Woorde

Byklanke

Klank is vir my meer opvallend in die Herfs.

Miskien is die duiwe meer aan’t koer.

Die sagte klanke van allerhande voëls meer hoorbaar.

Goed vir die siel.

Ander klank is ook hoorbaar…

Soms in die laatmiddag hoor mens ‘n enjin vanaf die  onderpunt van die straat  opgestorm kom, tot by die Hoek van die Hoekhuis.

Die Blou Jetta.

Die Blou Jetta wat se revolusies opgewerk word tot grootse hoogtes.

Hy brul ten Hemele . Hartklop  hoorbaar. Loep-dup loep-dup – die musiek ritmies tesame met enjin se revolusies.

Hy stop by die Hoekhuis se stopstraat.

Trek weg met spoed, skakel oor na volgende rat! Dan val alles plat . Van iets het niets gekom. Al die opblaas van moontlike vermoëns het stille dood gesterf. Die stomme Jetta probeer . Die formidabele drukvlerk help boggerol.. Die man agter die stuurwiel sit diep in sy sitplek. Pet styf ingetrek oor sy kop. Die rook draai. Gunston sonder filter. Die Jetta al hoesend tesame om die draai.

Dit word kwart oor vyf en ‘n 4×4 voertuig met sleepwaentjie met vensters kom verbygejaag. Die pasasier ‘n blaffende vrolike waghond..klaar opgepas wat hy moes, oppad huis toe.

Elke middag.. die ouvrou oppie hoek kan byna haar horlosie stel met die blaffende klank van  verbyganger.

By die Hoekhuis begin die blarereën.

herfs meyerfelix foto(Foto Meyer Felix)

Advertisements

8 comments on “Byklanke

  1. Spokie sny spoor
    Maart 18, 2015

    Pragtige foto by die vertelling! OUlik.

    Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Maart 18, 2015

    Sjoe dis ‘n mooi foto… jy kan met my ruil vir ‘n paar maande … hierdie bouperseel kan jou lawaai binne 5min klop Sterkte

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 19, 2015

      Net die Jetta lawaai ..hier is so brullende motorfiets ook wat so hoes.. en sy bestuurder , wat nie hoes nie- verder lawaai niks nie. Sou graag klankbrekers wou kry so straatkant verkeerklanke.

      Liked by 1 person

  3. scrapydotwo
    Maart 19, 2015

    O die lawaai in die straat. Hier is ook sulke ekstra lawaai-volle geraas sekere tye. Soggens 6:30 skakel n ou sy onderaards brommende motor aan, laat dit loop vir minstens 5 minute voor hy met n gebrul wegtrek. Sewe uur kom trein verby, hoor hom van ver al aankom tot hy met gevoel teen bult verby snel om by stasie te stop

    Liked by 1 person

  4. Kameel
    Maart 19, 2015

    Ek ruil jou die Jetta, vir ons bure se keffende honde.
    Behalwe dat my seun nou nie ‘n Jetta gery het nie, klink dit soos hy wat daar by jou huis verbyry…. ek praat nou van in sy jongdae. Jy kon hom hoor aankom met die gedoef, doef van die musiek.
    Skoon hartseer om te dink een van die dae word die Viginia Creeper se blare rooi, en dan val hulle ook alweer af. Nog ‘n seisoen verby.

    Liked by 1 person

  5. carolredelinghuys@Losbek
    Maart 21, 2015

    En op ‘n Woensdag die trollieslepers op soek na herwinbare materiaal

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 18, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: