Bloggers het ook die probleem, veral die uwe.
Hoekom?
Voorheen het gedagtes in ‘n sin hulle kom tuismaak, soms het die idee my so gepla dat ek wraggies in die nag lê en dink het oor ‘n blog – nie meer nie…
Weg soos mis voor die son.
Het darem gedink aan skrywers wat moet skryf om den brode – wie ookal die brood verskaf – dit moet seker een van die mees wroegendste ervarings wees.
Miskien moet ek ook by die venster uitkyk, die raad van een of ander slim skrywer, daar is glo altyd ‘n storie .
Ek kyk.
Moch het troffe!
Dit gebeur met my ook.Miskien is dit omdat mens soms emosioneel afgestomp raak en dan maak niks mens weer opgewonde,kwaad of hartseer nie.
LikeLiked by 1 person
Niks is ook snaaks nie.. ek kry nie eens ‘n sin met uitroepteken gebou nie.
LikeLike
Dit sal weer regkom.Hou net moed
LikeLiked by 1 person
Daardie skrywersblok kan selfs meer as n week aanhou hier by my totdat daar skielik weer n gordyn oopgetrek word en ek kan weer die prentjie buite die venster sien. (Ek haat dit as dit so is, frustreer my tot in der ewigheid!) Hoe harder mens ook probeer hoe minder sukses is daar.
LikeLiked by 1 person
Amen op daardie een.
LikeLike
Wanneer sien ons weer vir kleine Miatjie? Ouma is maar snoep met die vertel en fotos.
LikeLiked by 1 person
Hoop sy gee 2tand glimlag dat ek daaroor kan blog maar sy’s suinig- loer maar op my fbook vir onlangse fotos.
LikeLike
Ai ja, dit druk maar hier by my ook.
En ek stem so saam met wat Perdebytjie sê.
Ek soek nog my venster…
LikeLiked by 1 person
Hang seker af watterkant van die huis die venster is – bywyse van spreke! Ag wee! My Ou blogskrywes van jare gelede gaan lees, sommige so bedroewend sleg minstens het ek darem geblog.
LikeLike
Ja as ek dink ek het op ‘n staduim ELKE dag geblog.
Jinne, waar het ek al die woorde gekry!
Maar darem is ons nog hier Dirkie!
LikeLiked by 1 person
..en ons lees ander bloggers se blogs en kyk na al die mooi fotos.
LikeLiked by 1 person
Moenie daaroor wroeg nie – die muse kom weer – ongelukkig net op sy eie tyd:-(
LikeLiked by 1 person
Sterk oorweeg om vir 7 dae net een vreemde woord te blog.. vreemd is ook seker ‘n relatiewe begrip!
LikeLike
Wel, skrywersblok of te nie… dit het goed gegaan!
LikeLiked by 1 person
??
LikeLike
Ja – soms raak mens net heeltemal stomp. Afgestomp. Maar ek sien Toortsie hul het goeie idees waaroor hul skryf. Elke dag ‘n nuwe uitdaging. Dalk moet jy soek na ‘n heel ander onderwerp. Ek is natuurlik bang vir myself, kan baie gou verveeld raak met iets … soek dan weer nuwe uitdagings. Maar blog nog lekker op hierdie stadium …
LikeLiked by 1 person
Ek lees altyd by Toorts, en het al probeer om uitdaging onderwerp te gebruik- gits niks klink skielik reg nie. Sal steeds die liggie voor in die wapad dophou en die hoop beskaam nie . Dalk is ek lui!!
Ek is nietemin bly jy blog , doe so voort! (Wat neuk ek so met die Nederlands!)
LikeLiked by 1 person
Ek sal dIt nie, in my geval, ‘n skrywers skrywersblok noem nie, want ek is geen skrywer nie, dalk eerder ‘n klip op my hande en verstand. Dit kom seker elkeen oor. Hoop jy kom gou daaroor.
LikeLike
Ek geniet altyd jou blogs Danie, sien Lewies is ook skaars deesdae.
LikeLike
A-nee-a trek net daai bondel strykgoed nader
LikeLike
..neeee!! Daardie een werk nie meer nie.
LikeLike
Dis jou eie skuld want dit was altyd die wonderlike inspirasie
LikeLiked by 1 person
Dink nie jy moet jou hoegenaamd daaroor bekommer nie! Dit sal sekerlik weer verander.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van die idee van vreemd dan kan jy bietjie foreign praat met ons :-D
LikeLiked by 1 person
Haha!!
LikeLike