Woorde

Liewe Mia

Ek het vandag vir jou Mamma vertel, jy gaan definitief hou van sing of ritme of iets musikaal. Ouma is sommer uit haar vel uit van blydskap as jy jou boudjies so wip-wip wanneer  ek ‘n liedjie begin sing.

Toe jou Mamma en Oom Pieter klein was, het hul  by ons radiogram gesit , elkeen by ‘n luidspreker. Hulle het baie stories geluister , veral  na Pieter en die Wolf deur  Serge Prokofiev. Ag hul het dit so verskriklik geniet, al die opwinding elke instrument wat ‘n dier of mens naboots.

Ek gaan vandag spesiaal vir jou hierdie skakel aflaai ,ek weet as jou Mamma daarna luister gaan sy onthou van kleintyd oor teen die luidspreker. Ek hoop sy gaan spesiaal vir jou die cd koop of dalk word klank anders afgelaai as jy grootgenoeg is om hierna te luister .

Ouma wou eintlik vir jou vertel sonder boeke (in watter vorm ookal) en musiek sal die wêreld sekerlik vaal wees.

Geniet die klank, liewe Mia kindjie. Liefde van Ouma en Oupa.

Advertisements

9 comments on “Liewe Mia

  1. Tannie Frannie
    Februarie 12, 2015

    ‘n Kind met ‘n liefde vir musiek en ‘n sin vir ritme is so ‘n vreugde. Ek glo graag ons oumas help daarmee!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 13, 2015

      Hierdie klein Juffrou gaan sekerlik eendag alt sing! Hie hie ..so blêrtjie!

      Like

  2. scrapydotwo
    Februarie 12, 2015

    Musiek is beslis belangrik. Dit kalmeer, wen op of is sommer net ontspannend. Pieter en die wolf was/is ook baie gewild by my

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 13, 2015

      gister het ek en Mia so baie liedjies gesing, toe kom die onthou van die leer van instrumente en klank in Pieter en die wolf

      Like

      • scrapydotwo
        Februarie 13, 2015

        Wys jou net. Selfde met die neerskryf van dinge oor my eie grootword. Sodra mens begin dink of sing volg die volgende dit sommer so in die verbygaan op. Dis lekker om so die liedjies te onthou.

        Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Februarie 13, 2015

    Dit neem my vêr terug!In my hart bly ek altyd kind.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 13, 2015

      Ag ek het hierdie youtube opname so geniet, daardie dirigent sketse te pragtig. Ek is bly die plasing bring warmte om die hart.

      Liked by 1 person

  4. Spokie sny spoor
    Februarie 13, 2015

    Oulike opname asook oulik geskryf! Kan in my verbeelding sien hoe die boudjies saam dans …

    Liked by 1 person

  5. Toortsie
    Februarie 17, 2015

    Musiek is ALLES! :)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Februarie 12, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: