Ouma het lanklaas geskryf. Eintlik het Ouma vir Mamma vertel ek dink met jou 1 jaar verjaarsdagbrief, was goeie afsluiting van briewe.
Eergisteroggend kry ek toe van mamma ‘n whatsapp(dit is nou so tjoerts vinnige boodskappie) net daar besluit ek, ek moet tog ‘n brief skryf.
Jy was verskriklik siek. Ons almal het ons harte vasgehou en oopoog by jou bed in die hospitaal gebid. Ek het menige dag gewens ek kon Mamma en Pappa se angs uit hul oë uitvee . Nou moet ons almal weer leer van asmapompies.
Intussen het jy gesond geword, jou vrolike vriendelike lewendige self. Ons almal so dankbaar. Julle sou gaan vakansie hou het na Mamma se konferensie in Stellenbosch . Vliegtuigry en asmatiese longe is nie maatjies nie, Pappa en jy bly toe by die huis en Mamma gaan leer meer oor voete se goete en geite.
Ouma wil jou net vertel min Pappas kry kans om heeldag vir paar dae ‘n klein mensie op te pas. Veral ‘n Mia wat ontdek sy het ‘n wil en waar ‘n wil is daar ‘n weg. Pappa het oneindige geduld gehad, Ouma moet bynoem dat hy nog nie ‘n volwaardige Mia-dramatiese-klankryke-uitvoering van jou humeur gesien het nie. Ons noem dit vloermoer.
Pappa bel vir Mamma doer vêr in Stellenbosch.. erg bekommerd . Mia skree histeries. sy gaan lê met mag en mening op die vloer… (dink darem nie val neer nie!!) so op haar gesig. Hy weet nie wat is fout nie ..sy kruip sommer so trurat .. en skree!! Hy het uit desperaatheid die kindertjie Neurofen stropie ingegee..
Mamma het so ewe drogies vir Ouma laat weet “Foeitog en toe kry my kind pynstroop vir ‘n ‘tantrum’ !
Vandag op Maandag 17 Augustus 2015 – Mamma is weer terug . Pappa is weer werk toe. Albei verskriklik verlig.
Ouma en Oupa is baie lief vir jou.
Ai dat so n kleine mensie so moet swaar kry met die asemhaling. Ek kan nog goed onthou toe my seun opgeneem is en in n suurstoftent moes slaap en bly. Dit alles a g v die vuil lug oor Secunda! Ek is bly dit het darem weer opgeklaar. Tantrum is ook nie n goeie ding vir Pappie wat moet omsien dat Mia okay is! Liefdetjies vir jul alger.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapydo2, ek het al gewonder waar is skoonlug? Mensig , ek het darem lekker in my kies gelag oor die pynstroop vir tantrum!
LikeLike
Wys jou hoe die idee van n stropie oor gebruik word!
LikeLiked by 1 person
Goed om te hoor sy is weer op die been.
LikeLiked by 1 person
Met spoed ..met spoed Lewies. Dankie .
LikeLiked by 1 person
lank terug toe een van my kinders sy kop oopgeval het sê my wyse huishoudster van daardie tyd met ‘n lang sug. Ja so help hulle die Aarde betaal
LikeLiked by 1 person
Oe ek hou van daardie antwoord.
LikeLike
Lekker om te hoor van Mia se ontwikkeling… vloermoer en al. Bly sy is nou weer haarself :)
LikeLiked by 1 person
Kameel, ek is nie gewoond aan die vloer storie nie, haar Ma en haar Oom het dit nooit beoefen nie..stomgeslaan oor die humeur!
LikeLiked by 1 person
Hang maar af van kind tot kind. Uit my agt het net die stil kind dit probeer. Beste is sy het haarself byna bewusteloos geval die eerste keer, en daarna eers saggies op die vloer gaan sit, dan gaan lê en dan eers haar bene geskop en arms geswaai…. en geskreeu :) Geniet maar die ontwikkeling… sy is haar eie mensie.
LikeLiked by 1 person
Oe lekker lag ek oor die in paaiemente vloer storie van die stil kindjie..
LikeLiked by 1 person
Oooo liewe Mia, hierdie tannie-ouma is sommer skoon hartseer oor die swaar tyd wat julle gehad het! Gelukkig het sy ook lekker gelag oor jou ouma se beskrywing van die vloermoer. Baie bly jy is nou weer gesond.
LikeLiked by 1 person
Dankie Tannie Frannie, hulle verstaan my nie.. hierdie grootmense wat veronderstel is om alles te weet ..gmf!!
LikeLiked by 1 person
Ai die erge siekte kan mens groot laat skrik. Dankbaar sy’s weer op die been. Laat die briewe maar vloei…
LikeLiked by 1 person
Miskien met Mia se kreatiwiteit in wording , kom die skryf dalk weer aan die gang. Dankie vir die saamlees.
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker dat jy weer hier skryf!Ek is bly Mia is gesond.Sy is ‘n pragtige dingetjie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie.. jitte ek sukkel deesdae..vee meer blogs uit as wat iets geskryf word. Dankie vir jou woorde.
LikeLike
My muse is ook by die deur uit!Ek pos darem netnou iets.
LikeLiked by 1 person
Ai sy gaan ‘n sterk vrou word.
LikeLiked by 1 person