Woorde

Kodetaal

handsak launer Queen Elizabeth 11Indien sy haar handsak ná aandete op die tafel sit, beteken dit die geselligheid moet binne vyf minute beeïndig word.

Indien sy haar handsak op die vloer neersit, beteken dit sy geniet nie die gesprek waarmee sy besig is nie en haar hofdames moet haar uit die geselskap verwyder.

Dit is die Kodetaal tussen Queen Elizabeth die tweede en haar Hofdames.

Ek sou bitter graag wou weet waar beland haar handsak as sy nou alles en almal rondom haar geniet. Sou ook graag wou weet waar handsakplasing was met besoeke van  ons Land se hoogwaardigheidsbekleërs aan die Koninglike Hoogheid.

Haar handsakke word handgemaak deur Launer.  Neem aan daar is egte leer en goud en diamante tersprake . Ek het gegoogle oor die heer Launer, die voorraad handsakke  uit die Queen se voorraad word vertoon, gans en al te dieselfde patroon, my mening.

Haar handsak inhoud word ook in ‘n koerantberig bespreek, sakdoek- gelukbringers van haar kinders – haar brilhuisie en ‘n lipstiffie.   Wat se gelukbringers sal haar groot kinders nou vir haar gee? Die dat sy dit saamdra,  ek aanvaar sy    glo aan die  geluk met die  saam draery) of moontlik voel sy  na-aan haar kinders.

Ons almal het maar ‘n sentimentele streep, ek het deur my 3 handsakke gaan grawe.  (ek het net 3)  nêrens is daar eintlik iets vreeslik dramaties nie, miskien my gehoorstuk se batterytjies! Tissues, lipstiffie-botteltjie parfuum (eintlik reukwater) buisie handeroom, suiglekkers , die soort wat jy kry as jy by Restaurant iets te ete ge-eet het. Soms ‘n snaakse klippie.. ek het intussen opgehou klipoptel.

Die Launer handsak het my onmiddellik laat dink aan Tannie Ella. My oorle Skoonma se Skoonsuster(ook reeds oorl) As Tannie Ella by die busstop gekry is vir haar jaarlikse kuier , dan het sy hande  oor haar buik gestaan met soortgelyke handsak vasgeklem , hingsel oor die voorarm , wagtend op Johanna se kinders. Dink dit was ‘n handsak model wat gewild was onder bejaardes  in ons familie . My ma het so een gehad. Blink Patent Leather.. “Mooi dienlik my Kind” sou sy sê. Ta Nellie het ook sulkes gehad. Nou nie handgemaak nie sommer maar by Miesies Muller se winkel gekoop.

Of hulle nou gelukbringers van hul kinders sou saamdra. Nee ek glo nie . My Ma s’n het ‘n verweerde beursie ingehad- plekkie vir kerkgeld –  xstra-strong mentjie en ‘n lapsakdoekie. Uitgesoek met mooi geborduurde rosies in die hoek wat pas by okasie- die geruite enetjie sommer vir dorptoe   gaan. Traktaatjies-  pamfletjie oor borskanker.

Mag die Koninging haar troon geniet. Mag sy menige siel op hierdie aarde vreugde verskaf met al die eksentrieke dingetjies, mag die dame met die nommer 4 skoen wat altyd die Queen se nuwe paar  skoene eers vooraf moet inloop ook pret ervaar. Minstens kan sy sê iemand met Royalty het in haar skoene gestaan ( al is dit nou letterlik bedoel) .

16 comments on “Kodetaal

  1. Toortsie
    September 7, 2015

    Mooi. Dienlik. :)

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 7, 2015

      Toortsie, toe ek die woord – dienlik- onthou , dink ek hoe lank gelede het ek die gebruik van dit gehoor, pas kompleet by ou herinnerings.

      Liked by 1 person

  2. netjane
    September 7, 2015

    Net 3 handsakke? As ek by 50 kom sal ek nog kan tel, maar dan ophou omdat ek skaamkry

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 7, 2015

      Haha .. ag ek het darem sulke soort waarin ek naaldwerkie kan saamdra.. as myne vodde is dan is dit opgebruik , waarde vir geld. Geniet jou handsakke moenie skaamkry nie, ek steek weer boeke onder my bed weg , voel skuldig oor die oordaad..

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    September 7, 2015

    Aha die muse is terug sien ek!

    Ek het nie ‘n handsak ding nie. Ek gebruik een tot dit ou en afgeleef lyk dan gooi ek al die goedjies uit en dit gaan na Lina en ek kry ‘n nuwe!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 8, 2015

      Slegte nuus… muse het sedert die berig net so skaam-skaam oor die rant geloer .

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 8, 2015

        Dis darem weer ‘n begin… daar is darem altyd nog Mia wat weer ‘n brief verdien?

        Liked by 1 person

    • HesterLeyNel
      September 8, 2015

      Selfde hier. Een klein handsakkie met beursie, pen, hoofpynpille, motorsleutels, lip ice en selfoon in. En tog … as ek enigiets in die klein sakkie soek, verander dit skielik in die Big Black Hole en ek kan niks vind nie.

      Liked by 2 people

  4. perdebytjie
    September 7, 2015

    Oulik geskryf!Jippie,Dirkie is terug in volle sterkte.Ek het net twee handsakke

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 8, 2015

      Handsakke met klomp sakkies buitekant , so geritsluiter daarvan hou ek..vir onnodige goetertjies.

      Liked by 1 person

  5. Kameel
    September 8, 2015

    Een handsak met baie sakkies waarin ek presies weet waar wat is, of anders kry ek niks…. daarvoor sorg Meniers. Ek het tot ‘n sambreel in my handsak :) My handsak beland gedurig op die vloer…. maar ek het nie hofdames wat ‘n boodskap daarin lees nie :(

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 8, 2015

      Ek glo nie sy hoef sambreel eers oop te maak nie.. hoor sy bestuur woes die Queen , ouderdom ten spyt

      Liked by 1 person

  6. Spokie sny spoor
    September 9, 2015

    Interessant!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on September 7, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 520 hits