Woorde

Die Hoekhuis

Vanoggend gesels ek en Mia se Ma oor ditjies en datjies. Dagbeplanning. Mia se beplanning .. haar etenstye en wat op haar spyskaart is.

Ons gesels van politiek tot droogte en hitte, toe vra sy –

“Ma, en wat is die storie nou teen die yskas?”

Siende dat ek lanklaas ‘n onthou beriggie gemagneet het  , moes ek maar gaan kyk.

Dit is geskandeerde weergawe van die beriggie

poppie berigDie Beriggie  netjies uitgeknip. Perfek uitgeknip. Gemagneet onder so pienk magneetjie van ‘n dun vroutjie .. Die Boodskap ..Die skimp. Die ellendige droogte in beskuitblikke . Die roepstem!

Laat daar nou nooit ooit vertel word ek het nié ‘n kreatiewe Man nie.

Laat daar nou ook nooit ooit gedink word, ek het nie ‘n uiters humoristiese Man nie. Verstom ek my  weereeens vir sy kreatiwiteit ..my magtag!!

Laat daar ook nou nie onder enige  wanindruk verkeer word nie.. Die Ouvrou van die Ouman by die Hoekhuis ..sy is d e f i n i t i e f nié so af dat sy haar tot bakkerasie of kookerasie sal wend nie..

 

Die Berig  uit Saterdag se Beeld- in  ‘n onderhoud met Tannie Poppie van Kokkedoor-faam.

Advertisements

16 comments on “Die Hoekhuis

  1. Spokie sny spoor
    Januarie 20, 2015

    Hehehe. Oulik!

    Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Januarie 20, 2015

    Stik my man nou amper van die lag hier toe ek dié stukkie vir hom voorlees. Hy het ‘n lang tyd terug al sy vrou verbied om in die kombuis te kom – vanweë die onhandigheid en die brandgevaar en so aan. Gelukkig kan ons dogter kook.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 20, 2015

      Daar was ‘n tyd toe Beskuitblikke en kleinkoekie blikke altyd vol was.. ek gee regtig nie om nie, ek sal enigetyd blikke hervul so via die Tuisnywerheid. Ag ek bewonder mense wat hou van kosmaak – geseënd is diegene.

      Like

  3. monicahaddad01
    Januarie 20, 2015

    Dalk moet jy hom van sy stoel af verras :-) lekker storie….

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 20, 2015

      Ag Monica, die hoop beskaam seker nie..ek sal liewer sy voete vryf of sy rugkrap of koffie aandra ..

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    Januarie 20, 2015

    Bwahahaaa – tien uit tien vir die Hoekhuis se mense!

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Januarie 20, 2015

    hehehehe… wys jou net – skoenmaker hou jou by jou lees.

    Liked by 1 person

  6. scrapydo
    Januarie 21, 2015

    Klink my Ta Poppie van Kokkedoor faam is n gewilde tante. Is dit n strokies tante? Sal nogal wil sien wat sy alles kan doen. Klink ook of die ou vrou met haar skamele japon n slaggie die blikke moet vul vir die lekkerkry van haar wederhelf, nie vir die swaar gemoed nie!(O jy is oulik, ek geniet jou geseldie ter de-e)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 21, 2015

      Ta Poppie is ‘n regte tannie, sy het deelgeneem aan komp op tv tesame met ander kosliefhebbers. Kyk ek bewonder daardie Tannie- sy’t resepte boek uitgegee na kompetisie. Nee wat, ek moet muse ervaar .. dit is nie eens teenwoordig by my blogs nie..

      Like

  7. Toortsie
    Januarie 21, 2015

    Gits… my beskuitblik is juis so leeg!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 21, 2015

      Afhangende of jy bietjie ‘af’ voel ..dan mag jy maar bak.

      Like

  8. mtn
    Januarie 26, 2015

    Haha! Dis nou oulik:) Moenie dat my mense dit sien nie…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 20, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: