Woorde

Haar naam was Aletta.

Die Beeld se nuwe redakteur het geskryf oor die dogtertjie wat geboelie was by die in-groep oor haar gewig. Ongelukkig kon sy dit nie emosioneel  hanteer nie en moontlik  nie met haar ouers  gedeel nie, en selfmoordgepleeg (selfdood).

Verskriklik.

Gister het ons ‘n dagrit gehad, ‘n onthou-jy-nog-rit. Rondgery in my grootword-wêrelddeel.

By die plaasskool van destyds gestop , fotos geneem . Ek het van klas tot klas gestap.

  • Onthou in hierdie klas het die Susters (medies)ons dogtertjies op ‘n ry laat staan . In ons ore en oë gekyk en in ons bloemertjies(destyds was daar nie penties nie) gekyk en die rek so laat terugskiet met ‘n klapgeluid en op ons mage gedruk. Dit troos darem dit was ‘n vinnige inloer. Vader weet wat wou hul sien of wat kon hul sien..Ek onthou dit is waar ek die eerste keer in my lewe gesien het iemand smeer potblou/groengoed bo-op hul ooglid. (1960 se koers) My ma het na my geskokte vertelling my vertel van die oogskadu.. al wou ek weet skaduwee is dit  dan nie beter onder die oog nie?
  • Hierdie was my klas. Van sub A tot standerd 2 in een klas. Teen jy by standerd 2 kom , is die dreunsang van feite van jare se aanhoor al stewig genestel. Ek onthou die skoonskrif , lig skuins-op harder regaf , en op die lyntjie. Ewig raas gekry oor ek deur die lyntjie voeter , toe besluit ek dan sal ek maar so rakelings bo die lyntjie skryf. Dit is toe wat my stomme Ma ‘n oproep kry van die Juffrou, hul moet laat kyk na my oë. Die neukery met die lyn, sien! Die rede  , almal was bewus van my Ma se vreeslike swak oë – die diklensbril.  Gmf , ek het haar vertel en gebieg ek het vir die juffrou gelieg toe sy vra,’ kan jy die lyn sien’ en ek toe al mooi keelvol(gatvol het toe nog nie in my denke bestaan nie) – vertel ek met ‘n dun stemmetjie, neeee!
  • Ek sluk swaar by die een hoekie waar die boekrak gestaan het. O ek was (is) lief vir lees. Ons was arm en jy het Kerkbode, Landbouweekblad,  Die Voorligter en Huisgenoot gehad om te lees. Boeke in ‘n skoolboekrak was  Hemels, en daar vertel sy ek mag nie , glo te moeilik te gevorderd. Ek was ‘n goeie leser, middelkind tel maar lees op soos manna uit die Hemel , Hoe durf sy my dit weier! Hel, ek vergewe haar dit nooit..
  • Teen die muur was vaal verbleikte bees en skaap prentjies, met mooi druksrif benoem. Ek was vies , ons beeste het nie so verlep gelyk nie.. ag wat ! In elk geval dit was hier waar die seuntjie eendag gesit het. Sy bokstas in die son. Die Koepel se son wat wreed hard brand op sy tassie en toe ontplof sy kosblik met ‘n donderende slag teen die vaalkoei teen die muur dat hy vetkolle het. Varkvet met sout en peper op sy broodjie, ideale omstandighede vir gisting en ontploffing.
  • Ek stap op die skoolstoep, hoekom op die aarde was alles so groot en lank en angswekkend vir my. Maandoggende het die hele skool se kindertjies met hulle handjies voor hul gestaan, dan word nael inspeksie gedoen. Jy hoor  hul  aanstap op die ry af met kommentare van , “kyk jou Ma nie” kan jy glo na ‘n hele oggendsessie voorskool se spelery. Die sarkasme “Is jul kat dood..hoekom rou jou naels” .Snaaks ek kan nie onthou of ek gehoor het “Kyk jou Ma nie?” Hoekom was ek ewig angstig??
  • Ek het by die dam gestaan, destyds was daar ‘n blou Saliebos langs hom. Ek onthou die mooi blommetjies wat ons saggies uitgetrek het en die soetsappies gesuig het.  Die dam waar ek geboelie was. Maer ou tingerige dogtertjie word opgetel  deur ‘n groot dogter .  Met een swiep! “Ek gaan jou versuip!” het sy triomfantlik geskree-lag en my duime bo die donkergroenstilstaandewater van die dam gehou . Kort-kort so effens laat sak. Ek het geskree..dit het haar groter behae gegee. Toe begin ek stilbly . Toe begin ek wegkruip in die klas..toe jaag die juffrou my uit ..toe lag sy saam met die groot kind.

Haar naam was Aletta. Nou ja Aletta, as jy 5 jaar oud is en in sub a-  is ‘n dogter van standerd 5 (jou standerd destyds) vreesaanjaend om opgeswiep te word en elke speeltyd bo die dam te moet hang en klou.. Ek wonder hoekom het niemand my gehelp nie? Hoekom het ek ook nie my ma-hulle vertel nie, al was nuus aandra destyds taboe.. hmm. Ek is jammer ek vergewe haar nie.

Ek het gaan loer , jy’t ‘n oop facebook. Ek het na jou gesig gekyk . Ek het na jou fotos van jou spogfamilie gekyk. Spog met elke broer en suster se prestasie al die detail van elkeen , het alles vir julle in lieflike plekke geval?

Boelie neem verskillende vorms aan, elkeen beskou boelie in ander lig . Die Hemele weet ek was soos heks destyds toe my 2 kinders ook een of ander stadium geboelie was.  Moenie boelie nie hoor.

O en terwille van vrede en liefde het ek jou naam verander, al vergewe ek jou nie…

SAMSUNG CSC

SAMSUNG CSC

SAMSUNG CSC

 

Advertisements

15 comments on “Haar naam was Aletta.

  1. Net Ek
    Desember 7, 2015

    Die blêssedste boelie. Laat my altyd wonder watse grootmense hulle is. Seker so regte ou suurgat wat haar kinders ook boelie, ek is seker niks wat hulle doen is goed genoeg vir haar nie?

    Jis dit maak my sommer ERG m@#rig hoor, ek maak ook ‘n skool plat.

    Vieslike gedrogte het GEEN idee hoeveel skade hulle doen aan mense wie hulle boelie nie. En dit bly vir jare saam mens. Ek sê nogsteeds hulle moet kinders wat ander boelie moet uit die skole verwyder word en na industriële skole gestuur word, amper soos tronkstraf. ek sidder om te dink dat daar soveel boelies in die samelewing tussen ons is elke dag.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 7, 2015

      As ek kon , het ek haar destyds gevloek, liewe aarde ek was so klein tingerige maer ou huilerige dogtertjie. Elkgeval sy beweeg in hogere kringe, half lag gekry toe ek sien sy noem elke sibbe se kwalifikasies van dr tot advokaat maar nie haar eie nie. Ag weet jy minstens was dit wonderlike terapie om op hierdie blog te galbraak.

      Liked by 1 person

  2. monicahaddad01
    Desember 7, 2015

    Is dit nie dan nie waaroor FB gaan nie? Gaan skryf vir haar of sy onthou hoe groot boelie was sy op skool? Wat het jy om te verloor? ek dare jou ag toe!

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Desember 7, 2015

      OOO NOOOOO!! Daardie dame is hoog- geplaasde in politieke kringe, oeg nee, ek kan nie oor my hart kry om haar by te kom nie, siestog die bleddie vroumens !! Snaaks ek voel stukke beter sedert die blog.. terapie.

      Like

      • monicahaddad01
        Desember 7, 2015

        Haai siestog nou moet sy ‘n boelie doodgaan, geen kans vir berou……

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Desember 7, 2015

        Ag Monica , nou het ek lekker gelag! Miskien tree die gewete stemmetjie in, ek was dalk nie die enigste een nie.

        Like

  3. coetzee2014
    Desember 7, 2015

    Baie dinge in die blog wat bekend is, dankie daarvoor. Jammer jy kan tog maar nie haar naam so met ‘n draai laat deurskemer nie. Arme,boelies! Ek wil hulle nie jammer kry nie, maar daar skort iets met hulle lewens.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 7, 2015

      Hulle kon nie eintlik skuil agter te min selfvertroue nie, daardie gesin was goed toebedeel met formidabele stemme en grootpraat (soos in hard en duidelik) . Die een boetie uit daardie gesin was so bedonnerde kind , hyt mens so gegluur, dink hy was dalk geboelie, moontlik ! Ag wat is in ‘n naam – die van is die storie veral omdat meeste mense mekaar geken het.

      Like

  4. Lewies Mymer
    Desember 7, 2015

    En dan was sommige onderwysers boelies,slaat jou as jy jou huiswerk doen en iets is verkeerd, slat jy as nie huiswerk doen nie. Die ergste was daardie spesie wat die kuns vervolmaak het om ‘n kind te verneder en te verkleineer, en dan lag die hele klas te lekker saam.

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Desember 7, 2015

    Ai… *drukkie* <3 Ek wens ek kon dit vir elke kind beter maak.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 7, 2015

      Dankie veral vir die saamlees, soos ek aflei is daar tog heelwat van ouer persone wat ook moes deurloop onder boelies..kan nie onthou wat het ons destyds dit genoem nie. Soos Lewies ook noem onderwysers het ook skuldig gestaan. Ons is te veel nederigheid met paplepel ingegee. Te veel stilgebly en die minste gewees.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Desember 8, 2015

        Ja ek wonder ook soms of ek ook nie so beleef is nie. Aan die ander kant is daar darem ook kinders wat moet leer dat dit is hoe dit in die samelewing is, en mens moet maar jou skoers reguit trek en jou man probeer staan.

        Liked by 1 person

  6. seegogga
    Desember 7, 2015

    Ons word tog so nederig grootgemaak, dat ons on nie altyd kan verset teen boelies nie. Maar boelies moet boelie om goed te voel oor hulle self. So hulle het groot probleme!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2015

      Ek dink dit was so deel van destyds se opvoeding wat deur ons ouers voorgehou is, nederigheid . Agterna gesit en dink oor die sielietjie, haar ouers was moeilik, ek aanvaar iewers het daar uiting gekom- om in beheer te wees.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 7, 2015 by in Gedagtes vir die dag.,Uncategorized.

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: