Woorde

Dirkie se gat.

Perspektief: Vermoë om dinge in hul verhouding tot mekaar te sien.

Bogenoemde woord of handeling is nie baie gewild by die uwe nie. Hy sal agter sy kameralens staan en vra met mooi sagtheid in sy stem “Staan net daar langs die boom se stam, dat ek net met die foto ‘n perspektief kan kry hoe groot die boom is”.

Dan weet sy nie of sy dit as kompliment moet beskou nie. Hy weet sy’s kamerasku. Hy praat haar deesdae om met. ” jy kan maar met jou rugkant  na my toe staan”

Daar in die Reënwoud, is paadjies glad soos seep, en opdraand en mosbegroei. Net die fikse siele se asems jaag nie, die uwe hyg; toe hy nou so mooi versoek , staan daar vir die perspektief (ou gewoonte van hom – die perspektiewe versoek) toe is sy so dankbaar om waardig haar asem normaal te kry dat sy aan die versoek voldoen.

Sy het nog haar staan gekry.. ek aanvaar hy het met die kameralens gemik – gelukkig tog nie gedruk nie- toe sloeg sy . Skouer eerste . Knieë volgende. Sitlê sy so beide knieë in die grond en die regterskouer stewig geanker onder ‘n boomwortel. Skeef soos ‘n gevalle boomreus! Aksiefoto is nie geneem as bewysstuk nie, gelukkig het hy sy lewe lief.

Sal hy vra ” Wat doen jy vrou?” die hemele weet , ek was so na aan vloek.

Bewysstuk : Knieë bloedrooi .

: Skouer erg gekneus, van rooi na blou en huidiglik geel, van kleur.

: Spiere wat alles bymekaar moet hou in rug.. stram .

Hy wou toe nie die Perskektief kry nie, fotogewys. Sy het waardig opgestaan uit die moeras  en bemodder gestaan en opdrag gegee ” Man, neem net die donnerse foto en kry die perspektief!”

As ek na die foto kyk ..sien ek nêrens wie of wat eintlik die mikpunt was om die definisie van Perspektief daar te stel nie.

Met die verder stap oor die gladde houtpaadjie, hoor ek net so suutjies agter my van ‘n  Bordjie wat opgerig moet word.. “Dirkie se gat” glo niks te doene met haar anatomie nie.

SAMSUNG CSCSAMSUNG CSC

Wou darem noem, elke medestapper wat ons teëgekom het, het met glimlag na my nat knieë gekyk en die potswart bemodderde skouer  het darem so effe empatiese glimlaggie ontlok.

 

 

Advertisements

17 comments on “Dirkie se gat.

  1. Hanli
    Maart 1, 2015

    Glimlagek dan nou hier by myself:-)

    Liked by 1 person

  2. scrapydotwo
    Maart 1, 2015

    So onthou mens die beste avonture met n glimlag. Dit kon sleg afgeloop het. Bly jy het nie iets gebreek nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 1, 2015

      Ek is bly dit was nie by Godswindow nie.. oeg daardie loodregkranse! Nee wat my waardigheid het maar ‘n knou gekry, gelukkig was dit net ons 2 siele op daardie oomblik..

      Like

      • scrapydotwo
        Maart 1, 2015

        OOk maar goed ne

        Liked by 1 person

  3. monicahaddad01
    Maart 1, 2015

    Ja wat ons moet maar partykeer af kom aarde toe :-)

    Liked by 1 person

  4. Toortsie
    Maart 1, 2015

    :) Dirkie se gat. :)
    My broer baklei oor my ma se gat. Toe my pa oorlede is, het hul ‘n dubbelgraf gekoop. Pa is in sy graf begrawe. Maar my ma wil veras word. Intussen is ons broer dood en veras, en sy as is ook sommer daar by pa ingesit. So nou kan ma ook mos maar veras word en daar iewers ingesit word, en boeta begrawe word in ma se gat. :) Hoe’s daai? Die hele ou familietjie bymekaar. En as sy vrou ook daar begrawe wil word, moet sy maar bo-op hom lê, of onder, afhangende van wie eerste gaan…
    Klink na oorbevolking, as jy my vra!

    Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel
    Maart 1, 2015

    Hemel toggie, bly jy het nie seergekry nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 1, 2015

      Swaartekrag versus nat grondoppervlak is neukery, nee wat soms stamp mens, mens se toon seerder teen meubelstuk. Ek spot darem nog met die val dan is dit nie te erg nie, nê!

      Liked by 1 person

  6. Spokie sny spoor
    Maart 2, 2015

    Aardeland! Jul moet tog asb versigtig wees. Ek dink jy kon baie seergekry het. Ek trek gewoonlik maar stewige skoene (tekkies) aan as ons Magoebaskloof toe gaan.
    Maar – oulike geskryf.

    Liked by 1 person

  7. Xena Phoenix
    Maart 2, 2015

    God’s Window?

    Dan is ons bure!! Ek het voor by die rotse grond gekoop. ‘n Behoorlike stuk. Ek is verbaas daar het vir jou ‘n stukkie oorgebly om te kry.

    Liked by 1 person

  8. Kameel
    Maart 5, 2015

    Soos my ma sou sê “O my gatta!” Ek is jammer oor die val Dirkie maar dit het weer vir my so humoristies geklink soos daardie dag toe jy jouself uitgesluit het en op jou knieë die sleutels probeer bykom het. Vertrou jy is een van die dae weer eenkleurig ;)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 5, 2015

      Jinne ek moet daai blog soek.. van die sleutels.. ek het steeds seer skouer so gelerig.Ek glo daar is niks so goed as om vir mens self te lag nie..al is dit so agterna! Dankie vir jou kuier.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 1, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: