Woorde

Annah ( hier mag dalk ‘n kruwoord verskyn, aan diegene wat sensitief is)

Annah is deel van ons huishouding, al woon sy nie terplaatse. Ek ken haar kinders(al is dit net  in naam) ek ken haar broers (al is dit ook net in naam ..en haar kerkmense ).

Soggens groet ons, ons vra wedersyds uit oor naweek se doendinge . Soms sal sy laat weet, met krakerige stemmetjie

” Ma Doepie, ek kan nie kom by die werk..ek kots” ag dan wag ek tot sy weer diensbaar is en vra susterlik” hoe gaan dit met die naarheid Annah?”  ” nee hy’s oor” is al wat sy antwoord.

Ek kan Annah lees soos ‘n boek. ‘n “Ag siestog Annah, wat is fout” kan soms die krane oopdraai.

Sy staan by die hek, gesig blink,  oë rooi.

Hallou Annah..en nou? vra ek. Bars Annah in trane uit dat hoor en sien vergaan.

Ek troos en maak sommer vir Annah tee.. en gee ‘n verlate Calmettes pilletjie.

Nee, Ma Doepie my hart is so seer , dis daai kind,  Poenkie. (Poenkie die dogter die oogappel dogter..die slimme kind)  Die nextdoor het party gemaak van die middag 1 o’clock tot 5. Ek weet daardie Mamma is kwaai daar is net Fanta en chips..en koekiekies. Daai aand sewe uur , Poenkie is nog nie terug. Ek bel die Mamma ..die Mamma vertel nee, hul is almal weg , vyfuur.

Annah se bloeddruk styg en sy bel haar eersgeborene Petrus. Petrus werk en hy studeer deeltyds vir onderwyser( ook die Moeder se spogkind..maar hy is suinig en gee nie vir Annah ‘n bydrae nie, en Petrus moes gevolglik self huisopsit..)

Petrus bel vir Poenkie kind, verneem waar  sy is en sy gee ewe jollie darem haar kuierplek.

Petrus blaas sy humeur se vlamme hoog en teen hy by die kuierplek aankom, is hy plofbaar. ” Ses jongmannetjies, Ma Doepie en die meisiekinners- almal swart T-shirt en swart denims. Oe, en Petrus roep Poenkie, en Poenkie se tjommies sê, hy’s nie haar Pa”

Ma Doepie, Petrus sê, alles het net swart geword.. en hy slaan  daai kinders. Vuurwarm. Net die laaities. Al die karre stop om die storie te kyk..Petrus, roep die Taxi , hy laai al 6 op en vat Poliestasie toe en maak verklaring, hy’t hulle pak gegee.

Krisis. Die een jongeling wat pak gekry het , se Moeder  lê ‘n klagte en Petrus word met klagte van aanranding in Polisieselle toegesluit. Stomme Annah, sy huil of haar hart wil breek. haar kind wat toegesluit word, en hy wat net troos “Toemaar Mamma, moenie stres..alles is reg” Sê jy dit nou vir ‘n Ma so iets as jy aanstap selle toe! Foeitog.  Petrus is na blitsbesoek deur Annah se ‘prokreer’ huistoe . Gelukkig vir Petrus,-  ek het vir Annah vertel hy kan sy sterre dank- het die klaer nie by hofdag opgedaag nie, saak is teruggetrek.

Gisteroggend.. staan Annah weer hangskouer.

Ai Ma Doepie, ek kry Saterdag die oproep van man wat saam ons Kerk loop, hy maak meeting en vra ek moet nie alleen wees ek moet familie saambring. Sy kies Simon. Simon die losbek, Simon met die lani vrou Julia wat neersien op Annah.. ai ai.

Ma Doepie, Petrus het sy girlfiend pregnant gemaak. Annah in skok.

Die medestudent studeer, en die Pa is Dokter en die Ma hy baklei met my en vertel my “..ek soek R6000 vir damage, oor jou kind my kind pregnant gemaak het!!” Kan jy glo!! Seker saakbeskadiging..gmf.

Lang vergadering. Die kind gaan verder studeer, saamwoon is taboe  lobola moet eers betaal word en “Ma Doepie, daai vrou sy dra die skoene met die hooghakke , sy vertel my ek soek nie jou kind myne trou uit RDP huis , jy is arm-kortgat… en toe verloor Annah haar waardigheid en sy vertel haar pront ” Jou moer man!”

..Annah gaan die  baba neem,  haar kleinkind is haar bloed en haar familie se naam en haar familie se van ..en ek sien haar oë blink .

 

28 comments on “Annah ( hier mag dalk ‘n kruwoord verskyn, aan diegene wat sensitief is)

  1. Orange Blue
    Oktober 20, 2015

    Anna doen reg. Drie hoera’s vir Anna, vrou na mens se hart.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2015

      Die Pa van meisiekind het darem genoem hy voel kinders moet self besluit , beide is al 25+ , maar die Moeder met die hakke sien nie kans vir die verlaagde status troue en haar kind moet , volgens Annah -“Engeneria” word. Watter rigting in Ingenieurswese , weet ek nou nie. Vir Annah getroos, die baba gaan so slim wees, al die erf IK’s inaggeneem. Ai tog en Petrus sal sy suinigheid in die sak moet steek , sy Moeder Annah gaan by sy werk aftrekorder laat teken , alle uitgawes sal so verhaal word.Vreeslik dat die 2 hul kind net na die ouma oorskuif. Hierdie is nou nie vir sensitiewe siele- maar Annah demonstreer vir my so tussen duim en voorvinger by haar bors..daai Mammie gaan nie doen, sy soek nie hangtet nie.. Ag hemelkie tog!!

      Like

  2. scrapydo2.wordpress.com
    Oktober 20, 2015

    Die lewe is hard vir die wat dit die minste kan bekostig. Dan word hul nog uitgebuit deur kastige beter mense. Daar is so baie van die dinge wat neso gebeur soos jy hier vertel.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2015

      Ek besef klasse verskil kom vreeslik in hul bevolking voor. Die 2 jonges albei intelligent, die ouers en familie weerskante ook, maar stomme Annah bly in RDP huis, al is sy inherent meer opreg .

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Oktober 20, 2015

        Ja, hartseer beslis. My huishulp was ook n meer gegoede dame wie se kinders verder gestudeer het terwyl my tuinhulp net nie die geleentheid gehad het om te kon verbeter nie. Steeds was ek lief vir altwee en hul families ook. Het die kinders ook ontmoet en hul wass almal ordentlik. Tuinhulp moes altyd baklei om sy werk te behou omdat ander om altyd wou afkraak. Hy was n harde werker!

        Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel
    Oktober 20, 2015

    Ai tog

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2015

      Sy het plegtig genoem, daardie kindjie gaan na Sonlandpark kleuterskool toe en sy wil he die kindjie moet Unitaspark skool toe..Petrus het saam met Annah se vorige Werkgewer se kind daar skoolgegaan.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Oktober 20, 2015

        Is dit nie wonderlik dat, tussen alles deur, hoop altyd bly voortleef nie.

        Liked by 1 person

  4. Net Ek
    Oktober 20, 2015

    Ai die kinders!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2015

      Ons almal bly maar Ma’s met kommer oor ons kinders. Siestog Annah het vir hom (Petrus) gevra nou hoekom? Hy verskonend ..Sorry Mamma onglok… hmmm sal nie haar reaksie vertel, minstens kon sy lekker stoom afblaas, en sy dink Ma Doepie se Calmettes pilletjie kom uit die Hemel..

      Liked by 1 person

  5. Spokie sny spoor
    Oktober 20, 2015

    Aitoggie! Dan dink ons minder geld het minder probleme1? Soos hul sê, elke huis dra maar sy eie kruis. Sterkte aan ou Annah

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2015

      Ek dink ek sal vir Annah tonikum moet kry, sy is 45, dink daar wag nogal aanpassing vir haar.

      Liked by 1 person

  6. Stories Uit My Wereld
    Oktober 20, 2015

    Ai dit is wat ons mens maak. Om te luister, soms sonder verstaan maar met luister. Jy skryf goed.

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Oktober 20, 2015

    Ai mens se hart kry saam seer!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2015

      Empatie met die jongelinge en die grootouers , bly steeds ‘n emosionele belewenis.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Oktober 20, 2015

        Dis waar… dis egter regtig apartheid se skuld… mens is so afgeknou dat daar nooit kans was om die omstandighede te verander nie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Oktober 20, 2015

        Ek voel so jammer dat Annah moes kinders(haar boeties} oppas, hulle het almal verder geleer , ek glo sy sou ook kon presteer. Seuns het voorkeur bo dogters gekry.

        Liked by 1 person

  8. perdebytjie
    Oktober 21, 2015

    Klink nes my storie van Seunskind en Surprise!Dis universeel.Pragtig geskryf!

    Liked by 1 person

  9. Toortsie
    Oktober 27, 2015

    Sjoe!

    Liked by 1 person

  10. Kameel
    Oktober 27, 2015

    Soos my ma altyd vir ons gesê het….. hulle velle is miskien swart, maar hulle het harte, en gevoelens net soos ons. Groot verantwoordelikheid wat jou Annah op haar neem.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 20, 2015 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 519 hits