Woorde

Terapie – ouderdomsbeperking- weens my gekruide woorde..

Ek kry die Onthou jy nog? op my facebook , my blogs is ‘gelink’ en toe herlees ek en dink miskien moes ons lankal weer gegaan het vir toetse.. angs maak hom tuis in my binneste !!

Woorde

Om te blog is vir my terapie. Dit weerhou my soms van wrede kommunikasie met siele wat binne tref- of hoorafstand-  van my woordvloei  en  tranedal  – staan/sit /beweeg of  wat ookal.. Nou sit ander mense soms opgeskeep met my Woorde.

Ons , dit is nou die twee in die huis op die hoek, ons gebruik deesdae pille. Plakkers en pille vir goete en geite, chroniese soort.  Skildkliere wil nie meer aktief wees nie..hormone is lankal moer toe, saam met my histerektomie, en toe een mooi sonnige dag is daar nog ‘n skrif aan die muur – daardie telling van Cholesterol. Myne is erfsonde syne is miskien bietjie te lekker eet…hoewel ek dink ek eet ook nou nie oordadig baie nie, net verkeerd.. brosgebraaide ..ag toemaar !

Die mediese fonds (  verstaan my goed -ek is kennelik  dankbaar dat ons een het en nog die premies kan betaal)  vereis dat…

View original post 785 more words

Advertisements

5 comments on “Terapie – ouderdomsbeperking- weens my gekruide woorde..

  1. perdebytjie
    Augustus 21, 2015

    Ek het weer daar gaan lees en jou vertelling weereens geniet!Jy moet méér skryf…jy het baie talent!

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Augustus 21, 2015

      Dankie Perdebytjie.. ek het by my vorige blog Jody Hedlund se wenke aangehaal en geblog vir motivering… ek kan nou nie eens sê ek probeer blog nie.. gekukkig tog blog ek nie vir ‘n lewe of inkomste nie.. sou pap en tik ge-eet het.

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Augustus 21, 2015

    Ek weet nie meer wat ek moet sê nie…

    Liked by 1 person

  3. coetzee2014
    Augustus 21, 2015

    Ek het nou ook al opgegee, om ´n paar bôggers, skuus tog, bloggers te motiveer. Nou moet ons maar sonder die genot van hul skrywes, deur die lewe gaan. Dit is sleg, veral as jy weet wat se talent daar onder die emmer lê.

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel
    Augustus 22, 2015

    “grinnik” -ja, die bloedtrekding nè? Die naald eindig maar altyd, na vele gesoek, op in die klein aartjie net bo my ringvinger – soos wat ek in die eerste plak beduie het hulle moet doen en klaarkry asseblief.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 21, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: