Woorde

Ek lees te min

Het vreeslik agter geraak met blogs lees. Jammer , ek lees te vinnig , om later te herlees en voor jy kom kry is dit Vrydag en die lees stapel op soos Koerante in die buitekamer.

Deesdae neuk die twee ou mense van die Hoekhuis om 4 uur wakker te raak, hulle word nie wakker nie.

Hy staan op, loop sy draaie. Sy steun orent met ‘n ‘Eina!! My heup!” Slof klerekas toe, vroetel in donker . Voel-voel tot sy haar oorgrootkamerjas kry . Linkerarm eerste ..dan pynlike regterarm in mou ..met moeite. Sy dink “Jy raak toetentaal te kermerig ..te pynerig ” ..die Winter het nog nie eens sy kloue in die mens se lyf ingeslaan nie..Foeitog, die stomme vrou met die vooroor liggaam.

Die Buks dik hondjie begin asmaties te hoes, toe  hy lewe hoor.

Hy sê ” Ek raak nes die hond, raak elke oggend selfde tyd wakker”

Sy sê ” ..solank jy net nie jou been teen die hoek lig nie!”

Hulle lag.

Sy gaan maak koffie . Stukkie beskuit in vrolike kollebakkie. Die Koppie klingel so vêr sy stap in piering. Die beskuit vergete..Hulle, sy en die Koppie,  klingel terug..kry bakkie  klingel slof-slof gang-af.

Sy neem haar voor..hierdie week moet sy, al is sy verdomp bang , hierdie week sal sy afspraak maak by die man wat werk met beendere en skarniere. Dit het nou niks met Avbob uit te waaie nie..

Maandag  2015/05/11

Advertisements

10 comments on “Ek lees te min

  1. coetzee2014
    Mei 11, 2015

    Alles baie bekend. Wens ek kon sê van die later wakker word. Nou 02:40 en sit kiertsregop. Is dit nou twee woorde?

    Liked by 2 people

  2. scrapydotwo
    Mei 11, 2015

    Ai daardie skarniere wat so pyn en seer raak van die lank lê soggens. Ek probeer maar om 4 uur om te draai op ander sy/kant. Elke halfuur kyk ek die horlosie stukkend om tyd aan te skuif dat dit na 7 word om te kan opstaan! Is soos jy sê winter het nog nie begin nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 11, 2015

      Ag en ek bewonder mense wat hou van bewolkte Herfs-weer.. ag dit is koel vandag hier.

      Like

      • scrapydotwo
        Mei 11, 2015

        Hier wil dit nog nie rerig koud word nie. Nog steeds 18 – 19 grade

        Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie
    Mei 11, 2015

    Vieruur is mos al oggend…’n Mooi prentjie van julle twee plus hond.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 11, 2015

      Dankie Frannie.. so in die donkerte kon die 2 ou siele darem nog bietjie skuinslê maar nou ja ..nie beskore nie(klink kompleet soos my oorle ou Moeder)

      Like

  4. Kameel
    Mei 11, 2015

    Nee Dirkie jy gaan my nie vieruur uit die bed kry nie. Slof maar voort vrou, maar ek bewonder jou sowaar dat jy dan al opstaan. Spreuke 31 vrou laat my mos altyd skuldig voel oor haar lamp wat nooit uitgaan nie…… ens.

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Mei 11, 2015

    Ai toggie die ouderdom is nie vir sissies nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 11, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: