Sy is besig om die spreekkamerdeure te sluit. Ons staan en gesels oor ditjies en datjies onder my dierbare boom. Steeds blaarloos . Takke ten hemele.
Haar Pa vra : ” Was die laaste pasiënt, die man of die vrou?”
“Die vrou, hoekom vra Pa?” wetend dat hy al kennisse in haar voordeur raakgeloop het.
Haar Pa vra weer: ” Die Man was/is hy in die weermag?”
“Neee Pa !!, hy’t aambeie”
Sy vertel. Die man is heelwat ouer as sy vrou. Die vrou wat kom kuier het vir voetprobleme. Sy vrou vertel haar man moet gou apteek toe , voorskrif in die hand stap hy toe reguitrug soos wafferse soldaat hier uit . Die Voetevrou se Pa maak daar en dan met die aanskoue van die man se stap, die afleiding van moontlike bande met Weermag . Nogal ‘n flink stap . Reguit skouers . Reguit arms.Reguit rug.
Bieg die vrou by die voetevrou, haar man het erg probleme met die delikate deel van sy anatomie. So vreeslik dat hy nou een nag uit desperaatheid na die Ongevalle afdeling moes gaan. Die man glo maar skaam, seker ook te lank geloop met die probleem oor die skugterheid en so aan.
Daar tref die stomme man ‘n jong vroulike Dokter aan diens . Sy is ongeveer 28 jaar. Soet stem vra sy ” Waarmee kan ek julle vannag help?”
Die man sluk. Hy kyk hoektoe en weg en doeriekant toe. Sê nie ‘n woord nie.
Die Dokter rustig, seker ook al gewoond aan delikate probleme , vra toe weer.
Dit is toe wat die Pasiënt so onderlangs brommel vir sy vrou : ” Ek dink jy moet haar vertel”
Moet darem noem al het ons nou lekker gelag – dit was oor die Man des huises se afleiding nie oor die man se pyn nie. Die man in die huis het empatie die vroulike Dokters in aggeneem. Lang jare gelede was Androula(vroulik) ons Dr(Grieks van herkoms) sy het so geswets soms gewonder of sy jou of die kwaal slegsê. Sy trek en in haar plek was daar so mooi vroulike jong Dokter net klaar gestudeer . Die man des huises het knaend Bronchitis gekry. Die jong Dokter het vreeslik in verkleinwoorde gepraat. ” Kom ons luister na die ou borsie” . (Gehoor sy’t glo later gaan spesialiseer in pediatrie)
Kyk ek sou nou bitter graag die blog wou afsluit met sy kommentaar , terwille van oordentlikheid plaas ek ‘n wag voor my mond.
Glo nie hy het in verkleinwoorde gepraat nie!
LikeLiked by 1 person
Ha ha .. ek sal nie waag om te herhaal nie..
LikeLike
Wel, nou het ek lekker gelag, al het jy dan nou die “punch line” weggelaat.
LikeLiked by 1 person
O ek was in oneindige versoeking !! Gedink ek vervang dit maar met lesers se verbeelding !
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ons ‘n vindingryke verbeelding
LikeLiked by 1 person
Ag nee,nou vrek ek van nuuskierigheid!
LikeLike
Daardie opmerking was genadiglik op homself gemik… stoute bogger hy!
LikeLiked by 1 person
Ja, daar het jy dit nou. So skaam en tog so seer en steeds n oog vir dinge, ha ha.
Die ou boom sonder blare gaan binnekort weer lekker skaduwee gee!
LikeLiked by 1 person
Die bome is stadig met bot hierdie seisoen, en dit is erg droog. Lees jaargelede se onthou fbook posts – daar was al reënbuie.
LikeLike
Ons het hier lank nog baie koue gehad wat alles teruggehou het. Ons het wel baie reën gehad . Die afgelope week was dit beslis ook warmer. Die affodille is pragtig hierdie jaar
LikeLiked by 1 person
Oe geniet die Affodille! Dit is so pragtig.
LikeLike
Ja hul is die eerste werklike teken van lente in die lug!
LikeLiked by 1 person
Dit laat my dink aan die facebook prentjie wat ek so ‘n week terug weer ontvang het: “Jy maakies my naarkies”. Die verkleinwoordjies en die woord “ou mensie” of “my mensie” laat al my aambeie terstond terugspring. Uit pure verviesdgeit. Dankie, lekker gelag.
LikeLiked by 1 person
My Oorle Ma (saliger) het al vergeterig geraak, en in die Oue Tehuis het sy vir die Nursie wat haar ewig ge-oumatjie het, gevra “Nou watter van my kleinkinders is jy?” Broertjie dood en sy was nie eens ‘n klein geboude mens nie…
LikeLike