Woorde

Anderman se blyplek

Soms kuier ons naweke iewers waar ons kan rondkyk en rondry en  oorslaap. Die voorafkyk na slaapplekke altyd lekker . Druk die knoppie op hul advertensieblad en jy kan so deur die Gastehuis of Selfsorgeenheid stap – vertrek vir vertrek. Natuurlik begeer ek suutjies om van een of ander vreeslike luukse hoë prys  verblyfplek te kan gebruik maak.  Kyk, begeer, los, as jy in elk geval dit nie kan bekostig nie.

Ek besef as jy nou in Afrika is dan slaan die Afrika-voorkoms baie deur. Veral in Bosveld/ Wildtuin -behuising.  Ek wens net die mense wil  koeler kleure gebruik. Die hemele weet as ek  sweet op my bo-lip droogtik,  na paar treë se stap, dan is dit blitswarm. Ek wil nie onder die hoë grasdak met ‘n dakwaaier wat gier-gier-gier op ‘n bed lê,  met bedekking van een of ander donkerbruin skakering nie of Zebra of Leeukoppe wat vir my so moeg aanstaar nie.  Nou moet ek toegee mens mag nie veralgemeen nie en roomkleur kan seker ook afgemat lyk.

Het jy al ondervind met die instap, daardie binne-rondawel/chalet reuk. Altans dié waar ons soms moes oorslaap. Ek weet jy kan nou nie ‘n geurkers brandmaak nie, wat van so ‘n kamerverfrissertjie? Hulle is bewus dat Chalet nr dit en dat , gaan tussen 2.00nm en 7.00nm gaste kry. Spuit maar so bietjie linneverfrisser op die gordyne.. daardie bakke met die houtreukballe kry dalk voete, dalk nie. Nogal gewonder hoeveel verliese word ervaar ..kussings – handdoeke .. eetgerei, glase!

Ek geniet dit om die resensies  by verblyfplekke te lees – skud ook maar my kop oor sekere klagtes. Musiekagtergrond assseblief -en óf – al die TV kanale ,( ek dag mens wil juis wegkom van TV kanale of -Whiskey glase by jou voorraad glase asseblief , miskien is dit haalbaar onder die Whiskey drinkers. Ek het gelees iemand kla oor water wat nie warm was nie.. wel daar waar ons was, kon jy skaars jou hande afspoel – blits-gevaarlik-warm! Klagtes oor die aantal toiletrolle en die vellaag .

Ek spot altyd as ek taspak is die pilletas eerste wat gepak word, deesdae kyk ek of daar ‘n stort beskikbaar is by  oornagplekke.  Mense,  ek het al storte beleef wat my na aan die Paradys laat voel het, daarteenoor moes ek ook al met angs my been  oplig oor ‘n badrand met binne-in die badstort. Dit is nou die neukery met ‘n rug met skroewe – jy kan bad..skroewe of de not . Probleem of ongerief – been oor badrand, want die uwe se been wil deesdae nie meer gelig word op badrandhoogte nie.. dan moet jy afdaal versigtig so al klouend . Tog asseblief nie gly en val nie. ..Dan as jy jou in die hemelse badwater insink met luukse badgeur omgewe  -wat jy saamgebring het-  word die badwater  later uitgetap ..sit jy en oorweeg óf jy skree vir hulp óf jy gaan maar op jou knieë ( dit het niks met gebed te doen nie). Op jou knieë, jou greep na iets om jou optehys. Wonder jy skielik wanneer het jou armspiere so swak geraak vir die opdrukslag of was dit moontlik die ongevraagde massa toename? Swaai nou jou been oor die badrand..so versigtig moontlik , die angsweetjie weer voelbaar ! Nee wat kort en kragtig – soek ‘n stortplek. Daardie buitestorte ..dit het ek nog nie ervaar nie- lyk altyd so mooi die advertensie met die jonggesiggie opgerig na daardie watersproei!

Die kuier was heerlik .

 

Advertisements

15 comments on “Anderman se blyplek

  1. carolredelinghuys@Losbek
    Maart 27, 2015

    Ek kyk ook … ‘n stort is ‘n moet. Hoe ouer mens word, hoe kieskeuriger word mens oor jou blyplek, Ek wil nie gaan staan en sukkel as ek op ‘n ander plek slaap nie

    Liked by 1 person

  2. Kameel
    Maart 27, 2015

    Ek kan die prentjie van jou in die bad sien Dirkie, vergewe maar weer die glimlag ;) Hierdie paar lang bene van my het tog ‘n voordeel, trap sommer so woerts oor ‘n bad se rand. Maar ek voel ook daardie opdruk om uit te klim begin sy tol eis.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 27, 2015

      Daardie badsessie was spesiaal vir jou ingevoeg..geweet jy gaan dit prettig vind..giegie !!

      Liked by 1 person

      • Kameel
        Maart 27, 2015

        Ek is so bly!!! Ek lief hierdie prentjies wat jy optower wat my soveel vreugde verskaf.

        Liked by 1 person

  3. pienkpantoffels
    Maart 27, 2015

    Ja, ek is maar ‘n ‘comfort junky’, hou nie daarvan as goed nie reg is nie. Vat my eie kussings ook sommer saam. Ek haat plekke se kussings wat so fluister in mens se oor … en ek verkies beslis ‘n stort.

    Like

  4. Lewies Mymer
    Maart 27, 2015

    Ek hou daarvan om in gastehuise of chalets oor te slaap, veral na ‘n lang rit op ‘n warm dag. Braai ‘n tjoppie, drink ‘n koue bier en jy is reg vir die res van die reis, vroegdag op die pad!

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Maart 27, 2015

    Jong daardie buitestort is vir my ‘n hoogtepunt.As daar een is,beproef ek hom,winter of somer!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 27, 2015

      Hopelik is dit warm water!

      Like

      • perdebytjie
        Maart 27, 2015

        Moet warm wees!Ek hou ook nie van koue water nie.

        Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Maart 27, 2015

    Ek hou van luukses … sug… ok ek het ook nie geld vir sulke goed nie

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 28, 2015

      Dit is so lekker om dit te bekyk.. ag as mens heeldag rondry dan is ‘n goeie bed en heeerlike warm stort ook voldoende. Sommige pryse is deesdae soos huispryse.. dit het ook drasties verhoog .

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Maart 28, 2015

        Mense het met die sokker oorboord gegaan en kan dit nie volhou nie

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 27, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: