Woorde

Die 30ste Maart

Ek skryf die blog  voortydig.

Sedert die 30ste Maart 1953 het  twee-en-twintigduisend seshonderd vier-en- veertig(22644) dae  verloop. (google wysheid).Dit laat my sommer ouer voel.

Dieselfde Kalender wat destyds in Maart 1953 gebruik is kan  in Maart 2015 gebruik word, ook ontdek op Google.

Die Verjaarsdagsteen is Aquamarine en Bloodstone en as jy nou op ‘n Maandag verjaar dan kan jy nog pêrels ook byvoeg. Ook Google inligting.

Vincent van Gogh se geboortedag was 30 Maart 1853 en nog  vele ander bekendes en dalk minder bekendes.

Ek sal, soos elke jaar sedert my Ma se oorlye, haar oproep 5 uur in die oggend mis. Toe het ek gekreun as die telefoon my wakker maak, nou sou ek  die oproep met ‘n glimlag  verwelkom het. Daardie stemme ..’Hallou Ma se ou Dogter ” en my Pa se “Hallou Girla!”

Sy het my elke jaar dieselfde storie vertel..eintlik verjaar ek eers 4 uur daardie middag..en nog  ander inligting beslis nie vir sensitiewe lesers oor  pyne – Vader weet hoekom sy dit elke keer vir my vertel het! Met moeite is jy gebaar ens … ai tog!.

Sy’t  na haar mooi wense aan my, vir my  gesing . Verskriklik mooi.

“Laat Heer U seën op haar daal /U guns uit Sion haar bestraal/U wat beveel en dit geskied/Wil Heer u seën oor haar gebied”

Hoe ouer ek geword het, hoe meer het dit vir my beteken..later het trane elke keer in my oë opgeskied.

Deesdae tjank ek maar so versie en dit oor ‘n oproep wat ek nooit weer gaan ontvang nie.

maart 1953 aquamarine

Die het ek nou nie ontvang nie, net om darem te wys hoe allerpragtig is Aquamarine.. O en ek skimp nie, dra nie juwele nie.. ‘n boek is meer as   welkom .

 

Groetnis, nou gaan ek koffie drink en trane wegsluk..

Advertisements

27 comments on “Die 30ste Maart

  1. Hanli
    Maart 29, 2015

    Ag genade, hoe verlang ek ook nou na my ma!

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Maart 29, 2015

    Sjoe,ek mis ook nou my ma!Jy moet lekker verjaar hoor.Ons twee verskil net 5 maande!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      Ag as ek maar Perdebytjie se skraelte gehad het.. my jare het gaan sit in rondborstige rondheuperigheid.. die ydelheid sou my Pa sê! Dankie vir die wense

      Like

  3. scrapydotwo
    Maart 29, 2015

    Lekker verjaar ou maat, jy moet lekker verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Die verlange om weer die stem te hoor is maar groot. Nou is dit jou beurt om dieselfde met jou dogter te doen! Mens volg maar in jou ouers se spore nê? Ek hoop jy het n heerlike dag en huil maar gerus dit verlig die gemoed.

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel
    Maart 30, 2015

    Lekker verjaar!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      Dankie Hester..stuur bietjie skoon lug hier na die Driehoek van die Vaal, sou darem groot geskenk wees , so een dag sonder lugbesoedeling.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Maart 30, 2015

        Ag ek wens ek kon vir jou ‘n botteltjie of ‘n blikkie vol inlê. Dis ‘n luukse wat ek vreeslik waardeer vandat ons hier gelandjhet.

        Liked by 1 person

  5. netjane
    Maart 30, 2015

    Lekker verjaar! My ma is ook ‘n groot verjaarsdag singer, ek huil altyd as sy bel.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      Geniet jou Ma, nou die dag bymy kind gehoor, haar ou tannie pasiënte praat altyd met weemoed oor hul Ma’s al is hulself al in die tagtig.. die wonderlike band. Dankie vir die lekker verjaar, ek waardeer .

      Like

  6. Toortsie
    Maart 30, 2015

    As ek jou tel nommer gehad het, het ek jou nou gebel, net om vir jou te sing: “Laat, Heer, U seën op haar daal. U guns uit Sion haar bestraal. U wat beveel en dit geniet. Wil Heer U seën oor haar gebied.”
    Dalk nie so mooi soos jou ma nie, maar ek kon darem probeer het. :)
    Lekker verjaar! Net die beste vorentoe.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      AG baie dankie Toortsie, ek glo jy sal net so opreg uit jou hart sing. Baie dankie vir die wense .

      Liked by 1 person

  7. Spokie sny spoor
    Maart 30, 2015

    Ai, dis so nostalgies. Dit laat my ook verlang na my ouers. Mag jou dag geseend wees, en lekker verjaar. Onthou om te vertel watse koek jy gaan eet. Jummy.
    Jou ander feite oor die stene is baie interessant.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      Dankie Spokie.. ek het heerlike Melktert as geskenk gekry by my Dierbare buurvrou oorkant die pad.. smullekker.

      Liked by 1 person

  8. monicahaddad01
    Maart 30, 2015

    Jy moet ‘n wonderlike jaar hê en nog baaaie Mia stories vertel. As jy weer verjaar hol sy al rond !

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      Dankie Monica, mensig sys roekelose bestuurder met daardie 4×4 loopring , dink sy gaan spoed hê soos haar Mamma

      Like

  9. rondomtaliedraai
    Maart 30, 2015

    Ek hoop jy het ‘n heerlike gedag gehad. Jy haal my nou vinnig in. Hoop dis ‘n baie gesonde jaar vir jou en Oupa

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 30, 2015

      Baie dankie Tina, ek dink jy is dieselfde ouderdom as my oudste broer.. jammer jy sal kortkop voorbly. Ouderdom is nie die probleem nie soms is dit kwinte en kwale wat skielik kom kuier wat nie eintlik uitnodiging gestuur het nie.. nietemin ons is dankbaar dit gaan goed ,

      Liked by 1 person

  10. Kameel
    Maart 31, 2015

    Ek is ‘n dag laat, maar ek vertrou dat jy ten spyte van die trane ‘n mooi dag gehad het. Dirkie dit is my seënwense vir jou;

    May the Lord bless you and keep you.
    May the Lord make his face to shine upon you,
    and be gracious to you.
    May the Lord lift up his countenance upon you,
    and give you peace.

    Liked by 1 person

  11. carolredelinghuys@Losbek
    Maart 31, 2015

    Ai tog ek kan net so verlang…

    Liked by 1 person

  12. Sparkle
    April 17, 2015

    Nou is ek hopeloos te laat om jou ‘n geseende verjaarsdag toe te wens. Mag jy ‘n mooi jaar he, sien uit daarna om meer van jou inskrywings te lees

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 17, 2015

      Baie dankie.. nee wat seënwense altyd kosbaar. Ek probeer die naam te onthou is jy nuwe blogger of klink dit net vir my bekend uit Litnet se dae? Nogtans baie dankie, hier skryf ek oor die siele by die Hoekhuis derdestraat links.

      Like

      • Sparkle
        April 17, 2015

        Coetzee het ook al gevra of ek van Litnet afkom maar ek was nie daar nie. Ek is al so rukkie hierso, maar mens ontdek mos heeltyd nog “nuwe” wonderlike blogs. Ek sien nogals uit om meer van die hoekhuis se mense uit te vind. Die oom wie daar bly klink kwaai! ;) mens moet maar met hom skoorsoek as jy ontwapen van sy tande is!

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 17, 2015

        Ha ha … nee wat sy blaf is erger as sy “byt’ by wyse van spreuke(spreke?)

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 29, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: