Woorde

Wie ore het laat hom hoor…

Sy is doof . Die een oor suis soos die oseane  die ander oor moet deesdae met meer konsentrasie  luister. Dié raak oorwerk en begin ook al wonder oor woordklanke.

Gisteraand gaan die oude vrou , van die Hoekhuis vroeër kamer toe. Luister en kyk programme op die kamer Tv stel. Dingetjie in die regteroor.

Die neukery van so skuins-sit-lê en Tv kyk is  gouer lomerig raak. Skakel Tv af, bedliggie af, draai op die sy en word eers wakker van die Dik hondjie se tjwie-tjwie in haar ore…

Staan op, morrend oor vroegoggend se pissende hondjie. Alarms af sluit oop , hond gelukkig en twirtsend teen grashalms en struik .Sy stap kombuis toe,  maak vroegoggend koffie vir haar en haar Geliefde .

Sy staan en staar na die Koffiebeker met die woorde ..en wonder oor die regteroor . Dié voel skielik swaar . So asof daar gewig in is. Die gesuis nie so duidelik nie, sy vryf haar oor…toe vind sy die gehoordingetjie steeds in haar oor.

Dit werk só ..saans haal jy dit uit, jy maak dit oop daar waar batterytjie ingeplaas word, anders luister die hoordingetjie deur batterye voorraad – onnodig . Dit word geplaas  in sy eie kassie..kompleet soos brilhouer.  Amper soos ritueel van jare terug van valstande in ‘n glasie..genadiglik is dít die ouvrou van die Hoekhuis gespaar.

Nietemin, sy het haar op haar sy gedraai en deurgeslaap tot hondetjwiettoe  met oor wat alles kon hoor. Haar drome meer hoorbaar wat haar droommense kwytgeraak het? Gmf!

Die storie met die oordingetjie… as die oor teen kussing druk maak dit ‘n kringfluit ..wat jou laat wip van die skrik.. sy het geslaap sonder hoorbarekringfluite.

As die battery pap raak ..dan slaan daar ‘n klok soos oudae se Grandfathersclock, in jou oor, sodat jy battery kan ruil ..dong-dong! Dan wip jy ook van skrik, veral as jy stil sit en dink oor dinge en onverwags tot ‘n uur geslaan word van onthou ek is pap! Sy’t niks gehoor  dong-dong nie!

Sy, die ouvrou van die Hoekhuis neuk  soms met insomnia… die lessie vandag? Gaan slaap met jou oordingetjie in .

O ja, en ek het vreeslik gedroom , beter gehoor? Onbewustelik,  beslis nie !

Jollie dag vir almal lief en dierbaar.

Advertisements

9 comments on “Wie ore het laat hom hoor…

  1. scrapydotwo
    Maart 28, 2015

    Ek weet van daardi oordingetjie met sy kringfluit en battery klokkespel. Snaaks jy het deurgeslaap. Jy was seker rerig moeg. Al die hulpmiddels wat mens aan die gang hou is heel interessant. Hoe meer dae hoe meer donge(dinge). Geniet jou naweek verder.

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Maart 28, 2015

    Ek het net so ‘n stryd met ‘n rumoerige sonbesie…daar is net mooi nooit meer enige stilte in my kop nie!

    Liked by 2 people

  3. rondomtaliedraai
    Maart 28, 2015

    O tyd ‘n mens moet maar paarkeerplek kry vir al die hulpmiddels op ons ouderdom
    Lekker gelees Dankie

    Liked by 1 person

  4. carolredelinghuys@Losbek
    Maart 31, 2015

    Ai toggie…so het elke hulpmiddel ook sy nadele

    Liked by 1 person

  5. Spokie sny spoor
    Maart 31, 2015

    Oulik geskryf! En hier wens ek vir stilte. Hoop as ek so iets nodig eendag dat hul iets uitgevind het dat mens nie drommertjies hoef te dra nie …

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 28, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: