Woorde

Vreugde

Ouderdom het die neukery –

  • As jy verskriklik bly is , huil jy. Gewoonlik net so opwelf van trane in die oë.
  • As jy kwaad word raak die gesig donker en trane stuwe in die oë op.. dit is nou as jy verwoed is en as jy ‘n vrou is. Nog nie gehoor van ‘n man wat emosioneel raak as hy hom vererg nie..
  • As jy uit jou sokkies uit verskriklik bly is..dan huil jy so klein versie – soos toe ons gehoor het van Mia babatjie in aantog.
  • As jy allerverskriklikste wonderlikste nuus ontvang , dan huil en lag jy deurmekaar en jy laat jou hele familie weet

Iemand in hierdie huis het die goeie nuus ontvang – Biopsie uitslae wys die Kanker het die pad gevat…geen kriesel sigbaar . Skoon kry die allerwonderlikste status.

Hiermee erken ek ruiterlik ek het vanoggend so lekker tjanksessie gehad..lanklaas was tjank so lekker.. sy hele skouer papnat.

Nou gaan hy elke 3 maande vir instandhouding..kompleet soos enjin wat nuwe filter en olie moet kry…

Nederig dankbaar  verwoord nie die gevoel nie.

 

 

27 comments on “Vreugde

  1. HesterLeyNel
    April 14, 2015

    Ag dis wonderlik! So bly vir julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 14, 2015

      Baie dankie Hester, hy sal maar gereeld gaan vir ondersoek, ek kan seker na dese goeie slaapsessie inhaal.

      Liked by 1 person

  2. Toortsie
    April 14, 2015

    So baie baie bly vir julle! Dis WONDERLIKE nuus! :)

    Liked by 1 person

  3. coetzee2014
    April 14, 2015

    Dít, is nou baie goeie, wonderlike nuus. Baie bly!!

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 14, 2015

      Baie dankie , al jou bemoediging het mens altyd positief gehou. Kanker is nie mens se speelmaat nie, moet altyd dopgehou word, maar mens kan ook nie heeltyd wonder wanneer kom dit terug nie, dankbaar vir hierdie wonderlike goeie nuus vanoggend.

      Liked by 1 person

  4. Jeanné
    April 14, 2015

    So dankbaar en bly saam met julle!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 14, 2015

      Baie dankie, Jeanne..hoe gaan dit met jou?

      Like

      • Jeanné
        April 15, 2015

        Dit gaan goed dankie. Nog 5 chemo sessies dan is dit ook verby.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        April 15, 2015

        Ag my hart, hoop dit is draaglik, ek dink aan jou en julle almal.

        Like

  5. Kameel
    April 14, 2015

    Dirkie, ek is so bly vir julle. Prys die Here!!!!

    Liked by 1 person

  6. Spokie sny spoor
    April 14, 2015

    Geluk! Noem dit sommer ‘n nuwe lewe ‘saam.”
    Ek glo dit het jul lewens ten goede verander?

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    April 14, 2015

    Lekkerder as lekker …

    Liked by 1 person

  8. monicahaddad01
    April 14, 2015

    Deesdae sit my trane net so vlak, soos nou….

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 15, 2015

      Ai Monica, dit is darem die voordeel hierdie is die lekker huil..Dankie vir saamlees,

      Like

  9. scrapydotwo
    April 15, 2015

    Dis nou goeie nuus. Baie bly dat die lewe sy goeie kant ook weer wys. Mag dit net beter gaan daar by julle. Laat hul maar die ghries aansmeer as dit nodig is. Hope liefde vir jou

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 15, 2015

      Mens moet altyd positief bly en lewe kry soms sy opdraandes.

      Like

      • scrapydotwo
        April 15, 2015

        Ja, dit verryk n mens. Nie dat mens altyd so moeilik wil hê nie

        Liked by 2 people

  10. katrina
    April 15, 2015

    Dis goeie nuus! So iets in die vrees vir die negatiewe maak dit ekstra spesiaal. Baie bly vir julle part.

    Liked by 1 person

  11. Tannie Frannie
    April 15, 2015

    Watter wonderlike nuus!

    Liked by 1 person

  12. newsferret
    April 17, 2015

    Eureka!!! Ek “joebel” van vreugde vir julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 17, 2015

      Ai News, ons was so half ingestel met teenoorgestelde idee.. dit is en bly maar ‘n soort kanker wat mens moet voor lugtig wees. Dit kom glo maklik terug, maar daarvoor is ons ook voorbereid

      Like

  13. Hanli
    April 18, 2015

    Wonderlik! Geniet elke oomblik saam:-)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on April 14, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 519 hits