Woorde

Stomme Nursie!

Na die goeie nuus , nogal gedink vannag slaap die uwe ontspanne , die onderbewussyn gevoed met positiewe gedagtes – nee wat!

Nietemin ek onthou die vorige ondersoeke , die man se verontwaardiging. Hy kom hier vaal ingestap na narkose gaan sit by die kombuistafel. Koffiebeker in die hand , beskuit aan’t doop  en hy kla so brommend verby beskuitkrummels-

” Weet jy, volgende keer kry ek ook so karton , soos die bedelaars op die hoek. So om my nek.”

Sy vrou wag geduldig..sy ken hom , jy neuk nie tussen-in met ‘n hoekom nie.

“Die oomblik as ek my donnerse tande uit het , dan begin hul vrae vra”

“Nes ‘n tandarts terwyl hy grawe in jou kieste.. wil ewig weet hoe gaan dit?  Werk jy nog?”

Sy staan by die ketel, en die lag borrel so op..

“Dan lê jy daar soos een van die kudde op tafels , reg om die ellende weer in die oë te staar, dan neuk hul met vrae so van ‘n pegboard af en die die student se Moeder owerste staan neffens haar om te kyk of alle vrae gevra word.”

“Is u Meneer so-en-so?”

Daarna neem die intensiteit van vraag en antwoord toe.

“Man hul hou verdomp aan en aan vrae vra, ek het my bloedig vererg!”

Ek ken die man. Die bloedig vererg het die stomme student die aftog laat blaas.  Sy en haar Suster in bevel..beslis met sy welluidendheid..tandloos of de not.

Ek waag toe maar die groot vraag…

“Wat moet nou op die karton om jou nek – op jou borskas – staan?”

“Ek het nie my  d#$%!!*se  tande in my mond  nie! Ek praat nie sonder my f!@#$%^!*n   tande nie!!”

Na my lagbui, hy’t darem so skeefweg saam gegrinnik  ” Ag, my man, darem so dankbaar jy bedel nie vir ‘n paar tande nie!”

..en ek hoor so met sy wegstap “Moenie neuk nie vrou!”

 

 

16 comments on “Stomme Nursie!

  1. scrapydotwo
    April 15, 2015

    Ho ho, amper is daar huismoles oor n stel tande wat nie is waar hul moet wees nie! Nou darem lekker geglimlag vir die ou vrou met haar kamerjas op die hoek! Dit is soos hy se daardie vrae nadat jou tande uit is is nie baie aangenaam nie. Laat my dink. So 2 weke lui telefoon- ek het my tande in die was gegooi- ewe kordaat antwoord ek. Toe besef ek maar kyk hierdie slap mond wil nie die engels so lekker uitspoeg nie. Gou ja en nee gesê en tel neergesit. Tande geborsel, my vriendin gebel en behoorlik met haar kon praat. Ha ha, dis snaaks!

    Liked by 3 people

    • ddupl3ss1s
      April 15, 2015

      Heerlik gelag oor die engels sonder tande!!

      Like

      • scrapydotwo
        April 15, 2015

        Jy vertel my.My brein wou net nie dit hanteer nie!

        Liked by 1 person

  2. monicahaddad01
    April 15, 2015

    Bwahaha ek sien sommer die prentjie….

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 15, 2015

      Vreeslik om die mondstukkies uit te haal.. en dan maak hul met hom praatjies …Giegie!!

      Like

  3. rondomtaliedraai
    April 15, 2015

    Dis tog so waar wat die ou man daar vertel . Ek gaan in my testament laat aanteken dat hulle my met my tande moet begrawe

    Liked by 2 people

  4. Spokie sny spoor
    April 15, 2015

    Oulik geskryf. Klink vir my of die ouvrou nogal baie wysheid het … na jare se ondervinding weet ons hoe om die manne te hanteer.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      April 15, 2015

      Ha ha .. ja dit is die voordeel van lank getroud wees… met dieselfde persoon bygesê!

      Like

  5. perdebytjie
    April 16, 2015

    Ai,hoe lekker lag ek nou.Het hy darem na die tyd die regte stel tande terug gekry?

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 16, 2015

      Hy gebruik so plaatjie .. hul plaas dit voor mens in so veilige houertjie..die kans dat jy verkeerde gebit kry is darem nul..gie gie

      Liked by 1 person

  6. Sparkle
    April 17, 2015

    Hoe lekker lag ek nou! Dis nogals waat wat jy se. Mens le by die tandarts met ‘n lam kaak en dan wil geselsies aanknoop. Mens voel mos maar simpel dan. Hehehe

    Liked by 1 person

  7. Lewies Mymer
    April 15, 2017

    Ai tog! Hoe le mens daar uitgelewer!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op perdebytjie Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on April 15, 2015 by in Gedagtes vir die dag., insomnia.

Blog Stats

  • 36 503 hits