Woorde

Padlangs

Vanoggend het ek aan Me Strong gedink( Engelse onderwyseres). Iewers gedurende  1971 het sy in mondeling gevra jy moet die pad van jou huis af beduie tot by die skool sonder om van  handgebare gebruik te maak..

Foeitog, ek wonder hoe het ek die pad vanaf die Koshuis  verby  dwarsstrate ( iewers was  Meerholtzstraat)  langs,beduie ! My Engelse vermoë was vir ‘n Vrystaatse plattelandse kind definitief nie iets waarop ek ooit trots was nie..jammer Me Strong, dink nie daar het intussen drastiese verbetering plaasgevind nie. Ek wroeg steeds. Ek is veral bewus van my powere pogings veral as iemand rou Engelssprekend,  my probeer red deur drie woorde Afrikaans in ‘n sin in te pas…. (hopelik reageer ‘n paar uit 1971 Engelse klas om die pad te beduie-diegene wat soms hier lees. Paaie laat mens altyd terugdink..ook maar lewensroetes..

Die pad verduidelik?

Vanoggend skakel ‘n Pasiënt vanaf Sasolburg. Ek maak die afspraak, toe vra sy ‘verduidelik asseblief , ek het vorige keer vreeslik verdwaal’

Sy is Afrikaanssprekend.

Die uwe erken,  pad beduie plus Engels- nou nie  juis my forté nie, (giegie, kom agter die lys raak langer) ek vra die man des huises ‘help beduie tog asseblief!’

Ek hou hom dop. Hy gaan staan , draai hom so dat sy liggaam rigting vanuit Sasolburg uit staan.. en die arms beduie links regs , hand horisontaal linkerkant afdraai soontoe..dan regs – kompleet padpredikant.

Ek vra altyd oor die motorpassasier – GPS- bitter weinig hoogs bejaarde mense hou van die stem, “Nee, jong die Oom kan nie hoor wat praat die vrou nie!”

Goeie oefening – geheuespeletjie – plus vaardigheid  , probeer gerus.

padpredikant

5 comments on “Padlangs

  1. Lien
    April 17, 2015

    Hehe nig!! Sy was my nagmerrie😈

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 17, 2015

      Oee , ek is uit my vel van blydskap om jou reaksie te lees!! Dink steeds jy moet ook blog , wonderlike dag vir julle!

      Like

  2. Sparkle
    April 17, 2015

    Oe ne jitte! Ek dink as mens sommige mense se hande agter hul rue vasbind sal hulle waarskynlik hulle oe rol na die kante wat met moet indraai! Ek is een van hulle. Ek moeg bieg, rigtingaanwysding is nie my sterk punt nie. Ek kry jou lief iewerste en dan kan jy my volg waarnatoe ons ook al moet gaan. My interne kompas self, is ook bietjie uit. Tot my skaamte verdwaal ek tot met padkaarte!

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    April 17, 2015

    Neeeee ek kan ook nie sonder my hande nie

    Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    April 18, 2015

    heheh…nogal ‘n laan, nie sommer net ‘n stegie nie!

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on April 17, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 509 hits