Woorde

Liefste Mia

Daar het al soveel gebeur .

  • Jy’t so vinnig begin groei..skoon uit jou klere uit. Ouma sal nou nie durf waag om iets te sê oor gewigtoename nie. Om dit nou delikaat te stel, jy hou van eet.
  • Jy’t skielik ‘n  roekelose waagmoed ontwikkel, Ouma sit menig dag met haar hand op die hart. Waagmoed is goed, doen dit asseblief verkieslik by jou Ma se huis.
  • Buksie(Ouma se dik hondjie) is vreeslik bly  jy ry nie meer in jou loopring rond nie.  Dit was darem vir Ouma bitter snaaks, as jy in die gang afstorm en Buks hardloop met spoed weg al pirtsend ganglangs en jy al jillend agterna.. en julle veterhondjies kortasem van vrolikheid  soos iets wat karwiele jaag..saam.
  • Dinge verander as mens van punt a na b kan kruip, jy ondersoek alles jy maak skielik laaie oop jy help waar hulp nodig is..
  • mia wasgoed
  • ..en jy geniet TV stories, hoewel Mamma vertel jy kruip vinnig nader as jy sekere advertensie wysie hoor. Jy staan teen stoele op . Jy staan teen meubels op.  Jy waag , soms vergeet jy  en raak so meegevoer dan gebeur dit –  jy staan soos ‘n pilaar vir ‘n oomblik op jou eie. Foeitog, net om daarna agter te kom die aarde is maar hard en ‘n  doek is nie juis dik genoeg vir die deel van jou anatomie nie..
  • mia tv
  • Ouma is verskriklik bly jy hou van musiek. Ouma is verskriklik bly jy sing saam as Jannie Moolman ” Grenada ” sing. Jy sing pragtig vir Ouma, met ‘n frons en konsentrasie ,  al sing jy net op een toonhoogte.. Ouma is baie trots op jou . Ouma en Oupa besef jy sal nou nie eintlik blootgestel word aan ons musieksmaak by jou Ma se huis nie..en jy moes sien hoe rol sy haar oë toe sy hoor Oupa speel vir jou Klipwerf se ‘In the Mood”. Ouma weet regtig nie wie het dit die meeste geniet , jy of Oupa- veral  toe jy so waarlik waar jou lyfie so wikkel tesame met die ritme van  “In the Mood” . Oupa gee te kenne hy sal jou kulturele opvoeding gee. Wonder of Engelse mense Boeremusiek luister..hmm!

Ouma het hierdie foto voorheen op Facebook geplaas, dit is ‘n plek  waar Ouma gesels en allerhande wyshede ook leer… amper soos ‘n Koerant . Die foto het Oupa met die selfoon geneem nadat jy jou moeg gesing het saam met Jannie. Sommer aan die slaap geraak op Ouma se boesem. Ouma het nie eens nodig gehad om Slaap my Prinsie te sing nie.

mia oumaslaap

Liefste Mia, volgende keer moet ek tog vir jou vertel van jou Mamma se nagtelike gesprekke met die Liewe Vader. Ja , kindgrootmaak en grootkry gaan gepaard met sulke gesprekke.

Ons is baie lief vir jou

Ouma en Oupa..

Advertisements

15 comments on “Liefste Mia

  1. scrapydotwo
    April 30, 2015

    Ag dis te “sweet”. n Mens se moederhart trek sommer met n punt as mens so n patroontjie sien. Ek kan my goed indink dat “In the mood” n lekker rittel-tittel in die lyfie sit.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 30, 2015

      Ons verstom ons dat sy opgewonde ritme geniet.

      Like

      • scrapydotwo
        April 30, 2015

        Ja, ritme sit maar in die lyfie! Dis hoekom hul daarvan hou om handjies te klap en voetjies te stamp as hul so klein is.

        Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    April 30, 2015

    Liefste Mia, nou luister hierdie vreemde ouma ook na Klipwerf se In The Mood – sê vir jou oupa ek sê dankie. Dit klink amper beter as die uitvoering deur Glen Miller se orkes.

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    April 30, 2015

    Sy word vinnig beroemd want ons kan nie wag vir die volgende brief nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 1, 2015

      Ek het gedink ek moet my ou boeke gaan uithaal, het al vergeet oor mylpale ..sien ons vat 2 blokkies in linkerhand en sit een in regterhand en kap ritme op musiek met twee blokkies(klein vorms) .. miskien is dit omdat my kinders dit nie gedoen het nie,dat dit vir my so opvallend is. Ek is natuurlik gaande oor die hande ..as sy handjies klap en sy lig die een en verkyk haar aan haar hand.

      Liked by 1 person

  4. perdebytjie
    Mei 1, 2015

    Dis so pragtig geskryf.Ek hoop jy maak ‘n album ook met al die vertellings.Mia is ‘n skatjie.

    Liked by 1 person

  5. Olga
    Mei 4, 2015

    Ag, sy is al yslik groot en so pragtig.

    Liked by 1 person

  6. Kameel
    Mei 5, 2015

    Jy weet ek geniet hierdie briefies :) Ons twee kleindogters loop amper saam in ouderdom, dus verstaan ek die ontwikkeling so goed. Jy het ‘n pragtige, en kosbare ding hier begin!!

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Mei 6, 2015

      Kameel ek geniet altyd jou Facebook fotos van jou pragtige kleinkinders vreeslik, ek loer gereeld..Dankie vir die saamlees.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 30, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: