Woorde

Weemoed

Ek werk met mense se stemme.  Sy werk met die mens agter die stem se voete.

Soms ontmoet ek die mens .

Sy breekbare figuurtjie. Die kruisbande met Rotariërs kenteken . Sy mooi stem. ‘n Jongstem in ‘n ou liggaam . Sy hartlike lag. Hulle(die Pasiënt en die Voetevrou)  het altyd heerlik gelag. Kon hul menige dag  hoor – haar jong stem en sy ouer stem –  die lekker saamlag.

Wat laat mens so geheg raak aan ‘n vreemdeling, wat jy so geniet , die gereelde afspraak maak – die geselsie ?  Eendag het ek in die ontvangskamer ingestap, iemand se angssweet ruikbaar.. spuit-spuit het ek die lug verfris. Die skraal man met die kruisbande se hartlike lag , toe ek verskonend was oor mense wat vergeet mens kry spuit of smeergoeters vir oksels .. Daardie uit sy maag lag.. bulderend.

Nou steek ons ‘n kersie  aan vir jou,  Dr E.  ons sal jou mis.

kerslig dr e

Advertisements

19 comments on “Weemoed

  1. de Wets Wild
    September 14, 2015

    Net die lekker herinneringe bly oor…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 14, 2015

      Dit is vir ons regtig hartseer, al was hy siek .. ons raak geheg aan pasiënte, wonder of enige Dokter dit ook so beleef.

      Liked by 1 person

      • de Wets Wild
        September 14, 2015

        Ek weet daar is dokters vir wie die afsterwe van n pasient net so n swaar slag is as vir die familie. En dan is daar natuurlik ook die vir wie dit amper nie saakmaak nie…

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        September 14, 2015

        Hier was so deurmekaar Tannie wat eintlik in haar senielerige toestand soms moeilik was, tog het sy my so vreugde verskaf al het sy haarself 3 keer aan my voorgestel – swaar gesluk toe sy oorlede is.

        Liked by 1 person

      • de Wets Wild
        September 14, 2015

        Ek is seker jou medemenslikheid het vir haar meer beteken as wat jy jou kan indink!

        Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    September 14, 2015

    *drukkie* … hartseer maak jy my nou!

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    September 14, 2015

    Ag dis hartseer!So mooi geskryf,Dirkie.

    Liked by 1 person

  4. scrapydo2.wordpress.com
    September 15, 2015

    Dis maar nie lekker as so n persoon weg is nie. Ek het met die ondervinding van twee vriende wat n beroerte agtergekom hoe vinnig iets kan verkeerd loop. Al wat mens kan doen is maar bemoedig en positief bly. In hierdie geval is dit n ekstra skok as die persoon afsterwe.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2015

      Sy vriend (ook ‘n gereelde pasiënt hier) was gister ook saam met ons hartseer, gedink dit is vir ou vriende net so hartseer om verlies te verwerk.

      Like

  5. Toortsie
    September 15, 2015

    Mens raak seker maar geheg asn die pasiënte, veral as hul gereeld kom.

    Liked by 1 person

  6. Spokie sny spoor
    September 15, 2015

    Ai – mooi geskryf. Hou ook van die geel kers se vlammetjie. So word ons almal se kers eendag uitgedoof.

    Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie
    September 17, 2015

    Iemand wat die kuns van mooi oudword verstaan het…

    Liked by 1 person

  8. Lewies Mymer
    September 19, 2015

    Ek hou van die simboliek van die kersvlammetjie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 19, 2015

      My Oorle Ma het altyd gepraat van iemand se liggie wat uigedoof is.. dood was so harde woord vir haar – foeitog en destyds het hul van heengaan gepraat..

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 14, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: