Woorde

Liewe Kian

My Ouma ..o gits ek bly vergeet , dit is ons Ouma. Ons Ouma kla omdat niemand ‘n kamera byderhand het nie en haar ou selfoontjie is nie slim nie en die kiekies is vaal en goeters oor pixels wat nie genoeg is nie , of so iets.

Kian, ek wil graag weet droom babas ? As jy droom waarvan droom jy dat jy so klein glimlaggie kry.kian glimlag colage

Jy kyk deesdae baie meer rond met jou ronde ogies. Vandag toe jou Pappa jou bring en jy skree so harde geluidjie  kon ek dit byna nie glo nie. Dit is hoekom ek altwee my hande weerskante van my wange gehou het en kliphard geroep het ô ô!

Hoekom die grootmense daaroor gelag het verstaan ek nie. Vir hulle was dit miskien snaaks maar ek het my boeglam geskrik, eerste keer wat ek jou stem gehoor het en ek kon  jou tongetjie sien. Het jy geweet dit maak so skulpie  bakkie vorm , jy’t ‘n bitter harde stem Kian!  Ag aardetjie tog!

My Mamma se ogies blink sommer so as sy jou vashou. Ek verstaan, jy moes sien toe sy jou die eerste keer moes vashou , sy was maar giggelrig, Ouma se dit was  ‘n  senuweeagtige laggie.Sy en Ouma is skielik weer onbeholpe(dit beteken hul kry niks reg nie, nie eens toe hul iets ruik wat nie na babapoeier ruik nie en hul jou doek moes ruil!) Kian ek was geskok, maar daaroor mag ons nie praat in geselskap nie, al wat ek vir jou vertel dit was vrot..erg vrot! Al wat ek jou mee kan troos, hul albei het jou kleinnnn ou doekie aangesit na ‘n geskoonmaak en gesmeer met boudesalf, hul was skoon uitasem van bewerigheid.. giegie!

kian en tannie Woudie

Kian, vanaand gaan jy by Ouma en Oupa by die hoekhuis vir ‘n paar uur kuier. Ek sal more die stories hoor, jy moet lekker slaap , een van die dae sing ek vir jou ” Baby on the bus” .

Soentjie vir jou, ek mag net op jou hand soen..

Liefde

Mia, jou niggie.

Advertisements

14 comments on “Liewe Kian

  1. rondomtaliedraai
    Desember 1, 2015

    Ag dis so spesiaal – ek is skoon tranerig. Dankie vir die deel vriendin. Hierdie kleingoed gaan eendag ‘n wonderlike skat hê wat hulle weer met hulle kinders kan deel. Jy moet dit mooi Bêre!

    Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Desember 1, 2015

    Pragtig geskryf Ouma

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2015

      Dankie Tannie Hester ek sal ve Ouma laat weet, Ouma wil net weet hoekom gebruik nuwe Mammas nie meer Johnsons babapoeier vir hulle bababoude nie… my Ma het nie en nou gebruik Tannie Marlien ook nie vir Kian dit nie..

      Like

      • Spokie sny spoor
        Desember 2, 2015

        Ek kon dit ook nie verstaan totdat my dogter vertel dat die
        poeier deur die babas ingeasem word, en dit nie goed is vir die longe nie. Maak nogal sin.

        Liked by 1 person

  3. Toortsie
    Desember 2, 2015

    Dankie, liewe Mia, dat ons jou briefies mag lees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 2, 2015

      Dankie Tannie Toortsie (my Ouma het vir my vertel ou dae het haar Ma van ‘n toorts gepraat, dit jaag die donker en bang in die donkergang weg .)

      Like

      • Toortsie
        Desember 2, 2015

        Weet jy wat? My pappa het ook van ‘n toorts gepraat! En dis hoekom my naam Toortsie is. Jy is darem slim!

        Liked by 1 person

  4. Spokie sny spoor
    Desember 2, 2015

    Ag te oulik!

    Like

  5. monicahaddad01
    Desember 2, 2015

    Ai Mia ek sien jy volg knap op jou ouma se voetspore !

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 1, 2015 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: