Woorde

Liewe Mamma en Pappa

Hierdie briefie  spesiaal vir die 5 de Junie 2015

Mamma en Pappa ,  vandag is dit my beurt om te skryf. Ek is vandag een jaar oud.  Kan julle glo!  Ouma vertel ‘n verjaarsdag is altyd spesiaal. Ouma sê ek mag maar dankie sê  vir alles wat julle vir my doen, al die bederf al die liefde . Al die sing langs die pad in die kar. Ouma sê die liedjies is kerkliedjies, so asof Mamma  opsoek is na geduld. Ek is eintlik soet, julle verstaan nie eintlik altyd wat ek wil sê of bedoel  as ek huil, nie.

Ek is nog klein, nogtans kan julle seker agterkom hoe verskriklik lief is ek vir julle as ek so vrolik lag as ek julle sien na ‘n lang kuierdag by Ouma en Oupa.  Ek is ook lief vir hulle , het Mamma geweet, Ouma sê elke keer ‘Hallou my liefie-diefie-duifie ‘  as sy my sien en Oupa sê vir my “Goppie” . Siestog en hulle lag as ek Ouma na-aap as sy kreun om regop te kom en Oupa se hoes!!

Spesiale ekstra Baie dankie vir die verjaarsdagpartytjie Saterdag.

Baie dankie vir al die geskenkies.  Ouma sê ek mag maar suutjies vra vir nog ‘n geskenkie.. ‘n Boetie of Sussie. Ek verstaan nie hoekom lag Ouma so lekker nie.

Ek het vir Ouma gevra om fotos te plaas.

Ek Is baie lief vir julle

Mia Habgood.

mia

mia colage

Advertisements

18 comments on “Liewe Mamma en Pappa

  1. Toortsie
    Junie 5, 2015

    HARTLIK geluk! :) Sy is PRAGTIG. So bly jy het die voorreg om haar voluit te geniet.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 5, 2015

      Baie dankie Toortsie.. ek het meer empatie met Grootouers wat hul kleinkinders so vreeslik mis.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Junie 5, 2015

        Net ‘n week dan kry ek onttrekkingsimptome

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Junie 5, 2015

        Ag Toorts , ek dink aan jou , ek kry jou sommer ekstra jammer.

        Like

      • Toortsie
        Junie 5, 2015

        Nee man! sommige oumas sien hulle kleinkinders dalk een maal ‘n jaar as hulle so gelukkig is. Ek kry myne een maal ‘n week vir ‘n hele middag, nag en oggend. :) Te lekker! Jy hoef my glad nie jammer te kry nie.

        Liked by 1 person

  2. pieterk515
    Junie 5, 2015

    Ouma se trots…en ouma het rede. Bederf… bederf… bederf…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 5, 2015

      Baie dankie Pieter, ek besef elke dag as mens jonger is en ouers word, mis mens soveel klein dingetjies in hul grootword. Ag en bederf is so tweede naam van Ouma en Oupa.

      Like

  3. scrapydotwo
    Junie 5, 2015

    Kan jy nou glo! n Jaar is verby! Veels geluk Miatjie, ouers en grootouers. Lekker verjaar

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 5, 2015

      Dankie Tannie Ineke . Hierdie Ouma sien uit na die cupcakes!!

      Like

      • scrapydotwo
        Junie 6, 2015

        Ooo dis te lekker. Ag dis so lekker as hul so klein is en daardie opwinding op die gesiggies wat wys hul kan net nie langer wag om iets te kry nie!

        Liked by 1 person

  4. Jeanné
    Junie 5, 2015

    Baie geluk Mia (en mamma, pappa, ouma en oupa)! Grootouers is daar om te doen wat pappa en mamma nie mag nie – bederf. Geniet die partytjie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 5, 2015

      Dankie, altyd lekker om jou inloer te kry. Bibber partytjie! Ouma oorweeg dit om op springkasteel te spring!! O griet !!

      Like

      • Tannie Frannie
        Junie 6, 2015

        Mmm – laasweek kruipresies en vandeesweek springkasteel. Go, Dirkie, go!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Junie 6, 2015

        haha ..ai , eks soos chomp advertensie destyds op tv Ou grootbek!!

        Like

  5. rondomtaliedraai
    Junie 5, 2015

    Ag dis die lekkerste lekker … julle moet die patytjie geniet en baie foto’s vir ons wys

    Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie
    Junie 6, 2015

    Liewe Mia, dankie dat ons ook jou mooi briefie kon lees. Veels geluk met jou verjaarsdag! Jou ouma gaan nie glo hoe oulik jy nou gaan word nie!

    Liked by 1 person

  7. Daniël Bezuidenhout
    Junie 6, 2015

    Geskryf van ‘n pragtige oogpunt – so lief

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 4, 2015 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: