Woorde

Die dag breek aan’t skerwe..

Vanoggend, 3 uur in die môre,  gaan die Huis oppie hoek se alarm aan’t skree.

Buks die brak hef sy getjank aan, in harmonie met alarm. Kop agteroor ..whie whie whieee!

Die man des Huises bulder, wharra whara wharra !! Vlie  met spoed uit  die kooi – stormend- die  alarm se nek om te draai ( nie die hond s’n ). Hy trap in ‘n plas . Buks se swak blaas-plas,  Die man se woordeskat verbreed.

Lilly die kat, knip haar oë verskrik oop en toe, strek haar krakend orent.

Nadat alles stil raak en iemand weer so ligte snorkie gee..

gaan Leo die Boerboel, buitekant,  droewig aan’t ween.

“Boe hoe hoe hoeeee!”

En die Toilet begin spontaan sjorrrrrr water te spoel, en die windklokkie klieng in toiletvenster…

Dit is Maandag die 20 ste  April die jaar 2015.

16 comments on “Die dag breek aan’t skerwe..

  1. perdebytjie
    April 20, 2015

    Hehe!Dis omtrent ‘n dagbreek!

    Liked by 1 person

  2. Skeletor
    April 20, 2015

    En wat het die alarm afgesit?

    Like

  3. katrina
    April 20, 2015

    Hehe, katostrofiese nag! Solank almal net nog in een stuk is.

    Liked by 1 person

  4. scrapydotwo
    April 20, 2015

    Amper dog ek daar is ernstige moeilikhed op die hoek!

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 20, 2015

      Nee, Buks gaan loer of die venster nie dalk iewers oop is vir ontsnapping nie.. dan skrik hy en tjank ..dan skrik ons – en tjank nie!!

      Like

      • scrapydotwo
        April 20, 2015

        Ha ha dis nou baie mooi gestel. Klein blikskotteltjie!

        Like

  5. monicahaddad01
    April 20, 2015

    Hihi, ek was ook wreed wakker gemaak met ‘n diertjie wat ‘n blaas moes leegmaak. Vanoggend kom ek agter ek het nooit die deur weer toegemaak nie en in vrede die res van die nag so geslaap. Net in McGregor kan mens dit doen.

    Liked by 1 person

  6. Sparkle
    April 20, 2015

    Dis min dat alarms my wakker skel in die oggend ure…die honde en katte is ‘n ander storie! Die een kat Tinkels is te vet om deur die diefwering te klim en so kom maak my sy my altyd wakker as sy wil uitgaan. Ek gehoorsaam maar altyd. Nou het haar 2 maarder boeties haar maniere ook aangeleer! Never a dull moment. :)

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    April 20, 2015

    Hier gebeur dinge … dis waarom ek nooit ‘n alarm sal hê

    Liked by 1 person

  8. Lewies Mymer
    April 21, 2015

    Daai alarm in die nag is genoeg om die dooies te wek.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on April 20, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits