Woorde

Liewe Mia

Kersfees is vir ons ‘n Vreugdefees. Dankbaarheidsfees en ‘n Geloofsfees.  Terwyl jy nog so klein is sal jy miskien die dag onthou as die dag van lig en vreugde en geskenke en die lekker samesyn met ons as gesin en familie. ‘n Vrolike dag.

Kyk al die liggies! Blinkogig, o  die kinderlike vreugde oor lig en glans .

mia kersfees 2014 2

So fyn delikaat die aanraak oophand . mia kersfees 20148

Mia ek het jou dopgehou, lig is nou belangrik ..pakkies ?  al is dit  pragtig opgetooi , dit maak nie regtig saak nie,  jou oë blink  bekyk bevoel, skeur papier af. (oe! en daardie girts dit het jy gate uit geniet!)  Mamma en Oupa moedig aan…

mia kersfees2014 4

en dan doen jy wat babas doen ..

mia kersfees 20143

Proe of die geskenk darem na jou smaak is.

Ouma het gesit en kyk na ‘n Mamma en Pappa wat soveel vreugde vind in ‘n klein ou mensie wat eintlik  nie omgee wat op die  Spyskaart vir die dag is nie.Hulle het hul grootste geskenk ontvang . ‘n Klein Mia kindjie.

Ons almal is dankbaar vir die Kosbare onthoudag. Kersfees 2014.

 

Ons is baie lief vir jou Mia kindjie

Oupa en Ouma.

 

 

Advertisements

19 comments on “Liewe Mia

  1. Jeanné
    Desember 27, 2014

    Sy is pragtig en ek is seker julle geniet elke oomblik met haar want hulle word so gou groot!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 27, 2014

      Ons het daaroor gesels, mens moet elke stadium tenvolle geniet . Wonderlike geskenk vir ons oues van dae !

      Like

  2. Flenters
    Desember 27, 2014

    Mooi! Dis ook goed om Iemand te sien lag.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 27, 2014

      Dit het vir ons as huisgesin vreeslik baie beteken die ontspan en spontaniteit.

      Like

  3. Lewies Mymer
    Desember 27, 2014

    Wonderlik om die opgewondenheid van ‘n klein kindjie te beleef, al is dit meer oor die papier as die present!

    Liked by 1 person

  4. scrapydo
    Desember 27, 2014

    Geen wonder mens praat van moederliefde – dis wat mens hier beleef. Jy vir jou dogter en dogter vir Mia. Dis n pragtige prentjie wat noit vergeet sal word nie. Dis tog waaroor Kersfees gaan! xxxx

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 27, 2014

      Ai dit is die mooiste woorde Scrapydo, baie dankie, ons geniet ons kinders vreeslik, en is opreg dankbaar vir die voorreg van ouerskap en nog die bonus van Grootouers.

      Like

      • scrapydo
        Desember 28, 2014

        Ek kan net se “awesome” ha ha! Woorde het ek nie om jul heerlike saamwees te beskrywe nie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Desember 28, 2014

        Lekker lag ek nou.. hmm al die bloggers weet nou nie van die heerlike tong in die kies skertsery op my Facebook blad nie..

        Like

      • scrapydo
        Desember 28, 2014

        Netso! Dis hoekom ek nie anders kon om dit te beklemtoon nie! Ek sit ook lekker en smile hier op my eie.

        Like

  5. crlredelinghuys
    Desember 27, 2014

    En geniet ek hierdie dogtertjie se manewales saam met julle!

    Liked by 1 person

  6. perdebytjie
    Desember 27, 2014

    Daardie is twee pragtige mense..jou dogter en kleindogter!

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Desember 28, 2014

    Dankie Perdebytjie , ag en Ouma hoop Mia sal ook eendag so nederig en vriendelike, minsame – dogter/grootmens word. ..en heerlike hurmorsin oorerf …en en , ag ek weet sy sal seker in eie reg haar karakter hê .

    Like

  8. rondomtaliedraai
    Desember 28, 2014

    Aitsa dis so lekker as sy alles ontdek… sy groei onder ons uit

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 28, 2014

      Lengte vir ons opvallend..langbeen meisiekind.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Desember 28, 2014

        *fluister* ek hou nie baie van pap babatjies nie, maar as hulle so begin om met hulle omgewing te belangstel, is hulle te oulik

        Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie
    Desember 29, 2014

    Dis die allermooiste Kersfeesfoto’s!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 29, 2014

      Dankie , Die Pappa het geneem en ek dink die Ma en Mia het invloed gehad , die twee het die pakkies so geniet! (die grootmense)

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 27, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: