Woorde

Sy hou van ….

Sam Toft se  kunswerke

skilder sam toft 2

Iets daaraan  laat my aan die 2 ou mense  op die hoek dink. Die dik hondjie van Meneer Toft altyd teenwoordig.

Nie dat die oude vrou en oude man só rond is nie, hulle raak  wel ronder.

Sy het gekla by die man wat moet omsien na haar pyne, oor die vet.

Hoor sy toe , nee sy’s nie vet nie, net iewers van massa wat versprei het vermoedelik om die midderif of waar ookal .’nWare  heer , die man wat na pyne omsien.

sam toft fiets 2     Die Oude man ry ook deesdae fiets. Die vaardigheid leer mens glo nie af nie. Net gehoor hy ry fiets  soos sy dogter destyds met die leerdery vir leerlinglisensie, kyk en bestuur waar gekyk word .

Hy het na ‘n wilde jaagtog teruggekeer huistoe  ..  sy ouvrou het gesien daar sit groen gras op sy denim ..op die kniekop!

Hy het met weemoed vertel, waar is die dae wat hy kon loshande fietsry. Fiets so met die beweging van jou lyf bestuur ..diekant toe ..daardiekant toe, sonder om balans te verloor. Regop staan en trap! Smagting  hoorbaar in sy stem  Sy het verstom  gevra,  “het jy probeer?”  met die dat hy so stof kom afvee en maermerrie kneusing vryf . So dapper was hy nog nie, die val wat hy geval het soos ‘n gevalle held was net met die wegkyk , is maar al ..verduidelik hy koeltjies.

 

skilder samtoft herfs

Lieflike Herfsnaweek aan almal.

Advertisements

15 comments on “Sy hou van ….

  1. rondomtaliedraai
    Mei 16, 2015

    Te oulik … eish ek het nou die dag in PNA neergeslaan en sien nie kans om met die fiets neer te slaan nie

    Liked by 1 person

  2. scrapydotwo
    Mei 16, 2015

    Ooo maar dis te kostelik jou vertelling en dan die prentjies daarby. Die vallery op ons ouderdom is nie kinderspeletjies nie. Een dame v my skryfgroep was weg vir n lang tyd. Sy vertel toe Vrydag dat sy wou stort. Stort oopgedraai, eers gou die toilet gebruik. Toe sy opstaan gly haar voet en sy breek haar bo-been naby die heup. Sy was kaal en stort het geloop. Sy sleep haarself na telefoon en trek koord om tel te kry. Ambulansmense het haar kom help. Dis erg as mens so op jou eie bly en so iets gebeur.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 17, 2015

      Ai foeitog man, hy spot altyd as hy nie binne uur terug is nie moet ek soekgeselskap stuur. Deesdae weet mens nie eens of jou fiets veilig is nie, as hy benodig word , word dit geneem – al is dit woerts onder jou sitvlak uit.

      Like

      • scrapydotwo
        Mei 17, 2015

        Ai toggie, dis netso n mooi prentjie wat ek kry van – ry nog lekker fiets en skielik trap jy net wind! ( Ek maak n grappie daarvan maar ek dink dit is regtig nie lekker om daaraan te dink nie!)

        Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Mei 17, 2015

    Kostelik geskryf en ek is mal oor die skilderye!

    Liked by 1 person

  4. Lewies Mymer
    Mei 18, 2015

    Prettige skilderytjies! Op onse jare val mens baie hard, en genees stadig. Ek sit nou nog met pyne na ‘n vallery op die rotse ongeveer twee jaar gelede.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 18, 2015

      Empatie.. ek roer eers al wat been is om uit te vind of skroewe nie morsaf is nie..

      Liked by 1 person

    • HesterLeyNel
      Mei 19, 2015

      Ek loop ook graag op die strand tussen die rotse as dit laagwater is, maar deesdae dra ek ‘n loopstok (nee! dis nie ‘n kierie nie!). Ek vrees die hele tyd dat my kaalvoete gaan gly op die skurwe rotse en ek sonder velle daar uitkom, maar ag, dis so lekker.

      Liked by 2 people

  5. Kameel
    Mei 20, 2015

    Dankie Dirkie…. al was dit nou ten koste van jou man het ek dit baie geniet. :)

    Liked by 1 person

  6. Charms
    Mei 22, 2015

    Te oulik verwoord hierdie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 16, 2015 by in Gedagtes vir die dag.,Uncategorized.

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: