Woorde

Liefste Mia

Vandag is die eerste Moedersdag vir Mamma. Ouma wil net vir jou vertel, van nou af tot jy self ‘n roosterbroodjie kan maak , sal Pappa  moet onthou van die belangrike dag. Moedersdag is sommer om dankie te sê (spesiaal)  vir al die mamma-dinge wat mammas doen sonder om twee keer te dink. Dankie te sê vir al dinge wat Mamma vir jou leer..en dit is sommer gewone dinge ook soos ..mooi maniere, vriendelikheid  al sulke dinge. Dit is so lekker om  al die opwinding van Mamma-wees te vier. BAIE BELANGRIK  –

Ouma wil jou vertel:

  • Hou altyd jou oortjies oop, Mammas  skimp gewoonlik so maand voor die tyd wat hul graag wil hê ..en daardie skimp is vir Pappa se ore bedoel. Jy sal die  nusies aandra wat Mamma nou bitter graag sou wou hê. Hmm, soms is Pappas geskok, maar hul maak of dit nou alles in die haak is ..van diamante tot vakansies…
  • Mammas gee nie regtig om wat ‘n geskenk kos nie.. daardie eerste sopsoen kan nie in waarde omgeskakel word nie.(Buiten nou Pappa – hy kan ook maar soen .. maar ag so bederfie bly darem heerlik.

Geniet hierdie dag, ‘n Mamma is vêr meer werd as korale. (Eendag sal Ouma jou nog die storie vertel van die Korale)

Lief vir jou

Ouma en Oupa.

* Geniet hierdie spesiale dag Mia se Ma.

Mia moedersdag

Advertisements

14 comments on “Liefste Mia

  1. scrapydotwo
    Mei 10, 2015

    Ouma is ook n moeder so Ouma moet ook n spesiale dag hê!

    Liked by 3 people

  2. Tannie Frannie
    Mei 10, 2015

    Om te dink hierdie liewe kleinding en haar mooi mamma en haar liefhebbende ouma bring vreugde in ‘n wildvreemde ouma se lewe! Jou Mia-briewe is altyd soo welkom.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 10, 2015

      Baie dankie Frannie, die klein juffie wou glad nie vandag geglimlag het nie…Dankie vir die saamlees.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Mei 10, 2015

    Ag ek kry sommer ‘n knop in die keel … dis so spesiaal al hierdie eerstes

    Liked by 1 person

  4. Griet
    Mei 11, 2015

    Pragtig. Sommer net pragtig.

    Like

  5. perdebytjie
    Mei 11, 2015

    Twee pragtige mensies en die ouma agter die pen,kan wonderlik skryf!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 11, 2015

      Baie dankie Perrdebytjie..die Ouma moet gemotiveer word sy is so lomerig darem nie lui nie, sy draal om te blog!

      Like

      • perdebytjie
        Mei 11, 2015

        Nee,nee,Dirkie! Ons wil darem so eenmaal ‘n week ietsie uit jou pen lees.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 11, 2015

        !! (dit is nou asem optrek- soos Mia dit doen as sy vir Leo die Boerboel , sien)

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 10, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: