Woorde

BRAVO !

Hier by die Hoekhuis staan ek vroeg op. Die Kinders se spreekkamer en Kantoor is hier terplaatse.  Dié Ma moet  darem aanvaarbaar geklee wees teen  albei hier stilhou.

Vanoggend, het alles vinniger verloop- haastiger. Die telefoon het vroeg-vroeg begin lui. Ek staan met potlood en afspraakboek reg vir afsprake.  Ek voel  die noodsaaklike kledingstuk (bra) se een hakie is definitief nie oordentlik ingehak nie. Skawe en krap . Kompleet soos ‘n letterlike doring in die vlees.

Die volgende oproep  is die Voetevrou. Ek stap  ons kamer binne , telefoon teen die oor. Tegelykertyd lig ek met my  ander hand my hempie op. Gaan staan rugkant voor Geliefde. (Let wel dames en here …rugkant!)

Terwyl ek en die Kind oor afsprake gesels , beduie ek met oë en klanklose  mondgebare – die bra die bra ..rugkant .. aan die Man des Huises.  Hy maak toe sommer die hele bra los..

Ek kla toe sommer kliphard: ” Nee Man, maak vas.”

Hy probeer… haak die hakie en ogie mis.

Ek kla.

Die Kind vra : “Wat gaan daar aan?”

“Ag my Kind, Pa maak net my bra los in plaasvan vas” reageer ek vinnig. (Die kind is darem al 33 jr, gedink sy sou nou nie te erg geskok wees nie) en haar Ma en Pa is darem al 60 + jaar.

Sy trek haar asem in – fluitend .

Hy sê : “Wag-wag , ek kry net gou my bril”

Hy is vêrsiende. Hy kan nie die hakie en ogie ingehaak kry nie.

Die Kind reageer geskok , ten aanhore van ons twee oues se redenasie oor bra en bril en vas- en loshaak.

“Vader Ma , spaar my die detail!”

Hy sit die bril op neuspunt, loer deur die bivokale lense . Haak hakie en ogie netjies sonder haakplek in.

 

bra 2

Advertisements

20 comments on “BRAVO !

  1. Sparkle
    April 20, 2015

    Ek kan my net indink hoe ek sal reageer as ek met my Ma praat en al wat ek hoor is “maak vas my bra!”. Gehehehe!

    Liked by 1 person

  2. Skeletor
    April 20, 2015

    Die is nogals bra-snaaks!

    Liked by 3 people

    • ddupl3ss1s
      April 20, 2015

      Ek kon net nie my lag oorvertel nie, mensig lanklaas so gelag oor my kind se reaksie,

      Like

  3. vuurklip
    April 20, 2015

    Naughty girls will be put behind bras!

    Liked by 1 person

  4. mevfluffie
    April 20, 2015

    Hiehie. Prettig, beslis!

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    April 20, 2015

    Mevfluffie .. ek het die situasie bietjie erg gedramatiseer – die stomme kind was vir ‘n oomblik in stilte geskok. Ag dit was darem prettige situasie, dalk gebeur dit in menige huis , ander sal dalk nie daaroor blog nie! Dankie vir die saamlag.

    Like

  6. Tannie Frannie
    April 20, 2015

    Ware manne gaan verseker liewers losmaak as vas…

    Liked by 1 person

  7. scrapydotwo
    April 21, 2015

    Ha ha dit was nou sommer n lekker “situasie”

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 21, 2015

      Ek het die verstomming van my Kind vreeslik geniet.

      Like

      • scrapydotwo
        April 21, 2015

        He he ek het ook al sulke “face to face” oomblikke met my seun gehad waar hy nie geweet het hoe om dit te hanteer nie

        Liked by 1 person

  8. Toortsie
    April 22, 2015

    Jy maak my dag! :)

    Liked by 1 person

  9. Lewies Mymer
    April 22, 2015

    Bravissimo! Lekker stuitig!

    Liked by 1 person

  10. Charms
    Mei 22, 2015

    Ek het nou so lekker gelag. Dis nogal tipies man wat los maak in plaas van vas.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 20, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: