Woorde

My Ouma is in …

My Ouma het na Almahart geruik, Lennon se medisyne. Dit moes vreeslik sterk gewees het of vrek sleg. Dit is so druppelsgewys op ‘n teelepel suiker gedrup en gehap.

Ek het Gemmerwortel laat koop. Deur iemand wat nie die verskil tussen ‘n koolkop en slaaikop ken nie, ‘dit is groen man en blarerig!’ toe hy met verkeerde kop hier aankom.    Ek het verduidelik hoe Gemmerwortel lyk- so knoetserig  en waar hy daarvoor moet gaan soek.  Ek was verbaas , ek het toe knoetserige Gemmerwortel gekry darem nie ‘n wortelspesie van ander aard nie.

Ek vertel vir hom, dit ruik  verskriklik lekker, veral so varsgerasper.

“Ruik bietjie, het jy ge-weet mens gebruik ‘n teelepel om ‘n Gemmerwortel te skil ..so word dit geskraap .. kyk ! Ruik bietjie hier.. ”  en hy ruik en trek sy neus op met ‘n

“Aggenee, dit ruik na oumens!” Dit is toe dat ek vertel nie my Ouma nie.. die Almahart reuk so in herinnering.

Ek is gaande oor Tamatiekonfyt  dit is waarvoor die Gemmerwortel gebruik gaan word, so knoets in Moeseliendoek in die pot tamatiewordende konfyt.  Tamaties uit die uwe se tuin .

..op so oopgebotterde broodjie.

gemmerwortel

Advertisements

14 comments on “My Ouma is in …

  1. perdebytjie
    Januarie 5, 2015

    Dis seker skaars soos hoendertande?

    Liked by 1 person

  2. carolredelinghuys@Losbek
    Januarie 5, 2015

    Nee, maar dit klink nou mos vir my alte lekker! Moet net noem dat jy moed het om in hierdie hitte konfyt te kook!

    Like

  3. rondomtaliedraai
    Januarie 5, 2015

    Gemmer is net so gesond soos kaneel Maak gemmertee en gooi bietjie suurlemoen en ‘n kaneelstokkie by.

    Liked by 1 person

  4. anetteolivier
    Januarie 5, 2015

    Moet jou nou eers gou ‘n staaltjie vertel. Die laaste keer wat my Engelse skoonseun en res van die familie saam was SA toe, het Sophia vir ons tamatiekonfyt op die tafel gesit. Aaron het ‘n groot skep van die konfyt op sy brood geskep want hy het gedink dis aarbei konfyt. Groot was sy konsternasie toe hy byt en dis nie aarbei konfyt nie. Met moeite het hy die tamatie konfyt ingewurg en kan tot vandag nie glo dat ons van tamaties kan konfyt kook nie!!! Arme kind. Wat het die Engelsman nou ook geweet van tamatie konfyt??? Ons lag vandag nog daaroor – saam met hom en hy skud nog steeds sy kop vir ons. :-)

    Liked by 1 person

  5. Ineke
    Januarie 5, 2015

    Wow, dit klink nie net lekker nie maar proe ook lekker. Mens kry hier gemmerwortel te koop in kettingwinkels. Nogal duur ook! Wens ek het naby gebly om n broodjie saam te eet as dit klaar is. (fluister: die aarde is nou weer besig om te wil bewe hier! 6punt iets vanoggend. Gelukkig nie gevoel nie)

    Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie
    Januarie 6, 2015

    Mmmm – soos klein Gabby sou se: “Njam-njammm!”

    Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Januarie 6, 2015

    Ek sien altyd die gemmerwortel lê in die winkel, maar het dit nog nooit gebruik nie. Nou maak jy my lus! Is dit nie in die winter ‘n goeie verkouemedisyne nie? Of hoe het ek dit nou?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 6, 2015

      Ek weet mens kry gemmer in botteltjies so in ‘n stropie.. ek dink as mens dit fyn sny kan dit net lekker wees in gemmerkoekies..sulke brokkies .

      Like

  8. Kameel
    Januarie 6, 2015

    Nou maak jy my lus vir my kinderdae se gemmertert met room. My dogter kook tamatiekonfyt moet by haar hoor of sy weet van die gemmerwortel.

    Liked by 1 person

  9. Spokie sny spoor
    Januarie 7, 2015

    Mmmm, nou begin ek ook wonder hoe al hierdie lekker dinge smaak. Ek hoor as jy gemmerwortels as boerdery wil plant is daar nogals boeie geld daarin …

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 7, 2015

      Ek is nou nie ‘n soesjie eter nie..daar word ook rougemmer saambedien. Gemmer so vars proe darem sterker en geuriger as gemmerbier se gemmersmaak.. As ek kyk wat kos gemmerwortel dan kan ek glo dat dit dalk ‘n ekonomiese produk kan wees.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 5, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: