Woorde

5 stappe hoe om ‘n bra aan te trek

Nie vir sensitiewe kykers. Fotos van bewerige,  dynserige  kwaliteit wat duidelik blyk die persoon wat fotos geneem het,  se selfoon was ook  bewerig  veral omdat die onderwerp/voorwerp – vinniger as blits beweeg  het  van punt a na  punt b.   Ek het hierdie beeldmateriaal naamloos ontvang. Nogtans , nogtans wil sy half bekend voorkom..

mia bramia bra2

mia bra 3mia bra4

mia bra5Ek hoor – die kledingstukkie het tussen skoonwasgoed op die bed gelê, en toe verras sy haar moeder met kleedrepitisie.

Sy is op die ernstige na-aap fase.

Ons almal tel deesdae ons woorde, net vir ingeval..

Advertisements

35 comments on “5 stappe hoe om ‘n bra aan te trek

  1. Net Ek
    November 10, 2015

    Ag noenoetjie!

    Te kostelik vir woorde. En net so is ek weer ERG broeis! Sug….

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      Ha ha , daardie koors kan nogal onverwags op mens toesak .

      Liked by 1 person

      • Net Ek
        November 10, 2015

        O jinne ja beslis!

        Dink ek moet eers gaan koffie soek en ERNSTIG stil sit vir so 10 minute dat die gevoel net weggaan.

        Maar sy is PRAGTIG!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 10, 2015

        Ek wil graag foto hê van Mia, deesdae raak dit ‘n oefensessie op sigself om vinnig te kiek in fokus. Sy brabbel baie. ‘o no!” is gewild en ‘eina’ word geskree vir elke tafelhoek..

        Liked by 1 person

      • Net Ek
        November 11, 2015

        Ag dis te dierbaar!

        Like

  2. monicahaddad01
    November 10, 2015

    En sy is tog o so trots !

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      so om die middellyn, ai man! glo so getrippel..heen en weer met bra wat soos sliingervel swaai . Deesdae probeer sy spring, ek verkyk my aan die konsentrasie so op toonpunte en probeer lyfie op te wip.

      Like

  3. Jeanne
    November 10, 2015

    Na-aper van formaat! Sy is pragtig!

    Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie
    November 10, 2015

    Sal haar mos sommer opvreet! Sy begin vroeg-vroeg vrouwees geniet.

    Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel
    November 10, 2015

    Is dit nie wonderlik hoe vinnig hulle leer deur te na-aap nie? O ja, en die woordeskat wat so vinnig uitbrei, veral as dit iets is wat juis nie herhaal moet word nie. Haar ma is oulik om so ‘n kostelike “oefensessie” op film vas te lê.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      Ek dink toe die juffer by die tv vertrek instap met die kledingstukkie aan , was dit net vinnig kliek vir bewysstuk, want soms herhaal hul nie so oefensessie nie.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        November 10, 2015

        Hulle beweeg soos blits en jy moet vinnig wees. Ons “gesels” eenkeer ‘n week met ons s’n op skype, dan soen sy net vinnig die skerm om Ouma en Oupa te “kissy” en dan begin daai klein vingertjies knoppies druk op die rekenaar. Ons het Sondagaand maar moed opgegee en op die landlyn gebel.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 10, 2015

        ek soebat tik saam met ouma ..babytv ..en wys dan die skerm se keuse..dit help nie sy tik ook knaend tussen-in …kinders word slim-slim gebore.

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        November 10, 2015

        Vroeg al wetsgeleerd soos die oumense gesê het. Maar die oumas en oupas geniet dit tog so!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 10, 2015

        Ek hou van daardie uitdrukking ek het dit al vergeet .. wetsgeleerd ! Ag dit is so slim van die ou mense.

        Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    November 10, 2015

    Ag mens wil har opeet!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2015

      Tina, sy gesels sulke lang brabbel geselsies met die voëltjies, sulke dae wil mens haar so lank moontlik peuter hou,

      Liked by 1 person

  7. Pixie
    November 10, 2015

    Ag cute!,,

    Liked by 1 person

  8. Tannie Frannie
    November 11, 2015

    Van na-apery gepraat – soms sien ek die mooiste flitsies van Gabby se mamma: as sy die speelfoon so tussen skouertjie en oor vasdruk en met presies dieselfde intonasie “Hallo?” – en ook as sy uitroep “Eina f…!”

    Liked by 1 person

  9. scrapydo2.wordpress.com
    November 11, 2015

    Is dit nou nie om haar sommer op te vreet nie! Ai dis te pragtig. Ek het juis op n foto van my seun afgekom waar hy besig was om die hond se tande met die waslap te borsel. Dis toe hy begin het om sy eie tandjies te borsel. Voor hy nog skooltoe is. So spontaan en spesiaal.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2015

      Ag jitte, ek neem aan die hond was vreeslik verdraagsaam..wonderlik waarmee klein kindertjies mee vorendag kan kom.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        November 11, 2015

        Jy moet die hond se gesig sien en ook die gesiggie van my seun wat in sy ski is omdat hy dit doen. Sulke fotos en opnames is kleinnode vir later jare

        Liked by 1 person

  10. Spokie sny spoor
    November 11, 2015

    Jinne – sy het omtrent gou groot geword. Te pragtig.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2015

      Nou is ek gedaan, sy het vinnig saam met haar ma draai in winkel gaan gooi.. langbeen meisiekind.

      Like

  11. Olga
    November 18, 2015

    Is sy al so groot? Wow, sy is pragtig.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 19, 2015

      Sy word vinnig groot, een van die dae as die prematuur nefie uit hospitaal is , (ons nuutste kleinkindjie) gaan sy met Ouma se hulp met Kian briefieblogs skryf.

      Like

      • Olga
        November 19, 2015

        Voor jy mes kan sE, gaan sy dikteer wat jy moet skryf.

        Liked by 1 person

  12. Toortsie
    November 21, 2015

    Mooi man! :)

    Liked by 1 person

  13. Rob Alberts
    November 21, 2015

    Wat een humor in zo’n kleine fotoserie!

    Vrolijke groet,

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 10, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: