Woorde

liewe Kian

Ouma het mooi gevra dat ek asseblief met jou moet  gesels.

Dit maak haar vreeslik bly, en  vir Oupa en vir  my Mamma,  maar ek belowe  jou,  hierdie briefie skrywery is glad nie vir my maklik nie maar ek het belowe. Ek hét belowe ..

Kian, jy is oom Pieter en Tannie Marlien se seuntjie, my Mamma se Boetie se seuntjie en nou is jy sommer my nefie.( Ek wil net vir jou vertel , daai Oom Pieter is my gunsteling speelmaat, hy jaag my  gang langs en hy lag lekker as ek giggel – en nou het hy  staan en ‘n babatjie huistoe bring maar hy speel darem nog saam met my).

Ek weet teen jy eendag hierdie briefie lees, sal jy dalk verstaan, dit is verbitterlik moeilik vir my. Ek  was die eerste kleinkind hier by die Hoekhuis. Nou skielik tel almal my op en vra – eintlik dring hul daarop aan – “Kyk Mia , kyk ! Sê hallou vir Kian, Mia. Kyk sy ou gesiggie kyk sy haartjies sy handjies!”

Ek kyk en het gekyk , maar in my lewe ken ek net kindertjies wat hardloop en grootmense wat oe en aa en hier bring hul die klein babatjie huistoe en hul wil hê ek moet saggies , saggies vat en suutjies praat en hulle sit hul vingers voor hul monde en sê ‘sjuut Kian dit en dat en doerie!”

Ag Kian, ek kry bietjie swaar. Al vertel hulle jy gaan saam met my gly en sandput speel en alles en nog wat, jy is klein en jou ogies is meestal toe en jy drink uit bottels wat nes myne lyk, myne is net pienk en nou skielik wil mamma ook nog vir my vertel ek moet my  bottel bêre . Gmf Ek het tande en kou en kan bekertjie vashou en strooitjie suig..nou moet hulle nog net vir my vertel ek is nie meer ‘n baba nie.. dan gaan jy my darem hoor skree! Jy moet net nie te veel skrik nie.

Ouma en Oupa en ons  almal , ek ook is vreeslik bly jy is uit die Neoneutale afdeling. Jy moes hul tranerige grootmens oë gesien het! Grootmense noem dit bekommerd.

Ek dra nie stories aan nie, ek het vir die vaste waarheid gehoor my mamma sê jy’s ‘n maergat, kyk die ou boudjies en beentjies en voetjies. Ek wil jou ook net vertel as jy so baie melk drink gaan al daardie tjies agter jou lyf verdwyn en dan praat hul sommer gou-gou  van Kian se boude.. en so aan. Wou maar net vir jou vertel.

Kian, het ek vir jou vertel my naam is Mia..ek is tog jou niggie.  En hierdie twee mense op die foto is my Ouma en Oupa , ek hoor hul is  nou joune  ook, ons is  familie . Hmm, klink so mooi .

Jy moet lekker slaap , ek sal maar weer gesels.

Liefde Mia

kian ouma en oupa2

kian oupa handjie vashou

O amper vergeet ek , en dit is Oupa  wat jou handjie vashou.

 

Advertisements

13 comments on “liewe Kian

  1. de Wets Wild
    November 30, 2015

    Ag moeder! Baie geluk met klein Kian se aankoms!

    Liked by 1 person

  2. scrapydo2.wordpress.com
    November 30, 2015

    Dis nou te ptragtig. Mia jy sal nie spyt wees nie. Hy gaan nog baie lekker met jou speel sodra daardie tjie deeltjies sterk en groter is. Geluk aan Kian se Pappa en Mamma en ook Oupa en Ouma.

    Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor
    November 30, 2015

    Baie geluk. Nou het Mia ‘n maiki gekry. Wag net totdat hy bietjie groter is, dan hardloop hul orals rond.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 30, 2015

      Ons is almal so bly hy is by die huis, hy was 10 dae in neonatal a.g.v vroeë geboorte en longprobleme.

      Like

  4. rondomtaliedraai
    November 30, 2015

    Aaaagggggg is dit nie pragtig nie. Nou het die stomme Ouma ‘n iemand waaroor sy kan wroeg! Ek is sommer jaloers. Dink net hoe lief gaan hulle vir julle wees!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 1, 2015

      Ek hanteer Kian nog versigtig, Mia is op die holderstebolder fase , woes besig , haar grootste pret is om springmat te spring.. dit het ek nog nie gewaag nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 29, 2015 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: