Woorde

Vreugde

Mia, het verjaar

SAMSUNG CSC

Kleintyd het Mia se Mamma , eendag vir my verseker – nadat ek haar moederlik gevra het wees tog soet vandag- “Moenie bekommerd wees nie Mamma, ek sal my beste voetjie voorsit” nou ja toe sit kleine Mia haar beste voetjie voor. In aggeneem dat sy nou op ‘n emosionele fase is, soms vriendelik soms ‘n  dramatiese uitbarsting van trane beleef, dat hoor en sien vergaan. Soms so koerend giggel-laggie, dat mens haar kan opgospel.

Sy het gestraal. Haar Mamma en Pappa het geblom. Al die gaste , insluitend die Ouma en Oupa het gebaai in die heerlike sonskyn hoekie.

Haar Mamma moet miskien die voeterasies los en ander mense se kinderpartytjies reël. Sowat van organiseer van kleure en geure en goetertjies ..maar o die vreugde wat sy beleef het( die Mamma) , maak dit seker dit altyd die moeite werd.

SAMSUNG CSC

Fleurig

En Ouma was dapper , al het Oupa gewaarsku moenie jou nek breek nie en dink aan ons medies en saakbeskadiging en so meer ..net tot by die rand  van die springkasteel, toe bewe dit te veel na die Ouma se smaak.

SAMSUNG CSC

oe oe !!!

Vrolike dag, vol vreugde.

SAMSUNG CSC

Kan julle glo, , ek is 1 jaar oud !

 

 

 

 

 

 

 

 

21 comments on “Vreugde

  1. scrapydo2
    Junie 7, 2015

    Lekker verjaar Mia, jy moet lekker verjaar. Ouma moet maar vir my part sing. Sy is darem te pragtig en kleurvol en vrolik gewees. Te oulik ouma se trots nê! Soentjies vir Ouma en Mia

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 7, 2015

      Baie dankie Scrapydo. kleinkinders is so kosbaar.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Junie 7, 2015

        Sug! Hou maar duime vas vir eendag hierdie kant!

        Liked by 1 person

  2. Jeanné
    Junie 7, 2015

    Die kleine Mia is pragtig – watter mooi foto’s! Lyk asof julle dit baie geniet het ten spyte van die koue?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 7, 2015

      Die snerpende wind was vir paar uur skoon weg.. laat middag het dit begin koeler raak.

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Junie 7, 2015

    Ons het die verjaarsdag darem lekker saam met julle geniet

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 8, 2015

      Die koek was heerlik, die versiering bietjie soet , kinders kla beslis nie oor die seegroen soetigheid, hul het almal met bont bekkies geloop

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    Junie 7, 2015

    Het ek nou lekker saam met julle partytjie gehou! Daardie tafel was op sigself ‘n kunswerk – maar die mooiste van alles is Mia se glimlaggie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 8, 2015

      Frannie , die tweede foto..kyk die sirkeltjie gordyntjie.. hierdie Ouma moes elke sirkel met haar oor die muur masjientjie stik, sal nou nie meld dat daar soms blodsweet en kruie woordeskat uitgeglip het nie…

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Junie 9, 2015

        Ag dit hang soos seënwensies bo meisiekindjie se koppie. Pragtige kleure en perfekte ronde vormpies!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Junie 10, 2015

        Sirkels is met sirkel punch gedruk uit Scrapbooking papier..kleur samestellings is deur die Mamma gekies. Pragtige gedagte van die seënwensies!

        Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel
    Junie 8, 2015

    Watter pragtige herinneringe!

    Liked by 1 person

  6. Kameel
    Junie 8, 2015

    Geluk met Mia se verjaarsdag. Die jaar is darem vining verby!! Sy is pragtig!!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 9, 2015

      Baie dankie Kameel, skielik begin sy sommer met meer selfvertroue rondstap..gelukkig nog nie draf nie!!

      Liked by 1 person

      • Kameel
        Junie 9, 2015

        Een van die dae Dirkie, een van die dae hardloop julle dat julle weet al agter daardie mensie aan :)

        Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 11, 2015

      Skaars was ons 2 se woorde koud..kry ek die whatsapp die kleine Juffie begin te hardloop..o toggie!!

      Liked by 1 person

      • Kameel
        Junie 11, 2015

        Ons het die olifant geroep :lol: Maak jou maar gereed vir baie oefening!!! en oë agter jou kop ook.

        Liked by 1 person

  7. Rob Alberts
    Junie 26, 2015

    Late proficiat!

    Feliciterende groet,

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Junie 7, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 499 hits