Woorde

Het jy al van haar gehoor ?

As jy  liefhebber  van Harpmusiek is,  mag jy dalk van Lavinia Meijer gehoor het.

Volgens my Geliefde, is almal nou nie juis gaande oor Engeltjie musiek nie.  Ek het via Classic Fm se facebookblad van haar te hore gekom. Ag die wonder van youtube! Ek het gaan kuier op haar blad en hierdie gedeelte gekies- Nuvole Bianche geplaas.

Besondere video.

Ek lees dat sy onlangs nuwe cd uitgegee het – Voyage.

Lavinia_Meijer_by_Jonas_Sacks-7243

Hoop iemand geniet hierdie musiek, passend by die reënweer ..

14 comments on “Het jy al van haar gehoor ?

  1. benvanbruggen
    Maart 26, 2015

    Ek weet van geen manlike harpis nie. n Beperkte instrument, dink ek. Kruis tussen n klavier en n gitaar, sonder die beste eienskappe van ieder.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 26, 2015

      Miskien sal die musiek ook meer aanklank vind by vroue.. vir my werk hierdie kruisbestuiwing wonderlik. Baie dankie Ben vir jou mening , altyd goed om te lees.

      Like

  2. Spokie sny spoor
    Maart 26, 2015

    Pragtig. Harp- en fluitmusiek is altyd spesiaal vir my.

    Liked by 1 person

  3. Kameel
    Maart 26, 2015

    Vandag foeter die internet, alles draai, en draai net. Wou darem net sê ek het kom inloer. Mooi dag vir jou.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 27, 2015

      Dankie Kameelm ek het begrip vir daardie draai om sy eie as .. frustrasie! Mooi naweek vir jou.

      Liked by 2 people

  4. rondomtaliedraai
    Maart 26, 2015

    Dis pragtig

    Like

  5. pienkpantoffels
    Maart 26, 2015

    Dis besonders mooi!

    Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    Maart 27, 2015

    Pienkpantoffels. ek is altyd verskriklik bly as ek jou sien .. en lees. Wonderlike naweek vir jou

    Like

  7. scrapydotwo
    Maart 27, 2015

    Pragtig. Se mos dis soos n kabelende stroompie rustig en strelend. Die Japanese meisie/stdent het dwarsfluit gespeel. Sy het haar fluit saam gebring. Ek is spyt sy het nie kans gesien om te speel met die vaarwel seremomie nie. Sy speel werklik baie mooi. Sy is in n “brass band” by die huis.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 27, 2015

      ,,ek het na die video gekyk veral na haar skoentjies – toe dink ek waar was die dae , nou is ek so dankbaar vir skoene wat gemaklik sit.

      Like

  8. carolredelinghuys@Losbek
    Maart 27, 2015

    Ek hoor dat dit baie moeilik is om ‘n harp te speel

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Maart 26, 2015 by in musiek.

Blog Stats

  • 36 509 hits