Woorde

Naasteliefde

Soms stap hier pasiënte in. Sonder afspraak. Hopend dat hul gehelp kan word. Die nood hoog en pynlik, soms kloppend. Soms gebeur daar iets so kosbaar soos medemenslikheid  een laat herfs Maandag middag,  dat jou geloof sommer ‘n hupstoot kry tussen al die moord en ellende.

Gistermiddag het die bejaarde dame hier ingestap vergesel van ‘n begeleier.

Hulle ken mekaar van geen Adamskant nie.

Sy het haar lot staan en bekla by ‘n Apteker oor haar  soolvrat. Pynlik, voel naderhand soos ‘n doring waarop jy trap . Sy word aangeraai om afspraak te maak by die vrou wat met voete en op voetsoolvlak met mense werk. Sy herhaal weer die probleem aan Apteker. Apteker verduidelik weer die roete na die huis op die hoek . Die dame herhaal weer die ongerief en die roete word verduidelik.. en na herhalende klagte word die kluitjie by die oor gebring  veral nadat sy ewe plegtig verklaar dat sy en Alzheimer onbetwislik vriende is.

Die een kliënt , wagtend vir voorskrif, beluister die klagte in stilte. Hy besef sy sal nooit met haar siektetoestand hier uitkom nie..Alzheimer bly erge doring in haar vlees.

Hy bied sy hulp aan. Hy sal saam met haar ry . Hy ken die Oom op die Hoek . Sy vrou het saam met die Oom van die Hoek gewerk. Miskien was sy vrou dalk ook  ‘n besoeker . Miskien was hý dalk ‘n besoeker..hy is bewus daarvan dat  die Oom se dogter werk met voete.

Hul stap hier vrolik geselsend in. Hy verduidelik aan die Voetevrou. Die pasiënt beaam. Hy verseker die dame met die Alzheimer in haar wese , hy sal wag, hy sal saam met haar ry  tot by haar huis ,sy hoef nie bekommerd te wees nie.

Die Voetevrou behandel. Hulle twee , sy en die dame gesels soos ou vriende, al ken hul mekaar ook nie van Adamskant nie. Sy beluister maar al die herhalings van stories of alles nuut en vars gedruk is .

Klaar behandel, wag haar getroue begeleier geduldig vir haar.

Hy vertel vir die Voetevrou , hy ken die Oom via sy vrou en hy’t  die oom se dogter se beroep onthou en hy het gesien hy moet help  en hy wou graag help.

Hul stap uit.

Sy vier en regop ..die gryskop dame  en haar persoonlike speurder. Sy ry vooruit ..hy volg . Haar man het later gebel , met al haar persoonlike besonderhede.

Het ek genoem dat sy wit was en hy swart ? Die Pasiënt en die Speurder.

……

Nou lê die dogter se Ma wakker, drie uur in die môre – haar en verknies ..sê nou die vrou raak weg! Sê nou daar is nie weer ‘n Speurder byderhand nie.

 

 

 

 

Advertisements

21 comments on “Naasteliefde

  1. scrapydotwo
    Maart 24, 2015

    Dit wys dat daar beslis n Hoër Hand is wat beskerm en uitkoms gee. Dis wonderlik dat die “speurder” so menslik was om om te sien na die dame met die “doring” nie net in haar voet nie maar in haar binneste ook.
    Weet jy , die dankbaarheid van sulke mense wat jy help maak dit meer as die moeite werd om te help. Dankie dat jy die episode gedeel het.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Maart 24, 2015

      Eintlik is dit my dogter se beroep , Podiatrist. Dese Ma antwoord telefone en doen afsprake en ruil babadoeke en maak praatjies met Mia.. voordeel van telefoon wat binneshuis is en nie buite by spreekkamer nie, dan kan ek sommer twee vlieë met een hou klap..nie dat Mia nou die vlieg vergelyking nodig het nie.. seker vuurvliegie – Giegie…

      Liked by 2 people

      • scrapydotwo
        Maart 24, 2015

        Ha ha ek sien die prentjie

        Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie
    Maart 24, 2015

    Ai, Dirkie – toe ek my inskrywing oor deernis kom pos, sien ek joune… Nou kan ek kwalik deur die trane sien…

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Maart 24, 2015

    Wys net hoe mense tóg vir mekaar omgee.Ons hoor net altyd die bose stories.

    Liked by 1 person

  4. benvanbruggen
    Maart 24, 2015

    Pragtig

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 24, 2015

      Dit doen my hart goed as ek kommentaar te lese kry van benvanbruggen, dankie.

      Like

  5. Spokie sny spoor
    Maart 24, 2015

    oepsie – dis eintlik ‘n mooi verhaal.

    Like

  6. de Wets Wild
    Maart 25, 2015

    Daar is meer welwillendheid en goedgesindheid tussen die mense van hierdie land as wat die politici en koerante ons wil wysmaak.

    Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Maart 25, 2015

    Sjoe, ek kry hoendervleis. Wat ‘n verskriklike mooi storie. Hier is so baie mooi in ons land, dankie dat jy dit gedeel het.

    Liked by 1 person

  8. monicahaddad01
    Maart 25, 2015

    Nou’s ek ook sommer tranerig…..

    Liked by 1 person

  9. Kameel
    Maart 25, 2015

    Wat ‘n wonderlike wêreld sou dit nie wees as ons almal hierdie voorbeeld wou navolg nie. Dankie vir die deel Dirkie… dit gee ‘n mens sommer weer moed.

    Liked by 1 person

  10. carolredelinghuys@Losbek
    Maart 27, 2015

    Engele deur die Here op mens se pad geplaas… kleur is nie hier ter sake nie

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 24, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: