Woorde

Ex Libris

Sy staan by die Boeketafel.  Oë  beweeg oor stowwerige titels van lankvergete boeke.

Voorgeskrewe boeke. Sy wonder wat het van die jonge dogter geword. Die een wat dit nodig ge-ag het om ‘n swastika met bloupen agterin haar skooldigbundel te teken. Sommige storieboeke van onbekende skrywers.

Sy sien die bruin hardeband omslag . Buiteblad gekraak.

“Die Predikantsvrou van Mynfontein deur P.de Villiers”

Binne-in ‘n plakker Ex Libris . Fyn penskets op die plakker van ‘n dorpie se markdag . ‘n Tent en ‘n boeketafel , ‘n vrou gekappie en langrok en die man gepluiskuil..staan hul en boeke bekyk.

Ex Libris – uit Latyn direk vertaal  “From the books of ” en  die eienaar van die boek se naam ingeskryf.

xlibris 2Sy wonder oor die gebruik van die boekplate, bestaan dit nog?

Sy wonder oor die getikte naam  E.W. Engelbrecht onderaan die Ex libris teken. Doodgekrap. Was dit dalk ‘n geskenk aan ‘n predikantsvrou?

Waaroor die vrou die spytste is – die binneblad wat uitgeskeur is. Moontlik persoonlike woorde aan E.W Engelbrecht. Indien ‘n gemeente vrou die boek aan ‘n moontlike predikantsvrou,  as geskenk gegee het, het die leser  nie vooraf die boek gelees nie en bloot op die titel gereageer. Wie gee ook nou vir jou ds se vrou ‘n boek waar die vrou op die ou einde doodgaan ..

Die boek gedruk deur Voortrekkerpers 1940. Onder  in die regterhoek ‘n groen en goud plakker-J.L. Van Schaik Bpk. Boekhandelaars, Pretoria.

voortrekkerpers embleem

Daar is ‘n plegtige voorwoord geskryf  deur E.P. Groenewald dd.3 Januarie 1940.

“Hierdie verhaal van die arbeid en sorge van ‘n predikant en sy vrou is die voorloper op ‘n nuwe terrein in ons letterkunde. …”  ( een sin aangehaal .)

Sy het die boek begin lees, die wel en weë van die predikantspaar. Die taalgebruik was opvallend. Phillipus Villiers Pistorius, met die skuilnaam van P.de Villiers het  heelwat boeke geskryf. Wonder of hy nog leef. Wonder of hy dalk geskryf het uit ervaring in sy gemeente . Wonder of die Mynfontein dalk Cottesloe was..

 Die vrou  lees oor vreemde ervarings en vreemde gemeentelede en armoede .

Die wonder van ‘n Boek vir R5,oo by ‘n boeketafel.

 

15 comments on “Ex Libris

  1. scrapydo
    Januarie 16, 2015

    Dit is n goeie kopie. Sulke boeke is waardevol. Dis n kleinnood .
    Ons bib verkoop ook óu boeke . Het n ou hekelboekie daar gekry en ook een oor ou NZ skrywers wat nou regtig mooi is.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 16, 2015

      Iewers raakgelees iemand bied R40 aan vir die boek en nog ‘n persoon wat opsoek is na die boek.. ek dink die boek is gesskryf destyds toe soveel mense stede toegetrek het vir werk. Die taalgebruik was vir my goed, beter as die boeke uit my ma-hulle se ou boekery uit selfde tydperk.

      Like

  2. Spokie sny spoor
    Januarie 16, 2015

    Interessant! Ek het ook so paar jaar terug iewers by ‘n ou dorpie (dink Haenersburg) se biblioteek beland en klomp boeke gekoop @ R5 elk. Ek dink die boeke moes jare daar gelê het en niemand het dit nodig geag om die prys op te sit of aan te pas nie.

    Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie
    Januarie 16, 2015

    So weef daar stories rondom boeke – nie net binne-in hulle nie. Nog ‘n rede vir hulle bekoring…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 16, 2015

      Nogal gewonder oor die eerste eienaar van die boek.. beslis is die boek nie baie gelees nie..ouderdom in aggeneem – is dit eintlik netjies buiten nou buiteblad en binneblad.

      Like

      • Tannie Frannie
        Januarie 16, 2015

        Weet jy, Dirkie, my dogter kla so oor my vernielsugtige manier van lees – as ek met ‘n boek klaar is, kan mens duidelik sien dis GELEES, maak nie saak hoe versigtig ek dit hanteer nie, terwyl haar boeke nog lyk soos nuut…

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Januarie 17, 2015

        Ek lees ook saggies..as ek vir ons buurman ons koerant gee en hy lees dit .. kan ek nie glo wat het met dit gebeur nie..maar mens kan darem agterkom dat sommige boeke nie baie gelees is nie, nou nie dat boeke oopgebreek word nie maar hantering wys tog.. Frannie my stomme kinders moes kleintyd al gehoor het en geleer het hoe word ‘n boek gehanteer en geblaai.. oeg ek was bietjie erg!

        Liked by 2 people

  4. carolredelinghuys@Losbek
    Januarie 16, 2015

    Lees die boek maklik?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 16, 2015

      Ek dink mens moet in agneem dit was 1940 geskryf, sinne was soms steurend lank. Nogal gedink 1940 teenoor 2015 , die mens het inherent dieselfde gebly. Armoede , opvallend. Sal vir jou die boek skenk, nogal gewonder of die ds de Villiers met die boek , stomme jong pastorie pare wou voorberei. Ek sou die boek ander naam wou gee.. nietemin ek het nogal gegrinnik ..hmm nee wag !

      Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Januarie 17, 2015

    Sulke ou boeke verplaas mens na ‘n era wat verby is.Dit gee my amper dieselfde gevoel as wanneer ek ‘n kerkhof besoek en die grafstene lees.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Januarie 16, 2015 by in lees.

Blog Stats

  • 36 504 hits