Woorde

Asemskep

Ons twee het mandjie gepak en gery. Ek is ‘n boorling uit die Koepel. Toe ek daar was , het ek dit nie waardeer nie, nou verlang ek na die ‘koppe’ en ‘rante’, soos destyds in ons huis daarna verwys is.

Hierdie foto is geneem terwille van my.. omdat ek mos gaande raak oor die fluweelvoorkoms van die grasveld. Op die koop toe kry ek ook  my rante op die horison .

SAMSUNG CSCMens gesels nie as jy kyk nie. Jy luister .

SAMSUNG CSC

 

 

 

 

..soms ,

is daar ‘n droë opmerking oor ‘n foto.. “die foto lyk darem kompleet vir my soos..Die Heuwels Fantasties. ” Ter verduideliking, dit het nou niks met die Groep uit te waaie nie..die Man in die huis se beskrywing vir anatomiese voorkoms by vrouens.

SAMSUNG CSC

 

 

 

 

 

Die inasem van skoon varslug was goed.

Die saamwees was goed.

Dankbaar die Uwe.

 

*fotos  Doepie.

14 comments on “Asemskep

  1. Skeletor
    Januarie 3, 2015

    Goed dat jy gegaan het. Ek wou so graag Senekal toe gegaan het, waar my Oupa gebly het. Maar helaas, my pa was so twee weke terug daar. Sê die wereld daar is in sy pekie in verwaarloos.
    Hartseer dat mense nie kan oppas wat hulle gegee word nie..
    Nice foto’s die van jou!

    Liked by 1 person

  2. ddupl3ss1s
    Januarie 3, 2015

    Wonder wat spring my fotos so gapings tussen-in ..nietemin ons het dit baie geniet. Ek moes fotos kleiner maak..ek was nie in Vredefort (ongelukkig kry klein dorpe swaar) omgewing nie, maar aan Gauteng kant . Steeds klink die sonbesies daar vir my so asof hul my groet..

    Like

  3. rondomtaliedraai
    Januarie 3, 2015

    Pragtige foto’s Was ‘n duisend jaar laas daardeur

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 3, 2015

      Dankie Tina ..so kuier mens soms via fotos, nê. Ek moet op hierdie mooie oggend stryk..en ek staan en wonder of idees vir blog gaan opduik !

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Januarie 3, 2015

        hehehehe… jy is die vrou wat my altyd sal herinner dat ek nie ‘n ding hoef te stryk nie en die enigste wat inspirasie uit strykwerk kry

        Liked by 1 person

  4. perdebytjie
    Januarie 3, 2015

    So ‘n lekker herinnering aan die verlede..rante,sonbesies,grasvelde..pragtig!

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    Januarie 3, 2015

    Ai jy praat, deesdae gaan mens weer terug na kleintyd se onthou en platteland klink salig..tot jy die werklikheid van werkloosheid sien,

    Like

  6. carolredelinghuys@Losbek
    Januarie 3, 2015

    My pa se eige eige wêreld waarvoor hy so lief was!

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Januarie 3, 2015

    Nogal oor hom gesels, Carol. My Oupa se plaas was aan oorkant van Venterskroon , Vrystaat kant, toe was dit algemeen dat net die arm boere bly in die Koepel , want daar was nie veel landerye nie..sou wat wou gee om nou daardie plaas te kon hê.

    Like

  8. monicahaddad01
    Januarie 3, 2015

    Nostalgie……….

    Liked by 1 person

  9. anetteolivier
    Januarie 3, 2015

    Ai ai ai sit ek nou en trane stort oor a warm dag in SA terwyl die lug grys is in Engeland en ek verbeel my selfs ons grys lug verlang na die bloutes van ‘n sonskyn dag. Verlang ek my stukkend na die kaal vlaktes van die Vrystaat en die Noordwes. Gelukkig kan foto’s en herinneringe darem help. Ek hou van die Heuwels van Fantasties……… Hmmm baie, baie goed beskryf.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 3, 2015

      Ag Anette, ek kan dink son daar skyn mos nie soos ons son nie.. hy noem my Clivia lelies – cleavage lelies!!

      Like

  10. ddupl3ss1s
    Januarie 3, 2015

    Monica, alles is groen , hul het wonderlik reën gehad.

    Like

  11. Ineke
    Januarie 3, 2015

    Dis darem heerlik om so “down memory lane” te gaan. Klink of jou teruggaan nogal dieselfde gebly het(soort van)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Januarie 3, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 520 hits