Woorde

Liewe Mia

Jy het intussen al nege maande oud geword.

Ook het jy intussen sommer twee tande gelyk, ryker geword. Ek het gedraai met die briefie sodat ons darem ‘n effense glimps kon kry van dié twee tande.  Tandkry is nie grappies nie..dit kon ek sien as jou Mamma in die oggende hier kom met sulke hangogies,foeitog!

SAMSUNG CSC

Dit bly die lekkerste al die nuwe dingetjies wat jy al doen. Van vrolik gil as jy Oupa sien tot die lekker wip-wip saam met die liedjies wat jy hoor. Ouma hou elke keer haar hart vas as jy soos ‘n regte klein jaagduiwel met jou 4×4 loopring die gang af storm. Julle stomme ou veterhondjies hardloop soos resieperde vooruit – duidelik is hul ook maar lugtig vir jou ‘wiele’!

Ons was met vakansie  . Daar in Sabie het Ouma op dié spaarvarkie afgekom. Dit is van Papiermaché gemaak en agterna geverf deur ‘n Swazi kindjie.

mia spaarvark1 aen onder die spaarvarkie is sy naam deur sy juffrou geskryf.

mia spaarvark bEk hou baie van Bongiwe se varkie. Ouma het vir Mamma en Pappa gevra dat hul tog gereeld vir jou ‘n spaargeldjie daarin gooi.  Ouma sal ernstig met hulle twee moet praat-  klink my daarvan het nog dadels gekom. Ouma het nou regtig nie gedink jou Ma en Pa gaan die varkie se geldinhoud aanvul met IOU’s nie. Ouma was geskok! Glo vir Ouma , met daardie twee sal ek ernstig  moet praat, gmf.. IOU!! Ouma sal nou nie waag om vir jou die storie agter die storie van dié iou te vertel nie.. neeee!! , hulle sal eendag vir jou verduidelik! Skuld, skuld hul heelwat in Bongiwe se varkiemagie !

Mia, Ouma hoop regtig jy begin binnekort te  kruip, jy mik-mik deesdae . Die  bene wil  nog nie  waag om op die hande viervoet kniel-posisie te  kom nie. So versigtig soos wat klein babas begin kruip so versigtig raak jou Ouma ook deesdae om te loop, val deesdae sommer oor my eie voete.

Ouma wil net vir jou die versekering gee..elke keer as jou gesiggie so ophelder van blydskap as jy vir Oupa sien..dan is dit die naaste aan Hemel op aarde vir Oupa. Ouma sien die sagtheid in sy oë. Ek hoor die teerheid in sy stem. Deesdae hoor ons ook sommer jy kan al Oupa sê al wonder Ouma bietjie oor daardie moontlikheid.

Ons is baie lief vir jou Mia kindjie.

 

Van Ouma en Oupa.

Advertisements

19 comments on “Liewe Mia

  1. perdebytjie
    Maart 16, 2015

    En om te dink julle was so bekommerd toe sy bietjie vroeër gebore is!Kyk nou net wat ‘n skatjie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 16, 2015

      Baie baie gestres, veral bekommerd oor die mamma se bloeddruk en natuurlik toe ons ook nog moes hoor dat Mamma blootgestel was op een of ander stadium tydens swangerskap aan Rubella, al was sy daarteen inge-ent . Dan bly mens net ongelooflik dankbaar vir die genade van ;n gesonde Mamma en gesonde baba.

      Like

      • perdebytjie
        Maart 16, 2015

        Gelukkig het alles mooi uitgewerk.

        Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie
    Maart 17, 2015

    Ooo, ek geniet hierdie briewe! Daardie eerste tandjies wat soos ivoorkasteeltjies pryk, is net te pragtig.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2015

      Wil so graag wye tandewys glimlag kry.. die tong word deesdae so dwarsgedraai , bevoel die tande.

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Maart 18, 2015

        Dis eintlik skrikwekkend, hoe vinnig hulle ontwikkel en hoe die tyd verbyvlieg.

        Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel
    Maart 17, 2015

    Wat ‘n pragtige briefie van ‘n liefdevolle ouma. Mia is te skatlik. Jy het my nou laat dink aan die IOUs wat ek een Moedersdag lank gelede ontvang het. Ek hoop hierdie beloftes vir die spaarvarkie se magie word gehou!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2015

      Die kind sal amper kar Universiteit toe kan koop as hul so volhou met die skuldbriewe!! ha ha..

      Liked by 1 person

  4. Net Ek
    Maart 17, 2015

    Sjoe die tyd vlieg darem!

    Sy is te pragtig!

    Liked by 1 person

  5. monicahaddad01
    Maart 17, 2015

    Ai ek lees altyd so lekker hier; ‘n lag en dan weer ‘n traan dan weer ‘n lag……

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2015

      So leef die mensdom die lewe- altyd variasie op ‘n tema. Dankie vir jou saamlees Monica.

      Like

  6. coetzee2014
    Maart 17, 2015

    Hulle word net té vinnig groot!

    Like

  7. rondomtaliedraai
    Maart 17, 2015

    Ai dis darem ‘n lekker brief Ek hoop jy bêre hulle darem vir haar? Dit gaan ‘m kosbare erfenis wees.

    Lekker om jou hier te sien

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 17, 2015

      Weet jy ek sal seker moet backups maak, niks is gestoor nie. Tina ek lees darem heerlik aan almal se blogs, my woorde wil nie eens met strykwerk , rigting kry nie. Seisoenverandering.. Herfs.

      Like

  8. scrapydotwo
    Maart 18, 2015

    Daars hy of sy eintlik! Ha, lyk of Mia net meer en meer gelukkig word en dan die twee grootouers se liefde en geluk kan mens ook aflei. Mia is n skatjie met haar twee wegkruip tandjies.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 18, 2015

      Kruip is so naby , dink dan gaan alles binne raak afstand bevoel word.

      Like

      • scrapydotwo
        Maart 18, 2015

        Ja, dan is dit eers heerlik om die gesiggie te sien ophelder en natuurlik die ekstra geluidjies ook te hoor

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 16, 2015 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: