdeswoorde Ouma.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2014

      Ek kry elke afstand Ouma bitter jammer, dit is groot voorreg om Mia so te mag beleef.

      Like

  4. scrapydo
    Desember 18, 2014

    Dis nou lekker gesellig so saam met julle. Selfs pappa wat n uiltjie knip terwyl hy “werk” laat my glimlag. Mia gaan nog vir haar pa die foto wys as sy groot is. Dis te lekker om so elke dag n geselsie te kan he! Geniet dit Ouma en Oupa. :D

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 18, 2014

      Ek het darem lekker gelag vir daardie bewysstuk A – Mia wat Habgood huishouding beheer!!

      Like

  5. perdebytjie
    Desember 20, 2014

    Kostelike foto van die “moeë” pappa.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 17, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: