Woorde

Liewe Mia

Ouma erken ruiterlik, ek (eintlik ons)smelt soos roomys op ‘n warm somersmiddag , as jy  glimlag.

mia sitstoel1

Ek erken  ruiterlik , Ouma se hart gee so bokspring as jy so lekker kraai lag as jy jul veterhondjies sien speel.

Mia sitstoel3

Ons erken ruiterlik, Ouma en Oupa het die grootste geskenk hierdie Kersfees gekry.

Dit word nie toegedraai in geskenkpapier nie, nie linte om nie ..nie die afwagting van papier afskeur en wonder wat’s binne nie..

Nee wat!  Klein Mia. So spoeg-spoeg die grootste geskenk ooit! Ons geskenk , so  verskriklik dankbaar  om ook  Ouma en Oupa te mag wees.

Ons is baie lief vir jou

Liefde

Ouma en Oupa.mia kleinkind

* vervolg op Mia se vorige brief

 

Advertisements

27 comments on “Liewe Mia

  1. Skeletor
    Desember 22, 2014

    Hey! Hoe de duiwel moet ek en my dames kompeteer met sulke oulike foto’s???? Ek raporteer jou sommer aan die bloody kompetise kommisie of iets… ;)

    Liked by 4 people

    • ddupl3ss1s
      Desember 22, 2014

      Myne het klere aan ..gie gie !! Ek wag inspanning wanneer jy vir my kom vertel wanneer ‘n klein liggaampie oppad is!

      Liked by 1 person

      • Skeletor
        Desember 22, 2014

        Ek sal weer ‘n klein liggaampie hê as ek so 60 kilo’s verloor.

        Liked by 3 people

      • ddupl3ss1s
        Desember 22, 2014

        Banggat…

        Like

      • Skeletor
        Desember 22, 2014

        Banggat of skiet blanks. Ek dink dit moet laasgenoemde wees. Nie dat ek wil brag nie, maar dat ek nog nie pappa is nie is ‘n wonderwerk…

        Like

      • ddupl3ss1s
        Desember 22, 2014

        Groot voorreg en genade om kinders en kleinkinders te kan hê – en indien nie, dan maak mens ook mos maar vrede met ‘n situasie wat op jou pad kom – en so sedepreek die Ouma nou vir die jongman . Mooi wense vir jou .

        Like

      • Skeletor
        Desember 22, 2014

        Dankie. Maar ek moet erken, ek gaan nie kinders wil hê met hierdie 6 tot 6 werksdae wat ek het nie. Sal nie regverdig teenoor die kind wees nie. LoL. Ek wil hê sy/haar pa moet nie die vreemdeling wees wat elke aand vir 2 ure kom kuier en die kos opeet nie. :)

        Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    Desember 22, 2014

    Pragtige kind! Sy lyk so gelukkig, ene smaails!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 22, 2014

      Nou nie dat sy ook soos enige normale 6 maande oue baba skielik agterkom ..sy kan en mag ten hemele skree as haar Ma uit die vertrek stap ..so asof sy nooit weer gaan terugkom nie… al die stadia , wat haar Ouma vergeet het.

      Like

      • Lewies Mymer
        Desember 22, 2014

        Kleinkinders iseen groot plesier, en dis lekker om te sien hoe hulle deur daai stadia beweeg. Die terrible twos was my gunsteling!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Desember 22, 2014

        As Mia na haar Ma aard gaan sy op drie jaar haar ma beproef met “hoekommm? ” mensig en as ek die styfskop beentjies so bekyk dink ek die stomme Ma gaan oop oë bidde..en ek sweer ek gaan in die hoek staan en glimlag en alles afluister al daardie redenerings tussen die twee..

        Like

  3. rondomtaliedraai
    Desember 22, 2014

    Mensig sy groi soos kool… ons sal die universiteit moet begi8n bespreek

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 22, 2014

      Ek lag tog te heerlik oor daardie uitdrukking ! Ja wonder hoe gaan skole wees teen sy daar beland.. praat nie eens van verdere onderrig.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Desember 23, 2014

        GROEI en sien nou die fout

        Nee wat ons moet nou al beplan – baie lekker lê in beplan

        Like

  4. Tannie Frannie
    Desember 23, 2014

    Sy is so pragtig! ‘n Gelukkige kindjie…

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Desember 23, 2014

    Sy word net mooier en mooier.Wat ‘n plesier vir ouma en oupa!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 24, 2014

      Dankie Perdebytjie.. die lekkerste lekker sy begin nou al met die gesels geluidjies met haar voete met haar hande ..en gesiggie gesels saam.

      Liked by 1 person

  6. crlredelinghuys
    Desember 24, 2014

    Fraaiste ou dogtertjie. Ek wys al haar foto’s vir Jan.

    Liked by 1 person

  7. scrapydo
    Desember 24, 2014

    Oooo sy is te pragtig! Ek kan sien en hoor jul geniet mekaar se geselskap baie(fluister: daar word hierdiekant van kinders gepraat! mmmm wonder!)

    Liked by 1 person

  8. Spokie sny spoor
    Desember 25, 2014

    Aaag – so sweet! Ek hoop jy bêre hierdie pragtige blog van jou mooi vir haar. Hoe wonderlik as sy een dag groot is, en jy dalk nie meer daar, dat sy elke woordjie en elke kommentaar kan teruglees. WEns my ouma kon dit met my gedoen het. Maar sy het nie eens ‘n selfoon besit nie. Daar was nog nie …

    Kosbaar!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 27, 2014

      Ek besef ons moet soveel moontlik opskryf, vir onsself ook, mens vereet van klein dingetjies wat vir ‘n ma belangrik is en vergete raak tussen min slaap en doeke..

      Liked by 1 person

  9. colourmecrazee
    Desember 26, 2014

    dierbaarheid …

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 22, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: