Daar is ‘n paar manne wat ek ken – of liewer kennis dra van – wat kopdoeke dra.
Vroeg een oggend het hier so gedaan motor op ons sypaadjie gestaan, lank voor spreekure.
Hulle, die mense in die gedaanmotor, het gewag vir die vrou wat voete moet red wat soms nie meer gered kan word nie.
Die man se voete was gedaan, diabetiese sere, so erg dat sy GP aanbeveel het hy moes dié oggend hospitaal toe vir amputasie van die een voet.
Hy gryp toe die laaste strooihalm. Sy ou vriend het hom vertel van die jongvrou oppie hoek, sy voet was amper moer toe en toe red sy, sy voet.
Dit was die strooihalm. Die ou drinkerspêlle om die ‘pooltafel’ – wat almal ‘n draai hier gemaak het met Diabetes en voete wat wou afval. Wonder bo wonder is al drie darem nog op die been.
Sy’t na sy voete gekyk en plegtig verklaar Meneer M, hierdie een voet kan ons moontlik red maar hierdie ander een? Dit is toe wat Meneer M met die kopdoek so ewe kalm sê ” ..dan moet ons maar bid vir die voet, en kyk”
Sy vertel vir my , dit het so stilgeraak , nie geweet of sy moes lag of huil oor die opregtheid van die man se woorde nie.
Meneer M is baie lank. Maer. Hy loop so met sy heupe soos John Wayne.So ‘swing’ in sy stap. Dan dra hy nog ‘n kopdoek met die lang vaal blonde hare wat uitloer in sy nek. Sy gesig wys die tekens óf van swaarkry óf van woeste jeugjare. Twee tande weg in die onderkaak dit keer hom nogtans nie om breed te glimlag nie.
Een oggend toe hy hier instap met sy heupswaai, bietjie te vroeg, vertel hy so ewe drogies vir my – :
“Jis Mevrou, sy’s goed hóór!” met duidelike bewondering in sy stem.
“Jis Mevrou, sy’t so na my voete gekyk en uitgevra oor my suikertelling en hoeveel ek drink…jis Mevrou sy’s goed.Ek weet ek het baie gedrink. maar nie meer nie Mevrou”
Ek het groot bewondering vir enigeen wat met wonde kan werk , en die grootste vreugde wat sy daaruit put om vir my agterna te vertel –
“Ma, daai gat was só groot en só diep.. dit was só cool, as hy sy groottoon beweeg kon ek sy tendon sien beweeg!” Haar Ma het nie gedink haar dogtertjie sal ooit dink so iets is cool nie!!!
Meneer M het elke week getrou gekom vir sy wondversorging. Gratis. Ag hulle is verbitterlik arm, “Ma, hoe kan ek vir hulle geld vra?” Ma verstaan , en Ma dink aan jou Barmhartigheidssindroom en so aan..
Eendag het die gedaanmotor gaan staan sonder brandstof. Meneer M met sy gedaanvoete het kilos gestap kannetjie in die hand , daar is al die harde werk van pamperlang en salwe en wondversorging glorie toe en volgens haar” het die tendon gesnap” die tendon wat een van die toonbeentjies moes vashou glorie toe..daar lê die beentjie toe so en kyk vir haar.
“Meneer M, nou kan ek nie meer help nie, dit is buite my veld, daardie beentjie sal chirurgies verwyder moet word anders gaan die wond nie genees nie”. en die Meneer dink net aan amputasie en hy weier en maak dit gebedsaak .
“Ma, ek lê wragtag wakker oor my pasiënt se wond”
Vandag kom Meneer M hier in geheupstap, die gedaan voet wat die Voetemens gedink het die skrif is aan die muur – die voet met die gesnapte tendon en toonbeentjie op die loer – die voet is besig om te genees. Hy haal toe sy ‘soewenier’ uit , op sy handpalm die beentjie. Sy vrou het dit maar met ‘n tweezer uitgehaal!!
Ek hoor hy gaan glo gaatjie in beentjie boor..en om sy nek hang !
Ai ai, die Man met die Kopdoek met die toonbeentjie om die nek! Hy het my groot vreugde verskaf, al het Die Voetevrou gekla , “Die mense moet besef ek’s nie ‘n wonderwerker nie, maar vertel nou vir hulle en hul pêlle?”
Genade tog. Met ‘n TWEEZER uitgehaal???? Ek wil omkap as ek net daaraan dink!
Jou dogter het ‘n mooi hart…
LikeLiked by 2 people
Daardie mense vat nie nonsies nie.. dapper donners!! Ja jong, ek het al vir my man vertel, sy sal sekerlik in die Hemel beland veral oor haar jammerhartigheid.. hul sien nie hoe hartseer sy raak as pasient op ou end na amputasies oorlede is. Ai tog, die een pasient is gratis behandel, sy vrou het vir haar spreekkamer die mooiste handdoekies persent gegee.
LikeLiked by 2 people
As mens goed doen vir ander kom dit altyd tien keer terug na mens toe!
LikeLiked by 1 person
Snaakse ding: op Facebook op my ipad is jou kopdoek post, en regonder dit is ‘n Idees Vol Vrees spotprent oor kopdoeke…
Maar op ‘n ernstige noot: Ek dink daai man met die kopdoek was seker goed geswaai toe daai beentjie uitgehaal was…
LikeLiked by 1 person
Jong, so ‘n voet het mos naderhand nie meer gevoel nie.. so ek dink dit was dalk nie nodig nie.. intelligente siel, omstandighede wat soms op mense se pad kom wat die verval tot gevolg het of armoede ..ai tog , jy kan nie dink hoe bly is Mnr M nie, foeitog man.
LikeLike
Oulike storie. Mooi van haar om die mooi kant van haar hart te vertoon.
Ja, hartseer as mens jouself so doodmaak.
LikeLiked by 1 person
Jong ek weet nou nie of alkohol verbruik darem die ellende te weeggebring het nie, dink net bloedsirkulasie is dan swakker, en as jy so pyn , en pynpille help nie – dan gryp jy seker maar na ander verdowing, hul kry darem almal ‘n sedepreek , vir wat dit werd is.
LikeLiked by 1 person
EINA!!
Ek het ‘n taamlike sterk maag, maar daar is perke. Dapper gewis.
LikeLiked by 1 person
O aarde vir die gaatjie in die beentjie! Jikkie!!!!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is dit darem nie ‘n tand nie.. oeg !! Hier was ‘n prof Dr -pasient wat sy ingroeitoonnael in ‘n botteltjie in sy boekrak gehou het.. vreemd vreemd!
LikeLiked by 1 person
Grosssss!
LikeLiked by 1 person
En jy het my nou baie plesier verskaf, dankie.
Sjoe, jy kan lekker skryf.
Die politieke kopdoekman wou my nie sy kopdoek leen om my grys hare te bedek nie, hy sou eerder self na die jongmenspartie wou gaan met sy kopdoek en al.
LikeLiked by 1 person
Die narkotiseurs dra so kopdoek met landsvlag.. het jy al ooit die man sonder sy kopdoek gesien? Dankie Toorts vir die kompliment oor die skryf.. aarde die storie moet naderhand geskryf word.. ek loop al weke met mnr m,se storie . Dit brand naderhand.
LikeLike
Ek wou die stuk op my faceboekblad gaan plak, maar ek werk met my fpuntjie en hy sê hy willie nou nie.
LikeLiked by 1 person
Ag nee rerig. As daai beentjie so vir my geloer het, het ek seker winduit langs die bed geval. Die ou maag kan nie meer sulke dinge hanteer nie. Nogtans ‘n dem goeie storie – soos gewoonlik. Kan amper voel hoe seer is die man se voet. 10/10 vir jou Kinta. Reguit hemel toe sonder ‘n afdraaipad en dorings…..
LikeLiked by 1 person
Die pyn is gewoonlik op daardie stadium in die kuit, maar lyk darem of hy sy voete sal behou- probleem is as daar geen gevoel is trap jy soms op iets en klein stukkende plek raak later probleem,
LikeLike
Sterkte vir die Donderdag
Interessante mense wat julle daar kry!
LikeLiked by 1 person
My kind praat van ruwe diamante..steeds diamante so effe ongeslyp. Dankie vir die sterkte, hy sê hy voel nou nie juis siek nie maar beslis ook nie lekker nie..
LikeLiked by 1 person
Geluykkig is die eerste keer die slegste… mens raak half gewoond daaraan
LikeLiked by 1 person
Nou het ek weer lekker hier by die ou vrou op die hoek gekuier. Dankie vir die heerlike koppie koffie en die “uitstort” van jou gedagtes wat al so lankal in jou kop draai. Sodra dit op skrif is voel mens sommer ligter. Jy het self n juweel van n dogter. Groete aan haar en ook n groot dankie vir die goeie werk wat sy doen
LikeLiked by 1 person
Die ou vrou van die hoekhuis sukkel soms om te blog, en dan skielik gaan daar weer ‘n liggie aan – dankie vir die mooi woorde, jy weet dit bly maar salf vir die ou siel. Ek dink soms karakter word seker nie net gevorm met opvoeding soms is daar genetiese oorwerwing ook tersprake – dit is nou wanneer dwarsgeite toegeskryf woord aan die voor- familie ,ha ! Jammerhartigheid is sy seker maar hier gevoer so lepeltjiesgewys saam met Nestum.
LikeLike
He he, ja jong. Mens hoef ok nie alles te moet bewys waar dit vandaan kom nie. Wat die blog betref gaan dit hier ook so. Skielik kom daar so n gevoel of idee op en dan moet dit maar net gebeur. (Soms vat dit tot weke om te wil gebeur)
LikeLiked by 1 person
Ja, ag ek wens ek kan ook so ‘n goeie voetdokter raakloop. Ingroeitoonnaels kan ‘n mens se lewe versuur, so nes asof ouderdom self nie genoeg is nie. Dis lekker om iemand te ontmoet wat so bly is oor haar dogter as wat ek is oor myne – ek raak eintlik vreeslik vervelig as ek oor my dogter begin gesels. Dis net, sy is so dêm oulik.
LikeLiked by 1 person
Kinders bly kosbaar en om kinders te kan hê, is groot genade.
LikeLike
Wonder hoeveel mense lewe rêgtig die gawe wat God in hulle gesit het uit. Jou dogter lewe haar gawe, en dit is wonderlik om dit te hoor. Dankie vir die vertelling, puik soos altyd. Kannie help om oor daardie beentjie wat met ‘n tweezer uitgehaal is, te glimlag nie.
LikeLiked by 1 person
Lees vanoggend op haar podiatrist blad ” I love it when a wound comes together” net voetmense wat vreugde put as gate heel. Ons is dankbaar oor haar medemenslikheid.
LikeLiked by 1 person
Tawwe mense daai! Die legendariese Van Helsdingens se kaliber!
LikeLiked by 1 person
Ek het gehoor sy kry selfoonfotos van sy voet en tot sy in agtergrond die groot bottels bier sien… toe word hy getref met erge skrobering , as mens se voet al wil afval…moet jy beslis nie weer terugval alkohol toe nie- en dan kry hul swaar ???
LikeLiked by 1 person
Fantasties geskryf, fantastiese werk, maar regtig, hoe GRIL EK NOU!
LikeLike
Dankie vir die kompliment oor die skryf..ek waardeer opreg. Die kind is destyds getoets , Voete of Odiologie.. sy wou eerder Sielkunde – voorligter /toetser , het genoem soms moet jou keuse val op skaarser beroepe . Soms verstom mens jou ook maar in stilte oor kinders se beroepskeuses.
LikeLike
Dis so ‘n mooi storie, dit was lekker om hom weer te kees.
LikeLike
Ek raak deesdae sentimenteel oor ou skrywes! Dankie vir die herlees.
LikeLiked by 1 person
Ek sien om een of ander redes nie jou skrywes in my reader nie, ek weet nie hoekom nie, ek is tog een van jou volgelinge. Dit is baie simpel, so ek weet nie altyd hoe om by jou goed uit te kom nie. Daarom was dit so lekker toe ek hierdie op jou facebook sien.
LikeLiked by 1 person
Ek moes destyds hierdie een getag het maar nie toe daarvan geweet nie. Merkwaardige verhaal deur merkwaardige skrywer. Had ek maar die tweezer gehad om hierdie verhaal raak te vat
LikeLiked by 1 person
Soms kry ek onverwags trane in my oë , en dit oor ;n kommentaar soos hierdie. Die oude vrou van die Hoekhuis wens tog so die bloggogga skrop weer nes… Nietemin, opregte waardering vir jou lees en kommentaar. Groetnis
LikeLiked by 1 person
Drukkie
LikeLiked by 1 person