Ouma het vir Mamma gevra vir fotos om die geskiedkundige oomblik as Bewysstukke te verewig.. Die eerste kruip.
Stap 1
Jy maak gereed, vir die groot oomblik… Jou Ma lê met kamera gereed.So my liewe Mia,begin jou eerste menslike beweging van punt A na punt B, geboekstaaf – miskien eerder geblogstaaf, vir eendag se kyk en weerkyk.
Stap 2
Hier gebeur heelwat dinge..die veterhondjies gee pad met spoed.. want skielik kom die klein mensie met die stem na hulle aangekruip.
Stap 3
Kyk , die een knie half gelig die ander been half ingevou. Ouma het onthou jou Mamma het met stywe beentjies gekruip..boude in die lig, sy wou nooit haar knieë op die grond laat kom nie. Moet darem noem, jou Mamma het met spoed die lewe bestorm in daardie vreemde kruip posisie!
Stap4
Hier is jy oppad..jy storm glo bitter graag die Veterhondjies se bakke.. Neee, jy het nog nie die hondepille geproe nie, maar definitief het jy jou Ma se spoed beproef. Sy moes kosbakke woerts van die vloer opraap.
Stap 5
Verbete , vasberade. Nou gaan die Beskermengel amptelik haar vlerke wydoopgesprei hou oor jou.
Jou Ouma sit met haar hart en siel in haar angsgeswete handpalm vasgeklem –
die ander hand oor Ouma se mond .. aan’t hyg.
Ek het ‘n vermoede voordat jy een jaar oud is, gaan jy jou eerste treë gee.
Na ‘n week se gekruip, het jy skielik (net soos Mamma destyds) met reguit bene – boude in die lug, en reguit arms begin in ‘n kruipposisie staan.
Dit steun en dit kreun en dit kwyl en dit ghoe en dit gha, en toe ..
Probeer jy regop kom… ag hemel my kind!
Die tweede poging was suksesvol..voordat ons nou eintlik kon juig van verstomming het jy vooroor getuimel.. toe gil ons in ‘n koor tesame…
Ouma en Oupa hol nou ook deesdae die Marathon. Voel soos duisende kilometers.. al agter jou aan ..
Ouma aanvaar jy geniet elke oomblik, jy bekyk die wêreld vanuit ander posisies.
Ouma aanvaar ook, jy besef nie as jy jou oggend slapie kry .. hoe verlig is Ouma, en jou Beskermengel nie, dié slaak ook hoorbaar ‘n sug van verligting..tot die volgende ontdekkingsreis ganglangs..
Ouma wou nog vertel , dat jy verskriklik begin gesels..daarvan vertel ek later.
Ons is baie lief vir jou Mia
Ouma en Oupa.
Ag dis dierbaar!Dis ‘n wonderlike stap in haar lewe.Ja,nou gaan jy begin rondhardloop agter haar aan.
LikeLiked by 1 person
Ai Perdebytjie… ek het al oorweeg om ganglangs saam met haar te kruip..die agterhoede te dek, toe dink ek net hoe lyk so ronde ouma van haar ‘agterhoede’ se kant af… gmf toe laat ek maar die idee verbyvlieg!
LikeLiked by 1 person
Hehe,ek sou dit graag wou sien!
LikeLiked by 1 person
Hiehie – dis nou ‘n oulike manier om gratis oefeninge in te kry. Klink vir my dis maar die begin van dinge. Want die handjies gaan ook nou begin gryp na alles.
LikeLiked by 1 person
Nogal by Ouma se boekrak … oeg en word Mia kwaai as sy ferm stem kry , siestog so leer ons ook maar- ons geduld en Mia kry skielik idee oor die betekenis van ‘Nee”
LikeLiked by 1 person
Te Oulik.
LikeLiked by 1 person
Dankie Daniel, deesdae het ons tot die ontnugtering gekom dat ons allerverskriklik onfiks is, ek belowe jou ons klink soos 2 ou blaasbalke!
LikeLike
Dit moet pure plesier wees! Ek gun julle elke nat soen en taaisel van ‘n drukkie. Hoe geseënd is julle nie!
LikeLiked by 1 person
Nederig dankbaar vir die wonderwerk!
LikeLiked by 1 person
hehehehe…. ek het geweet sy gaan julle besig hou. Ek hou van die gesiggie wat heeltyd lag die heel meeste. Geniet haar
LikeLiked by 1 person
Nou ja sy kan huil ook ..die trane val soms so bloeps bloeps..vreeslik dramaties!!
LikeLiked by 1 person
Ag heerlik… ons sal haar met aandag dophou Dink net die eerste konsert!
LikeLiked by 1 person
Hoe heerlik om hierdie avonture saam met jou te beleef! Janee – daardie oggendslapie is goud werd…
LikeLiked by 1 person
Lyk net soos Engeltjies as hul so lê en slaap mens kan nie glo daar is soveel energie in so ‘n klein liggaampie nie..
LikeLiked by 1 person
Dis darem te heerlik om die kruipery so vas te vang. Sal goed glo dat veterhondjies nou nie meer weet waarheen hul moet laat waai nie. Dis te pragtig. Verlang sommer terug na my kind se eerste kruip en opstaan! Het darem n fototjie of twee. Sy pa het gat in die lug in die begin saam gekruip. Is mos n speletjie!
LikeLiked by 1 person