Woorde

SMS

“D.du Plessis, Kaizer Chiefs are winners, trust them with your Funeral cover! Reply  YES (FREE). STOP to opt out. T&C. Hollard Life Assurance Co Ltd. “

Ek het vir iemand in hierdie Hoekhuis uitgevra oor Kaizer Chiefs se eienaar(nie afrigter)  en of hy nou dink hulle(die span) is presteerders? Wonder ek toe – iemand moet tog kommissie ontvang vir die Versekering wat uitgereik is.  Die hele span is dan nou voorlopers . Mens wil nou nie roekeloos op Mnre Hollard se stoep speel nie en dit sonder “Cover” nie!

Wenners of de not, hoekom sal ek nou Kaizer Chiefs ‘trust’ met Funeral cover! Gmf!  Ek het vir Iemand in dese huis gevra of hy nie dink ons moet by die Cheetahs (hy is ‘n ernstige ondersteuner en diep beswaarde een deesdae ) se  Hoofman oor Honderd hoor, dalk kan hul ook soortgelyke sms aanstuur! Hul kan onderhandel met ‘n betroubare Begrafnisversekering organisasie- so wen-wen situasie.  Sy kort en kragtige antwoord:

” Ja, die versekering is vir hul ondersteuners, hul gaan dit wragtag nodig kry, want geeneen van ons gaan dit langer kan uithou nie~!”

Ek aanvaar al wat siel is wat MTN op hul selfoon se regterhoek, bo – as embleem het, het hierdie sms ontvang.

Toe kry ek nou vanoggend ‘n sms

“Living with HIV & Looking for Life  or Disability Cover? “

Ek weet nie of ek nou moet begin bekommerd raak oor my gesondheidstoestand nie?

Dit is Vrydag , vreugde aan almal!

 

Advertisements

12 comments on “SMS

  1. Flenters
    Januarie 9, 2015

    Nou voel ek nie meer alleen nie……

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 9, 2015

      Die alleenheid ? Oor die versekering? Oor die Rugbyspan? Oor MTN wat dalk ook iewers op die koop toe, geld ontvang vir advertensie?

      Like

  2. carolredelinghuys@Losbek
    Januarie 9, 2015

    Ek kryook aljimmers oor en oor die sms’e. As dit nie begrafnispolisse is nie, kan ek ‘n 100 000 rand sommer so in ‘n kits leen

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 9, 2015

      Ek kry nie geld nie maar moet in die hof verskyn en dit nogal doer oor die waters vir een of ander vreeslike oortreding.

      Liked by 1 person

  3. Lewies Mymer
    Januarie 9, 2015

    Eish!Die Cheetahs is klaar begrawe, ses voet diep en onder ‘n sware granietblad! Hoop maar hulle verrys uit die benederyk!
    Hoor nou die dag oor die dradeloos as mens op daai “Stop”opsie reageer, dan het hulle jou. Beste is glo om dit te ignorer.

    Like

  4. perdebytjie
    Januarie 9, 2015

    Ek word die josie in vir hierdie soort sms’e.Ek is tans in Namibië en het seker al 10 sulkes ontvang.Die grap is dat ek dit moet betaal want dis “international roaming” en boonop vrek duur!

    Like

  5. scrapydo
    Januarie 10, 2015

    Oooo daardie “vissers” hul is so skelm. Hul weet net wat om te doen om jou te probeer intrek. Uitvee is die beste

    Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Januarie 10, 2015

    Ja en niks kry jou van hulle bellys af nie

    Liked by 1 person

  7. Spokie sny spoor
    Januarie 12, 2015

    Groot irritasie in die nuwe SA

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 9, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: