Woorde

Die Huis oppie hoek se mense

Wou net vertel

Ons kry ook deesdae meer warm as ander dae, die dierbare boom met sy groen skaduwee kan ook net soveel help.Gister  het ek gewonder oor waaiers in kerkgeboue, dit raas en blaas en soms verjaag dit die klank van die Woord heen en weer in die gebou, en die dowe is meer hardhorend.

Ons oumensklub van Geliefde se vorige werk,  het saam gekerk en gaan eet. Ek erken ruiterlik die groep vroue wat saam met hulle manne kuier, is steeds vreemdelinge vir my.

MAAR

Ek kry toe met die uitstap na die etery so klein fyn vroutjie by die deur.

Eers agterna  uitgevind wie van die ou medaljedraers se vrou sy is. Nietemin, ons groet , ek hou  my hand onder haar elmboog. Vir die wis en onwis. Sy is breekbaar fyn.

Vertel sy , ag sy geniet hierdie saamgesels verskriklik. “mens raak so ..so ” en sy klink half bang om die woord te sê , help ek haar maar “depressief?”

“Dis reg, ag en my ou man is so vol (en sy gebruik sowaar  ‘n gekruide woord, ligte speserye , nogtans  ) hy wil nie meer hê ek moet alleen ry vir inkopies nie, ek’s glo te oud!”

“Dan kla hy ,op die koop toe,  hy wil nie meer saam winkel toe nie ” Foeitog niks is eintlik nuut onder die son nie, dit wou ek nou nie vir haar vertel nie.

Hul bly in aftreehuisie. Is maar klein.

“Weet jy, nou die dag vertel ek vir hom, na ons Checkers toe was – oppas kyk waar jy loop , moenie probeer bo- oor die pakkies klim , versigtig!

Hy klim wragtag oor die Checkers pakkies,luister nie vir my nie-  hak sy voet vas .Met die dat hy val voel ek ‘n stamp teen my bo-arm, en daar lê ek ook .

Die plek is so klein ..hy lê in die kombuis en ek met my voete in die gang!”

Toe wonder ek oor die opstaanslag.

18 comments on “Die Huis oppie hoek se mense

  1. coetzee2014
    Oktober 12, 2015

    Daarshy! Splinternuut! Hoe lekker lees ek!

    Liked by 1 person

  2. Net Ek
    Oktober 12, 2015

    :-)

    Liked by 1 person

  3. scrapydo2.wordpress.com
    Oktober 12, 2015

    Ai dit moet n gedoente wees as albei op die vloer le. Dis sekerlik nie n lekker gevoel nie. Bly om weer ietsie van die hoekhuis te hoor!

    Liked by 1 person

  4. vuurklip
    Oktober 12, 2015

    Hardhorend én hardhorig!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2015

      Ja dese oumense is ook maar ‘sondaars’ – wie ore het ..Lekker lag ek so in die mou.

      Like

  5. perdebytjie
    Oktober 12, 2015

    Ek sien al die twee oues so lê bo-oor die pakkies…hulle het seker agterna gelag vir die petalje.Lekker gelees!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2015

      Ek wonder, sy het maar erg verontwaardig geklink..ek het my slap gelag . Haar man is genadiglik nie oorgewig nie, beide gedaan en broos.. foeitog , ek het empatie met die val.

      Liked by 1 person

  6. ekmyselff
    Oktober 12, 2015

    Lekker gelees en sommer lekker gelag ook.

    Liked by 1 person

  7. monicahaddad01
    Oktober 12, 2015

    Ek weet nie of ek mag lag nie maar ek kan nie anders nie.Wonder nou sommer baie goed,, wie het vir wie opgehelp, wat was die gesprek daarna, was daar eiers in die sakke, mens kan ‘n hele drama hieroor skryf :-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 12, 2015

      Oe , jy praat! Volgende keer gaan ek beslis van hierdie dame ‘n tafelgenoot maak.. ek het onwaardig agter uit my keel gelag toe sy dit so ewe sedig vertel.

      Like

      • Toortsie
        Oktober 13, 2015

        Jy kan haar gerus weer opsoek. Sy klink na lekker geselskap.

        Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    Oktober 12, 2015

    Siestog mens moet besef wanneer hulp nodig is. Dis swaar maar as mens sien hoe mense weer blom, weet mens van Genade

    Liked by 1 person

  9. Toortsie
    Oktober 13, 2015

    Sies tog. Ja, die opstaanslag sou seker ‘n lollery wees, ‘n dag se werk. :)

    Liked by 2 people

  10. Tannie Frannie
    Oktober 13, 2015

    Ag hoe lekker -hier’s jy weer!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 13, 2015

      amper sing ek ‘n liedjie…met my rooirok voor jou deur of die kat kom weer ?? ek sukkel, Gister my voorgeneem vandag het die voorneme in hitte verskroei.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 12, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits