Woorde

Facebook , en “On This day 2014”

Gister gesels ek en Ronel oor die Rissiepitte, sy wou weet wat het van my blogonderwerp geword. Toe grawe ek nou maar deurmiddel van vandag se jaargelede herinnering , die Rissiepit-blog uit en herplaas dit .

Die mense met die Rissie op die tong..

Destyds het ek ook die  blog gehad , die een met toegangverbode. Die een wat vir my sit en lag het het oor my vergeetagtigheid van woordsleutelkombinasie.

Deesdae blog ek so eina eina ..een is amper te veel.

12 comments on “Facebook , en “On This day 2014”

  1. Kameel
    Junie 26, 2015

    Ek het weer die stuk gaan lees, en dit weereens geniet :) Bly hulle nogsteeds oorkant die pad?

    Liked by 2 people

  2. monicahaddad01
    Junie 26, 2015

    Nou is ek so dankbaar oor my bure…. lekker gelees, nou wonder ek of bly hulle nog daar?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2015

      Monica , hulle het getrek, ek vermoed die eienaar van die perseel het moedeloos geraak – ewig konflik. Ag maar hul was darem oor die jare altyd interessante wesens. Ek mis Country Rose.. en die vlaghysing!!

      Like

  3. perdebytjie
    Junie 26, 2015

    Bly die gespuis nog daar?..dis soos hulle dit op Kooperasiestories noem.Jy het dit so oulik geskryf..ons mis jou kreatiewe stukke!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2015

      Nee hulle het lankal getrek. Ek sukkel deesdae met blog, as ek jare gelede se blogs lees, kan ek soms nie glo dat ek so gereeld iets te vertelle gehad het nie. Dankie Perdebytjie soms het mens die salf nodig, dalk moontlik aldan nie..spring die woorde weer eendag so netjies in ‘n ry.

      Like

      • perdebytjie
        Junie 26, 2015

        Ek hoop dit gebeur gou,want jy is een van my gunsteling skrywers hier!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Junie 27, 2015

        Jinne voel ek darem byna amper …soos iemand belangrik, nou vir Tina vertel ek sien n paar ou bekendes van Litnet darem ook. Ek wonder soms oor my volgelinge – daar is bloggers wat ek onthou, hul het wonderlike blogs geskryf – almal dalk stram, soos ek, of dalk blog hul iewers anders..nie ekke nie.. ek hang ou wasgoed van laasjaar oppie draad!!

        Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    Junie 26, 2015

    Ek mis jou blogs… al die bekendes word al hoe minder en daar kom nie nuwes by nie

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 27, 2015

      Dankie Tina, nee man ek sien paar ou bekendes van Litnet het bygekom.. en dalk wag menig siel stilswyend en afwagtend vir nuwe inspirasie.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Junie 27, 2015

        Nee ek het op Mweb gesien … daar is bie mense wat ander belange kry en nooit weer gesien word.

        Liked by 1 person

  5. Toortsie
    Julie 1, 2015

    Hierdie storie het ek nou geniet, hoor! Dankie :) So bly jy het dit weer geplaas, want ek het sowaar die oorspronklike een gemis.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Junie 26, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 520 hits