Woorde

9 November 1974

troueEk lees graag met ons  Huweliksherdenking hierdie gedeelte van Bob Marley.

Oor die uwe en Geliefde se 41 jaar gaan ek nou niemand onder wanindruk bring dat dit  ewig maanskyn en rose  was nie. Ook darem nie net dorings en distels nie. Ons het mekaar eers leer ken na ongeveer 5 jaar van  ons getroude lewe .

Ek vertel ewig vir ons kinders , die eerste 5 jaar was ons nog vreeslik verlief daarna het beide van ons vrymoedigheid gehad om  luiddrugtig van mening te verskil. Ek onthou die tranedal en die vredemaak ook. Waaroor die verskille was,  kan ek wraggies nie onthou nie..mens hou ook nie boek daarvan nie.

Voordat ek groet , hy het vanoggend hierdie  spesiale dag onthou.. gewoonlik teen 4 uur die middag het ek hom herinner, vanoggend was ek al vroegoggend omhels.

Ons is beide dankbaar vir die saamwees en eenwees deur lief en leed.

vredefort ngkerk7Foto:  Geneem deur Debbie Delport Oosthuizen –  Vredefort NG Moeder Gemeente. Die kerk waarin ons getroud is.

27 comments on “9 November 1974

  1. scrapydo2.wordpress.com
    November 9, 2015

    Dis wonderlike om so lank saam te mag wees. Veels geluk en mag dar nog n hele klomp jare van saamwees bygevoeg word.

    Liked by 1 person

  2. newsferret
    November 9, 2015

    En nou vir daardie volgende 9 jaar en dan die groot fees. Hartlik geluk.

    Liked by 1 person

  3. Lien
    November 9, 2015

    Hi julle 2tjies baie baie geluk hoop julle het ‘n wonderlike dag saam vol lekker dag saam en nog baie vreugdevolle jare saam. “Ons troufoto” hang in my gang het julle al vroeg gelukgewens.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2015

      Ag, kry ek nou trane in my oë, dankie my strooimeisie! Jy was darem dun om jou middeltjie op daardie einste fotos.. liefde vir julle.

      Like

  4. ekmyselff
    November 9, 2015

    Dis so mooi – geluk! Klink my dit was baie meer soet as suur!

    Liked by 1 person

  5. monicahaddad01
    November 9, 2015

    Ai julle is voorwaar geseend. Ek het vir Bob weer herontdek toe ek ‘n langspeelplaat van hom gekry het. Ek is gek na hom…..

    Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel
    November 9, 2015

    Wow! Dis ‘n pragtige advertensie vir die huwelik. Geluk en mag daar nog vele soete jare wees!

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    November 9, 2015

    Ag dis al te lekker… ek lig my hoed vir die man wat so met jou vasgebyt het!!!!! :)

    Liked by 3 people

  8. gidivet
    November 9, 2015

    Baie geluk aan julle. En dankie vir die mooi woorde. Ek sal dit met my geliefde deel. Sy’t juis vandag uit Suid-Afrika teruggekom na ‘n kuiertjie by die skoonmense.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      Heerlik om van jou te hoor. Ons hittegolwe is verskriklik ek hoop as jul weer SA tesame kom besoek, is dit koeler en groen .

      Liked by 1 person

  9. perdebytjie
    November 10, 2015

    Baie geluk,dis omtrent ‘n leeftyd saam!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      Ag ek was in alle liefde gister teen 4 uur vreeslik bly ek hoef nie weer die pad te stap, seker maar ouderdom wat mens laat aftaan en dankbaar is om vredig voor te gaan

      Liked by 1 person

  10. Net Ek
    November 10, 2015

    Sjoe dis darem wonderlik!

    Baie baie geluk!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      Dankie Net Ek..ek is so allerverskriklik agter met blog lees, so bly as ek jou sien. Baie leeswerk om by jou in te haal.

      Liked by 1 person

      • Net Ek
        November 10, 2015

        Hehehe, ja ons klomp is mos maar erg bedrywig!

        Liked by 1 person

  11. Tannie Frannie
    November 10, 2015

    Julle is waarlik geseend…Baie geluk!

    Liked by 1 person

  12. Spokie sny spoor
    November 11, 2015

    Wat ‘n voorreg. Baie geluk. Weet nie wie het aangehou of wie het uitgehou nie … (grappie)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 23, 2015

      Ag sien ek nou eers jou kommentaar .. daardie aanhou en uithou is deel van die grootword , ons was eintlik kinders(21jariges)

      Like

  13. Toortsie
    November 23, 2015

    Dis nou behoorlik lank na die tyd wat ek hierdie bloginskrywing ontdek. 41 jaar! Wonderlik! Hartlik geluk. Ek gaan jou aanhaling leen asb.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 9, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 513 hits