Woorde

Tweegesprek

Die twee ou mense sit onder hul dierbare boom. Die koel luggie streel deur hulle gryshare.

Hulle gesels nie.

Hulle kla.

Sommer so in die niet, of miskien nie.

Sy: “Vader tog maar my heup is seer!”

Hy: “Ek sal op die donnerse dak moet klim!”

Sy:” Ek wonder of dit my rug is”

Hy: ” Kyk, daar groei al bome uit die geute, sal moet skoonmaak.”

Sy: “Ek wonder of dit my oorgewig is.”

Hy:” Ek dink mens moet hierdie swaar dakteëls afgooi, sommer sinkplaat opsit”

Sy:” Miskien is dit my gewig”

Hy:” Dit is hoekom die huis se mure bars”

Sy:” Oor my gewig?”

Hy: ” Nee Vrou ek dink nie jou heuppyn het hoegenaamd iets met jou gewig uit te waaie nie.” Verder verduidelik hy toe ook nie..

Sy:” Miskien is ek soos die huis , my anatomie raak te swaar vir my skelet..”

Hy: “Miskien..”

23 comments on “Tweegesprek

  1. rondomtaliedraai
    Desember 29, 2014

    Jy het nog net twee dae om te kerm Ons het vermiddag besluit daar is net een voorneme Niemand kerm weer nie

    Like

  2. vuurklip
    Desember 29, 2014

    Ja, wat. As ons nie kan kerm nie, is die pyne net erger.

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Desember 29, 2014

    Hehe,oulike tweegesprek!Klink so bekend.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 30, 2014

      Sommige gedeeltes is terwille van sensitiewe kykers uitgelaat ..lesers .. ag nee wat nou dik ek sommer aan !!

      Liked by 1 person

  4. carolredelinghuys@Losbek
    Desember 29, 2014

    Hy wil saam met die hond slaap! Hehe!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 30, 2014

      Ag en ou dik Buksie is deesdae vreeslik ‘gasvry’, straf opsigself!

      Like

  5. scrapydo
    Desember 29, 2014

    Lekker eensydige tweespraak, van beide kante! Tog op einde kom daar n kruising en dan stop een om ander een te laat kruis en elkeen ry weer verder in sy eie rigting!(maak dit sin?)

    Like

  6. Orange Blue
    Desember 29, 2014

    Kostelik!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 30, 2014

      Dit gebeur as mens vrek moeg gewerk is .. en hier nie ‘n Anna en Jacob insig is nie..

      Like

  7. Kameel
    Januarie 1, 2015

    Is dit dan nou deel van oudword dat elkeen so sy eie ding gesels…. en dan op ‘n manier mekaar tog hoor. Ek het gedog ek en my man is nou besig om heeltemal bymekaar verby te lewe omdat elkeen so sy eie praat sit en praat.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 2, 2015

      Hallou Kameel, vreeslik bly om jou weer te sien, sekere dele het ek maar uitgehaal terwille van oordentlikheid..gie gie

      Like

  8. coetzee2014
    Desember 29, 2015

    Weet nie hoe ek daardie een gemis het nie. Jy hoef nie sensuur toegepas het nie, ons is almal ouer as 17. Lekkermgelees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 29, 2015

      Die ander een wat saam met die ouvrou onder die boom gesit het, hy tel sy woorde, sy ou vrou is soms effe stuitig .. so neem ek hom maar in ag.

      Like

      • coetzee2014
        Januarie 10, 2016

        Goed dat altwee nie stuitig is nie.

        Like

  9. Lewies Mymer
    Desember 29, 2015

    Hoop die heup is nou ok en die geute is skoon!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 29, 2015

      Die heupe is toe die rug.. en die Sederbome se naalde hou nie op val nie voortdurende skoonmaakproses.

      Like

  10. Martha Poller
    Desember 29, 2017

    Ja, kla ek nou of kerm ek? Ek het lekker gelees, dankie Dirk

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Desember 29, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 513 hits