Vandag is dit Ouma se beurt om met jou te gesels.
Ouma is baie bly jy is gesond en rustig en die Susters by die Baba Kliniek is almal gelukkig met jou lengte en breedte(gewig optel) .’n Gesonde baba, al het jy so lank in Neonatal gekuier.
Ouma wil jou eintlik ‘n storie vertel oor jou Pappa. Môre, 5 Desember 1985 is hy gebore. Hy was ook vroeggebore. Het maar 1,95kg geweeg. Ons het hom gekry na 3 weke, toe het hy 2,5kg geweeg ..’n pakkie suiker se gewig.
Kian, toe ek jou die dag met jou geboorte gesien het, het ek dadelik gedink Aartjie na sy vaartjie. Dit beteken maar net dat jy baie na jou Pa aard. Wat geaardheid betref weet ons nie nou al nie, maar jy is maer nes hy. Oupa het altyd vir jou Pappa grappierig gesê “Ja jou maergat” en jou tannie Woudie het jou ook gegroet met ‘n “Hallou jou klein maergat!”
Kian, Ouma wil nou nie te ernstig klink nie (dit is nou om sonder ‘n groot glimlag op mens se gesig te gesels) , ek wil graag vir jou vertel om ‘n kindjie te mag kry , is die allergrootste voorreg. Ons kinders, jou Tannie en jou Pappa, is ek en Oupa se harte-kinders, kosbaar. ‘n Genade (dit is wanneer mens ‘n allergrootste geskenk ontvang sonder dat jy hoef te betaal, so ‘n grootgeskenk groter as Kersfeesgeskenk onder ‘n boom) .
Nou die dag toe jou Pappa jou in sy arms vashou, en jou so saggies op jou koppie soen, was Ouma so verskriklik dankbaar dat hy die allergrootste geskenk saam met jou Mamma kon ontvang. Ouma glo jy sal vir hom so ook die allergrootste verjaarsdaggeskenk môre wees.
Kan jy dink hoe heerlik gaan ons gesin môre gesels en lag , ons almal bevoorreg almal nederig dankbaar.
Mooiloop Ouma en Oupa se Kleinseun saam met ons Grootseun.
Liefde
Ouma en Oupa
* O gits Kian, daar spring die foto eers agterna weer terug , dit is soos jou Pappa gelyk het dink so 2 jaar?
Kosbaar!
LikeLiked by 1 person
Dankie , ai ai die onthou kom kuier altyd op spesiale dae.
LikeLike
Aag – sweet!
LikeLiked by 1 person
Klein pienk tone is te ougat
LikeLiked by 1 person
Ag dis nou spesiaal Mens is so dankbaar as kinders baie geliefd is
LikeLiked by 1 person
So bly die kleinman is tuis en dat hy floreer.
LikeLiked by 1 person
So mooi en so lekker!
LikeLiked by 1 person
Ag ja , nou die dag gelees ou mense tjank mos so maklik.. deesdae het ek knaend die geneigdheid om die oorloopsindroom te ervaar.
LikeLiked by 1 person
Ja, dis waar en ek het nie ‘n probleem daarmee nie – dis mos ‘n teken dat ons grootgeword het en nie skaam is om uiting te gee aan ons gevoelens nie.
LikeLiked by 1 person