Woorde

Die Engel in my voordeur

Dink jy jou kind of kinders het ‘n draai so na aan die Hemeltrans gemaak? Engeltjies? Ek ken my kinders, ek is lief vir hulle. Miskien noem ek dit nie gereeld -genoeg – nie. Of ek hul nou as “Engeltjies” beskou? Dit is debateerbaar .

Die Kind in my voordeur werk met mense se voete se geite en pyne. Ek het al agtergekom, sommige pasiënte besoek haar so vlug van voet, ander kom ingestap kompleet of pyn vanaf rug tot in voetholte ervaar word. Dié met die ingroeitoonnaels hoor jy al voortydig oor die telefoniese afspraak..daardie pyn !!

Jy kry die dapper mans ook, die vrou bel vooraf en praat so met ‘n sagte stem. Vra so mooi “Ag my man is so bang vir inspuiting, daardie salfie wat oppervlak bietjie verdoof? Kan sy bietjie aansmeer?” Later bel die man, afspraak word bevestig. Hierdie Telefoondame verseker hom, indien hy nou bang is vir naalde , moet hy net aan die Voetevrou dit noem..(die salfie)dan kom die antwoord” Nee, dit is nie probleem nie, ek is regtig glad nie bang vir naalde nie ! Regtig nie.. ” Die man des huises ken hom  per toeval . Hul groet mekaar  en die pasiënt bieg sommer daar en dan ” Ek is vrek bang!” Nee hy vertel ander storie aan Voetevrou ..los maar inspuiting..nie so erg nie, hmm bleek om die kiewe het die man hier uitgestap. Dapper donner!!

Dan kry jy die Pasiënte wat so dankbaar is, hul stuur sms boodskappe , soos gister. (Net ter verduideliking.. sy is nie ‘n dokter  nie, daar is van haar pasiënte wat glo enige siel wat liggaamsdele werk is dokters- hul beskou dit as respek)

Hi Dr WduP

Zondo here from Evaton West Beverly Hills High  School, teacher. I was at your surgery u gave  me prescription and 3 seringes. I hope u remember now, I want to say that I only got my first shot (!) today , since you touch my feet they hardly get hot, may be u are now an angel of God u have an annoiting. Well madam I just wanted to update you. Thank u Bye.

So verskaf elke siel ons vreugde..hier by die huis oppie hoek.

20 comments on “Die Engel in my voordeur

  1. Orange Blue
    Julie 14, 2015

    Ek hou ook nie van inspuitings nie. Ek kom lees maar blogs vandag want op fb is ek bietjie in die warm water =D

    Liked by 1 person

  2. Korrelkop Kahuna
    Julie 14, 2015

    Lekker sit en grinnik ek vir die inspuiting besigheid. Sedert die een wat gehoorsaam moet word die verantwoordelikheid op haarself geneem het om tweeweekliks die nodige te doen, het daardie naald die barometer van onse huweliksbootjie geword. Sou die vaarwater effe onstuimig wees, dan sal daardie inspuitingkol vir dae nog gevoellig wees. Vaar ons op ‘n kalm see, dan weet ek nie eers daar is ingespuit nie. Happy wife, happy life neem ‘n hele nuwe dimensie aan wanneer genoemde ook die spuitnaald bestuur.

    Liked by 3 people

    • ddupl3ss1s
      Julie 14, 2015

      Ag ek het heerlik gelag oor hierdie tong in die kies storie.. sou darem haar kant van die storie graag wou hoor.

      Like

  3. perdebytjie
    Julie 14, 2015

    Klink of jou kind met pynlike voete kan toor!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 14, 2015

      Dink net as mens so lank sukkel met probleem dan voel dit soos hemel op aarde as ongerief verdwyn.

      Liked by 1 person

  4. Orange Blue
    Julie 14, 2015

    Ek het dit maar verwyder, ter wille van die vrede en iemand anders se verlede. politiek stink, selfs as mens jou eie siening en beginsels weergee, ruik politiek soos ‘n bedompige kleinhuisie op ‘n warm somersdag.

    Liked by 1 person

  5. Kameel
    Julie 14, 2015

    Lekker om weer ‘n paar woorde te kon lees :)

    Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel
    Julie 14, 2015

    As iemand my red van my toonnaels, sal ek haar / hom ook ‘n engel noem. Dis ‘n seer puntjie (toontjie) daardie.

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Julie 14, 2015

    Ek glo mens jou moed sak so baie in jou voete dat daar baie siel in jou voete agterbly. Lekker gelees dankie!

    Liked by 1 person

  8. scrapydo2.wordpress.com
    Julie 15, 2015

    Die voete is maar n storie. Sou nogal bly gewees het as ek ook so n draaitjie by daardie genesende hande kon maak. Winter en skoene en toe voete is nie maats nie. My tweede toon bly op my groottoon trap dus: ek trap op my eie tone ha ha. (Dis egter heel seer as mens bult op loop met so n moeilike toon!)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2015

      Loer by google of daar in jul omgewing Podiatrist is.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Julie 15, 2015

        Ek het al n omie wat baie goed is verlede jaar ontdek. Ek dink hy is baie soos jou dogter wat die deernis betref vir sy werk. Hierdie toon trap is juis die voet waarmee ek probleme gehad het. Is maar ouderdom verandering ook

        Like

  9. Toortsie
    Julie 15, 2015

    Sien jy nou! As jy nie SELF die engel gaan raaksien nie, sal ANDER. :)

    Like

  10. Rob Alberts
    Julie 20, 2015

    Vorige week ben ik weer naar de bloedbank geweest.
    Met veel plezier geef ik elke keer weer mijn bloed.

    Toch houd ik niet van naalden ……

    Vrolijke groet,

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 20, 2015

      As mens se are maklik gekry kan word , dan is bloedskenk seker plesier maar my are speel behoorlik wegkruipertjie!! Lente is in aantog in Suis Afrika, ons ontdooi, dankie vir die vrolike Groete.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Julie 14, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 520 hits