Woorde

Liewe Mia

Toe ons , ons oë uitveë , kan jy al sit.

Dit word nou die lekkerste lekker tyd, die selfsit. Jy kan self speelgoed uit ‘n bondel kies. Dit bevoel en beproe.

Kyk net wat kan jy nog doen !

boeklees mia 1 a crop

Jy hou so ewe mooi die bladsy  saam met Mamma vas. Mamma vertel jy raak vreeslik opgewonde oor al die kleurvolle prentjies. Ouma is in die sewende Hemel(dit is nou as mens vreeslik bly is) .

Ouma kan nie wag nie dat ons twee  al  jou  boeke gaan  deurkyk en deurlees  nie  en nog ‘n paar aankoop nie, mens moet altyd nog meer lees nê! Ek weet Oupa gaan ook saam luister !  Natuurlik gaan ons  nabootsrympies ook begin saam-saam doen .

“Met die hande klap-klap..met die voete stap stap!” al sulke lekker  rympies..

Hierdie Boek wat jy en Mamma so saam-saam lees se naam is

“Mia se Ma” geskryf deur Marita van der Vyver.

Die skryfster tannie het die boek vir haar eie Mia dogtertjie geskryf .

boeklees mia 2 a editboeklees mia 3 a editBoeke is kosbaar.

Lees is pret

Saamlees met mens se mamma

is ‘n fees!

Mooi bly liefste Mia.  Ons is baie lief vir jou.

Liefde .   Ouma en Oupa.

boeklees mia 4

Advertisements

18 comments on “Liewe Mia

  1. scrapydo
    Januarie 18, 2015

    Moederliefde Mia is te pragtig. Dit gaan sooooo vinnig. Een van die dae gaan sy begin kruip en haar woordjies vorm

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 19, 2015

      Mia is 7 maande , as sy op haar maag draai dan begin sy al arms gebruik om haar op te druk en die knieë word opgetrek.. een van die dae hol ons rond agter Mia aan.

      Like

      • scrapydo
        Januarie 19, 2015

        Dan moet daar net gekeer word of sy hol vir julle weg, met n glimlag om haar mond

        Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie
    Januarie 19, 2015

    Aaaag my moeder, ma – sy is net te pragtig! (En haar mamma ook.) Ons klein rowwejek laat nie toe dat ek vir haar lees nie, sy’s te besig om die boek beet te pak en ouma moet net keer voor! Al wat ons kan lees is ‘n plastiek-badboekie wat min of meer onvernietigbaar is.

    Liked by 2 people

  3. ddupl3ss1s
    Januarie 19, 2015

    Lekker lag ek.. ek het ook van die fotos gekry wat sy dit so in haar mond beproe, daardie is gesensor. Sy hou vreeslik van die Materiaal boekies, wat so girts .

    Like

  4. Spokie sny spoor
    Januarie 19, 2015

    Aaag – te oulik! Sy word so gou groot? Ek geniet jou skrywes nou EERS, want ek gaan ook vir die eerste keer ouma word. My Mia-kie is nou so groot soos ‘n boontjie. skielik weet ek hoe jy voel en dink!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 19, 2015

      Ag dit is wonderlike nuus Spokie, hoop alles verloop goed . Ek kan onthou al daardie grotes elke maand ‘n ander grootte .. geniet elke oomblik.

      Liked by 1 person

  5. colourmecrazee
    Januarie 19, 2015

    dierbaar dierbaar dierbaar !!

    Liked by 1 person

  6. Kameel
    Januarie 19, 2015

    Kosbaar Dirkie.

    Liked by 1 person

  7. HesterLeyNel
    Januarie 19, 2015

    So pragtig. Geniet haar.

    Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    Januarie 19, 2015

    Ag sy te allerpragtig … Jy sal nou baie gereeld meer moet skryf want sy groei elke week

    Like

  9. monicahaddad01
    Januarie 20, 2015

    Wat ‘n heerlike toeval, Julle moet maar ‘n ekstra eksemplaar van Mia se ma koop om te bêre

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 20, 2015

      Hierdie boek het ek gekoop destyds toe ek ‘n dagma was( 20001 -daarrond) . Ouma Dirkie koop graag boeke vir kleine Mia.Ek dink net ek moet kinderboekrak hier begin ..

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 18, 2015 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: