Woorde

Die kind en haar voete..

Terwille van dié wat nie weet nie, die Kind by die Hoekhuis werk  met mensvoete-   mediese probleme wat voet betref tot hakke wat kraak, overgesetseinde ‘n Podiatrist / Voetkundige.

Soms huil ons as ‘n jarelange pasiënt tot sterwe kom en soms lag ons.   Daardie binnepret . Soms wil mens in jou hande huil , en dit het niks met ‘n pasiënt se afsterwe te doen nie.  Om met mense te werk,  het my oorle Skoonma se oom gesê “God bewaar dié een wat met mense boer”.

Kom hierdie omie van die tuindienste vandag hier ingestap (‘n nuwe Omie) en vra vir die man des huises   “Sê vir my nou  wat doen die vrou nou hier in die kamers , is sy ‘n haarkapper? My hare is lank wou sommer lat sy skeer”  en die man kyk die oom wat heeldag in die  son sy brood moes verdien, hy kyk na die gedeelte hare wat onder die hoed uitkrul en skielik bewonder hy haarkapsters, veral diegene wat eers die  sjampoo-werk moet doen.

‘Met voete oom, met voete” was sy min woorde antwoord.

Die seun des huises sit rustig doer eenkant onder my dierbare boom en sy rokie en rook- en die Oom  wil darem weet ‘..dink jy sy sal my voete vryf?’

Hy besluit hy sal maar uit die merrie se bek selwers gaan uitvind, vra hy haar hy’t nou die probleempie met die reukie aan sy voete. Geen empatie van die kind nie, vertel sy hom toe sommer sonder blik of bloos miskien moet hy tussen tone ook was… Ag vader tog my kind!

Dan het ons die een wat met die heuning kwistig omgaan. Ook ‘n bejaarde . Sy vertel hy is oud glo in die 70, nou nie dat ek met haar gaan redeneer oor wat oud is nie..

Hy sal sommer haar vertel , “As ek nou soveel jaar jonger was nê..” grootbek.

of

“Jinne maar jy’t jou lyfie darem gou terug gekry na jou baba” ou bogger!

of

vandag toe hou sy daardie sidecutter so stewig vas , want ‘n bejaarde se naels verdik en dit neem nogal ferm vasklou aan tang om te knip,  kry hy amper oorval .

“Mens het jy gesien hoe groot is jou bo-arm spier!! Onse liewe vaderland, hoe kry jy dit reg..adem hy in verwondering!” die ou donner.

Sy vertel toe so ewe rustig dit is wat gebeur as jy ‘n 13kg dogtertjie optel, haar Mia-kind. Ek sou verkies sy moet vertel sy oefen vir selfverdediging..

Nog is het einde niet..

“Weet jy ek het nou soveel respek vir jou, mag ek jou op jou voorkop soen!” dit is by die totsiens Meneer -slag,   julle nou raak my woordeskat gevaarlik.. bleddie ou man!!

Ek vra en toe , en toe??

En sy sê “Ma, as ek met mense se naels heeldag werk  dan versprei naelstof ( genadiglik is daardie maskertjie oor neus en mond)   toe dink ek daaraan en die fungi waarmee ek soms te doene kry… dalk sit die goed op my voorkop!”

Aggenee my kind !! Jy sal dat Ma jou met die hand groet…

blog voet

Advertisements

24 comments on “Die kind en haar voete..

  1. de Wets Wild
    Desember 9, 2015

    Die dinge wat ons nie sal doen om kos op die tafel te sit nie! ;-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 9, 2015

      Almal kannie met voete werk nie.. hemel weet ek sien nie kans daarvoor nie, sy lê soms wakker en bekommer haar oor pasiente se moontlike amputasies en sy is in vervoering as ‘n gapende wond onder ‘n diabeet se voet genees.

      Liked by 1 person

      • de Wets Wild
        Desember 10, 2015

        Dis wonderlik dat daar nog sulke dokters is! Meeste wat mens deesdae raakloop gee meer om vir die rekening as vir jou…

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Desember 10, 2015

        Oeg nee, hierdie stomme kind se tweede naam is barmhartig..kry ewig mense jammer . Ek kan nie eens die bedrag herhaal wat sy einde van ‘n belastingjaar afskryf as slegte skuld nie.

        Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Desember 9, 2015

    Haha, orige ou mans en mooi dogters maak elke ma se gal bitter! Gelukkig is die jonger geslag nie op hulle bekke geval nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 10, 2015

      Sit ek en wonder oor die maer ou omie(saliger) wat voetprobleme gehad het, alles het wonderlik gesond geword maar dan kom hy hier kort-kort met vreemde beserings aan voet, hmm self gestaan en beseer net om hier te mag kom. Foeitog, eintlik is dit so tragies.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Desember 9, 2015

    So blerrie bliksem!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 10, 2015

      My blogs raak opruiend/opswepend. Kyk nou oor die afknou een en nou laat ek jou ontstigtelik kwaad word.. ja vele mense vele geite.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Desember 10, 2015

        Hehehehe … nee ek vloek nie baie nie maar soms is daai b…b… darem te lekker om te sê! Hoe gaan dit met die nuutste kleinkind?

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Desember 11, 2015

        Slaap die slaap van baba, so eennag hul al dae gegee , alles weer rustig, groei tel gewig op en Mia benader hom so versigtig veral as hy geluide maak. Ons verkyk ons aan haar as sy hom so op haar hurke dophou.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Desember 11, 2015

        Ooooo hulle gaan so lekker speel.

        Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Desember 8, 2016

    Reblogged this on Woorde and commented:

    Ek herplaas hierdie blog spesiaal vir my Kind, haar Ma het deur Kombuisvenster die ou bogger staan en beloer. Hy was gister weer hier. Met dieselfde heuningpot . Met dieselfde heuningkwas wat hy mildelik aanwend… haha

    Like

  5. Hier "blok" Elanè
    Desember 8, 2016

    die tipe mense het waaratig my respek want ek kan skaars aan enige van my eie se voete vat… en dan was ek nogal ‘n respektabele “nurse” op my tyd. Ek het darem ‘n paar outannies in my lewe gebedwas en dit wat onder daai “borsies” aan die gang was, was op die beste van tye vreesaanjaend- kaasfrummels se moses en die reuk wat daarmee gepaardgaan sal enige bloukaas groen maak. Daarom outannies, gooi daai buuste oor die skouer en was mooi daaronder.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2016

      O vaderland, ek aanvaar die Ou Tannies was jou so dankbaar.. ag mens word so van waardigheid gestroop met so bed-was , nou ja die klanke en frummels maak mens koud om die kiewe ..respekte respekte vir jou!

      Like

  6. Jeanne
    Desember 8, 2016

    Weer lekker gekuier by die Hoekhuis se mense, dankie. Altyd lekker om te lees wat jy skryf.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2016

      Hierdie was ‘n ‘onthou jy nog ‘ op my fbook..

      Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2016

      Ag ek waardeer dat jy altyd kom kuier, hoop dit gaan goed met jou en julle.

      Like

  7. travel460
    Desember 8, 2016

    Die broodvoet is te flippen oulik gedoen! Ek weet self so min van die voet- wêreld af, en met die lees hier by jou besef ek daar is dalk mense wat voet- dokters nodig kry. As ek nou soos Korrelkop ñ hoed gehad het, het ek dit uit respek gelig. Ek sal ook moes verby hou vir dié beroep. Eintlik vir enige mediese beroep.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 8, 2016

      Die Diabetiese pasiënte, (wat nou al regtig erge komplikasies beleef) waardeer Voetkundiges vreeslik. Iewers het ek ‘n blog geskryf :Die man met die Kopdoek. As ek nou die blogopskrif reg onthou – dit was nou ‘n pasiënt willer as die wildtuin !

      Liked by 1 person

  8. Kameel
    Desember 8, 2016

    Ek vervies my vir sulke mans en hoe ouer hulle is hoe meer walg dit my.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2016

      Sulke omies is maar grootbek.. dalk moet mens sy uitgesprokenheid in ander lig sien, ander omies loer en seg geen woord nie.. ag wat ek maak al die vrouens vies so lekker opruiend, soos in vuur en vlam – destyds met ‘n blog wat ek geskryf het oor ek geboelie is as sub A kind, was ek ook nogal verbas dat onreg mens darem wonderlike beskermende reaksies uitgelok het. Voordeel – ek sit al die bloggers op die vrypostige!! Giegie so opmars.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 8, 2015 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: