Woorde

Humor versus Kanker

As jy Kanker het, gesels julle   gemaklik  met mekaar oor die onderwerp?

of

..maak jy moed bymekaar en bedink en oordink jou woorde om daaroor te gesels?

Deesdae praat  (L.W – nie gesels nie)  ons darem gemakliker daaroor, hoewel  nou  nie knaend oor elke beker koffie nie, nietemin dié woord en die toestand word darem bepraat.

Hy het nou die dag in die Apteek, met die beurtwag vir ampule-voorskrif , met iemand gesels .  ‘n  Medesiel  wat ook die siekte beleef. Geliefde het gesels oor sy eie belewenis  – as jy nou skielik uit die bloute ‘n pyn hier en  daar kry..die wonder  het die blerrie goed versprei aldan nie, en sommer vir sy mede gespreksgenoot gevra hoe ervaar hy dit, hoe verwerk hy dit?  Die raad –

“Ek sit dit uit my kop uit – ek besluit ek makeer niks en gaan aan met my lewe.

Geliefde vertel vir my die storie en reageer  ewe droog daarop

“Jong, alles goed en wel ..mens moet versigtig wees. jy sit dit dalk so uit jou kop uit en as jy weer jou oë uitvee, is jy morsdood!”

Natuurlik wou ek my self slap lag.. vreeslik , miskien nie ! Oorlewingsmeganisme, dié lag vir iemand se droë opmerking.

 

Advertisements

16 comments on “Humor versus Kanker

  1. scrapydo
    Januarie 15, 2015

    Ek is bly om te hoor hy praat soort van daaroor. Dit verlig tog die gemoed. Dis ook goed dat daar met mense wat dieselde beleef gesels. Serkte maar vir die nuwe dinge in n nuwe jaar. Jy is maar hier in my hart die hele tyd!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 15, 2015

      Baie dankie Scrapydo.. ek en hy kla oor die allerverskriklikste rillers wat mense (vermoedelik) goedbedoelend vir mens vertel van ander siele met die wreedste kankers en leiding.. aggetoggie!!

      Liked by 1 person

      • scrapydo
        Januarie 15, 2015

        Party mense kan ook tog so met kleur en geur alles opdiep. Dis ook maar nie te goed vir die gemoed nie. Ek het twee vriendinne al verloor agv kanker. Daardie laaste tydperk is maar nie te lekker nie en tog kry hul en n mens self ook die krag en genade om sake te verwerk

        Liked by 1 person

  2. Anette
    Januarie 15, 2015

    Ai 11 uit 10 vir my ou Neef. Mens kan darem nog lag ook en seker nie nodig om net altyd te huil nie. Of hoe?

    Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor
    Januarie 15, 2015

    Ja, ek dink nie dis ‘n onderwerp wat jy net met enige Jan rap en sy maat bespreek nie. Mense is onwys en sal allerliederike stories van kanker oorvertel.
    Ekself het verkies om so min moontlik mense te vertel het, en was ek en my vriendin amper uitmekaar toe sy dit laat uitlek het. Want dit is nie lekker as almal agter handpalms fluister nie.

    Ek dink dus die persoon met die probleem moet die ‘pas’ aangee van hoe hy/sy die storie wil ontbloot. In die begin is skok groot, maar later as die persoon sien hy leef nog normaal, tree normaliteit in, en skielik gaan die lewe weer sy doodgewone gang.

    Sterkte vir julle ou 2-kies.

    Liked by 1 person

  4. carolredelinghuys@Losbek
    Januarie 15, 2015

    Dis nodig dat hy daaroor praat, ek is bly hy doen dit!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 15, 2015

      Ook maar soos in sy aard , praat – nou nie gemaklik soos oor droogte of politiek nie – darem die onderwerp bespreek,

      Liked by 1 person

  5. katrina
    Januarie 15, 2015

    Dis waar wat Spokie hier bo sê – laat jou lei deur jou wederhelf. Elke gesin hanteer ‘n situasie anders en moet doen wat vir hulle reg is, maar mense buite daardie kringetjie is soms totaal insigloos. Weet nie of kommunikasie noodwendig ‘n beter perspektief sal meebring nie. Moeilik.

    Liked by 1 person

  6. Jeanné
    Januarie 16, 2015

    Praat help. Mens kan ook selektief praat met dié wat jy weet sal verstaan en jou/julle bystaan. Ek moet sê ek is ook nogal geneig om die ding uit my kop te sit en aan te gaan so normaal moontlik. Om elke dag daaroor of die gevolge te tob, maak jou depressief. Jou geloof, ‘n gedugte mediese span en die liefde en voorbidding van geliefdes en vriende maak dat jy die wa deur die drif trek. Sterkte, dink baie aan julle.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 16, 2015

      Ek het ondervind mens dink baie meer aan ander mense wat dieselfde pad stap. Ek dink vrouens hanteer die situasie dalk anders, dalk gesels hul makliker.. hoewel daar dalk manne kan wees wat makliker gesels of diegene wat die kommerkrale wil weghou van gesinslede . Dink aan jou Jeanne, ons sal saam die wa trek.

      Like

  7. Toortsie
    Januarie 17, 2015

    Lag is MY oorlewingsmeganisme.
    2 van my vriendinne het skielik kanker, die een baie baie siek, die ander het dit hopelik onder beheer…
    Nare siekte.

    Liked by 1 person

  8. Kameel
    Januarie 19, 2015

    Nie ‘n lekker pad wat julle stap nie Dirkie. Sterkte vir julle as gesin. Tog eienaardig hoe daar partykeer in die donkerste situasies nogsteeds dinge is wat ‘n mens laat lag.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 19, 2015

      Ek dink daardie lag is die beste medisyne ooit! Dankie Kameel, dit gaan eintlik goed, ons is dankbaar .

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 15, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: